Jump to content

SA hospitale net stres


legrange

Recommended Posts

Hoe is die hospitale in Australië? Die hospilale in SA is die grootste rede vir ons besluit om Australië toe te gaan.

My man het met 'n visvang vakansie sy pinkie se spiere af gesny toe hy sy 15kg baber wou slag. Hulle moes hom opereer om die spiere te heg. Ons het Medies, kos al R3100,00 'n maand. Daar was nog 'n by betaaling van R1200,00 omdat hy moes oorslaap en dit nie 'n noodgeval vas nie.

Die diens by Medi-kliniek in Kimberley is so swak. Cornelis het in 'n saal gelê met 7 mense in. Die pasiënte moet hul eie drip oppas. As die drip leeg is moet hulle iemand roep dan vat dit tussen 15 tot 60 min om 'n nuwe een te kry. Een suster het lug in die drip se pypie laat kom en dit nie eers gesien nie. My man het sy stem dik gemaak en hulle mooi vertel wat hulle werk is. Die suster sê toe net dis nie so erg nie.

Een pasiënt is ontslaan. Die suster haal sy drip uit en het nie plek om die naald neer te sit nie. Omdat die drip al lankal leeg was het daar al bloed in die drip se pypie gegaan. So die bloed spat toe op die vloer en teen die pasiënt se tas. 'n Uur later word ons ontslaan en die bloed het nogsteeds daar gelê.

Die kos word net voor hulle neergesit. Hulle moet sukkel om dit by te kom. Een pasiënt was 'n oom van so 80 hy het kanker in sy rug. Twee ander pasiënte het knieg operasies gehad. Ek het hulle gehelp.

Wat gebeur as jy in die hospitaal lê en niemand het wat langs jou te kan sit nie? Wat gebeur as jy nie by jou positiewe is nie? Glo my die staats hospitale is nog erger!

Mens is veronderstel om daar te rus en te herstel. Mens stres net en weet nie of jy erger daar gaan uitstap nie.

Kan julle my gerus stel met Australië se mediese dienste?

Jacqueline

post-7468-1203149278.jpg

post-7468-1203149529.jpg

Link to comment
Share on other sites

As dit jou man is, sal hy goed in Oz aard. Hulle soek perde wat kan werk. Die knapies lyk ook goeie kandidate.

Wat die Medies in Oz betref, wat my aangaan uitstekend. Laat ek net eers sê dat toe my seun 26 jaar gelede gebore was, was hy in HF Verwoerd in Pretoria opgeneem. "n Span dokters het hom laat lewe en ek sal hulle ewig dankbaar wees. Dit het my daai tyd R10 by buite pasiente gekos. Hoe dit vandag daar lyk weet ek nie, kan maar net raai.

Twee dae voor Kersfees verlede jaar sit ek in die fliek en voel die pyne waar my hart veronderstel is om te wees. Ons kyk die fliek klaar en stap uit. Ek sê vir die groepie saam met ons van my pyne. Ons ry na die Flinders hospitaal wat nie vêr daarvandaan is nie. Ek stap by ongevalle in en sê in my Afrikaanse aksent vir die girl agter die toonbank dat ek 'n pyn in die bors het. Sy roep 'n suster wat binne 5 minute 'n EKG op my doen en bloed trek. My vrou vul die nodige besonderhede in. Hulle sien toe dat ek nog 'n rukkie het om te lewe en laat my lê op 'n bed in die wagkamer. Ons was seker so 10 wat daar lê en wag. Ek vra op 'n stadium vir een vannie perde is hulle altyd so besig. Nee, seg hy dit gaan maar so die tyd vannie jaar. Die beddens is nooit vol op ander tye nie. In elk geval ek lê daar vir omtrent 4 ure. Moerig. So by 1 uur die nag hoor my vrou 'n dokter soek vir Jann. Sy roep hom en sê dis ek. "O seg hy, but you are a man" In Oz is Jan 'n vroumens se naam. Hulle soek al die heel aand vir die vroumens genaamd Jan. Hy is toe vreeslik verskonend en ek kry toe royal treatment. Gee selfs vir my toebroodjies en koffie. hulle stoot my toe in 'n soort van Hoë Sorg eenheid in waar hulle my heeltyd dophou. Ek sou later vir nog toetse gaan. 'n Paar ure later hol ek my go uit op 'n trapmeul. Hulle jaag my hart op tot 125% van Maks Hart Rate. Hulle wil 'n Angiogram doen net om seker te maak ek bly lewe. Ek weier. Kersfees is om die draai en as ek nie op daai trapmeul gedooi het nie, gaan ek Kersfees en die Nuwe jaar oorleef. Hulle stop my hand vol pille en leesstof oor my toestand innie hand en ontslaan my. 'n Maand later gaan ek toe vir 'n Hart Echo. Ek leef nog steeds. Sien die spesialis oor twee weke om my te sê hoe lank ek nog gaan leef. Nou vra jy hoe is die hospitale hier. Uitstekend, fantasties. Vat die woorde boek en soek nog goeie byvoeglike naanwoorde wat sal pas.

Weet jy wat? Die paartie het my tot vandag nog nie 'n sent gekos nie. Zilts, nikkies, mahalla, niks. Groete.

Link to comment
Share on other sites

In Oz is Jan 'n vroumens se naam.

:lol::lol: - ja, hulle spreek dit uit soos jam (op brood), net met 'n n en nie 'n m nie...

My dogter moes verlede jaar dringend 'n pediatriese neuroloog sien en 'n MRI & EEG kry. Diens was fantasties, personeel vriendelik & effektief. Nie 'n sent daarvoor betaal nie!! (En my privaat medies ook nie - alles was Medicare!! :ilikeit: )

Seun het altwee sy voete, sy been en sy arm gebreuk - "one shot"!! (Moenie vra nie.... :ph34r::):holy::lol: ) Groot operasie en 3 maande se rolstoel & fisioterapie later kos dit ons omtrent $1500 uit die sak (was toe nog nie op Medicare nie, en vrot mediese fonds!) Sou ons $17 000 gekos het as ons self moes betaal, so ek moet seker nie kla nie.... Weereens was die diens ongelooflik en die dokters fantasties!!!

PS: Dogter is toe nou heeltemal OK - was net 'n eenmalige ding. Seun loop weer mooi en spring alweer by al wat 'n ding is af - kry net so bietjie koud in die supermark se "cold foods section" met al die staal in sy voete. Bly jy lewe ook nog Oom Stoof!! :ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...