Jump to content

Gebraaide Plasentas


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Die groot dame het mos geboorte geskenk en ek het pics gewys van die mannetjie en die plasenta wat so mooi daar op die grond lê. Karen is mos 'n hoogs geleerde vroedvrou met grade wat 'n yuppie sal skaam maak. Sy kom die oggend hier aan, dit is deels haar vul, en sy word getrek na daai plasenta toe. Vir julle 'breeders' (ooops, sorry - mense wat geboorte geskenk het) - julle het mos gesien hoe daai 'midwifes' aan daai plasentas rondkrap om te sien of dit ok is. As jy nou 'n gelukkige pa is, dan druk hulle mos die plasenta so ewe in jou hand om te voel hoe swaar dit is. Ek het dit 3 keer gedoen.

Ek wil die plasenta weggooi, maar Karen wil niks weet nie - sy wys dit eers vir my kinners en verduidelik hoe die affêre nou werk. Ek moet 'n mes gaan haal en ons sny die plasenta nou in 4 dele - 'n stuk vir elke hond. Neeeee, sê sy - dit is vol yster en baie goed vir die honde. Daar sit die 3 Wolfhounds en Rifrug nou en kou aan daai plasenta - kou dit soos 'n puisiegevreet tiener 'n stuk bubblegum kou - man hulle is gelukkig.

Die aand eet Karen by ons en die meisiekinners wil nou alles weet van die geboorte en plasenta - Karen verduielik. Sy vertelle vir die kinners dat bokke, honde en baie ander diere hul eie plasentas eet - dit is vol yster en dit bring die ma's se ystervlakke weer terug na normaal toe. Die meiskinners gril, hulle tone krul.

Sy vertel ook dat mense lank terug hulle eie plasentas geëet het en dat dit 'n tradisie in sommige nasies is - daar word nou 'n lekka dis voorberei, sommer vir die hele familie van mamma se plasenta. Nou gril ek dat my tone krul. Ek probeer nou dink of ek nou weet van 'n Afrikaanse mamma wat nou haar eie plasenta opvreet het - ek kan nie aan een dink nie. Ek glo nie dit is 'n Boere tradisie nie, tensy hulle dit nou in die geheim doen. Dalk doen die Ingelse dit - ek sal nie weet nie.

Karen was vir lank 'n 'independent midwife' - sy't haar eie besigheid in 'midwifery' gehad in die UK. Sy reken in haar tyd as 'n midwife het sy 12 geboortes gedoen waar die ma's hulle eie plasentas geëet het. Sy het een gedoen waar die vrou haar mooi gevra het of sy nie die plasenta sal gaarmaak nie. Na die geboorte gedoen is - dit was privaat by die mense se huis - en die baba suie nou so lekker - daar staan Karen nou in die kombuis met 'n neergeskryfde resep en braai 'n plasenta met krummels en speserye en dinge.

Sien julle nou waarvan ek praat hier in die land van Oz - jy leer snaakse dinge. Ek gaan 'n bietjie meer oplees hieroor - ek vind dit baie interessant. As daar 'n Afrikaanse mamma is wat al gebraaide plasenta geëet het - laat weet asb. As enige een van julle weet van iemand wat plasentas is krummels eet - laat ook weet.

Link to comment
Share on other sites

Klink soos iets uit Silence of the Lambs 2.

Die "Science behind it" maak sin, maar ek drink eerder 'n ysterpil of eet 3 eiers op 'n dag.

Dis is wel waar dat 'n mamma se ystervlakke geweldig val na geboorte....................so miskien moet mens dit 'n "go" gee...........

....................ek wonder nog of ek krag het vir nog 'n kind, never mind plasenta eet!!

Hoe proe dit?? Ek sal dink amper soos lewer..

Link to comment
Share on other sites

Die groot dame het mos geboorte geskenk en ek het pics gewys van die mannetjie en die plasenta wat so mooi daar op die grond lê. Karen is mos 'n hoogs geleerde vroedvrou met grade wat 'n yuppie sal skaam maak. Sy kom die oggend hier aan, dit is deels haar vul, en sy word getrek na daai plasenta toe. Vir julle 'breeders' (ooops, sorry - mense wat geboorte geskenk het) - julle het mos gesien hoe daai 'midwifes' aan daai plasentas rondkrap om te sien of dit ok is. As jy nou 'n gelukkige pa is, dan druk hulle mos die plasenta so ewe in jou hand om te voel hoe swaar dit is. Ek het dit 3 keer gedoen.

Ek wil die plasenta weggooi, maar Karen wil niks weet nie - sy wys dit eers vir my kinners en verduidelik hoe die affêre nou werk. Ek moet 'n mes gaan haal en ons sny die plasenta nou in 4 dele - 'n stuk vir elke hond. Neeeee, sê sy - dit is vol yster en baie goed vir die honde. Daar sit die 3 Wolfhounds en Rifrug nou en kou aan daai plasenta - kou dit soos 'n puisiegevreet tiener 'n stuk bubblegum kou - man hulle is gelukkig.

Die aand eet Karen by ons en die meisiekinners wil nou alles weet van die geboorte en plasenta - Karen verduielik. Sy vertelle vir die kinners dat bokke, honde en baie ander diere hul eie plasentas eet - dit is vol yster en dit bring die ma's se ystervlakke weer terug na normaal toe. Die meiskinners gril, hulle tone krul.

Sy vertel ook dat mense lank terug hulle eie plasentas geëet het en dat dit 'n tradisie in sommige nasies is - daar word nou 'n lekka dis voorberei, sommer vir die hele familie van mamma se plasenta. Nou gril ek dat my tone krul. Ek probeer nou dink of ek nou weet van 'n Afrikaanse mamma wat nou haar eie plasenta opvreet het - ek kan nie aan een dink nie. Ek glo nie dit is 'n Boere tradisie nie, tensy hulle dit nou in die geheim doen. Dalk doen die Ingelse dit - ek sal nie weet nie.

Karen was vir lank 'n 'independent midwife' - sy't haar eie besigheid in 'midwifery' gehad in die UK. Sy reken in haar tyd as 'n midwife het sy 12 geboortes gedoen waar die ma's hulle eie plasentas geëet het. Sy het een gedoen waar die vrou haar mooi gevra het of sy nie die plasenta sal gaarmaak nie. Na die geboorte gedoen is - dit was privaat by die mense se huis - en die baba suie nou so lekker - daar staan Karen nou in die kombuis met 'n neergeskryfde resep en braai 'n plasenta met krummels en speserye en dinge.

Sien julle nou waarvan ek praat hier in die land van Oz - jy leer snaakse dinge. Ek gaan 'n bietjie meer oplees hieroor - ek vind dit baie interessant. As daar 'n Afrikaanse mamma is wat al gebraaide plasenta geëet het - laat weet asb. As enige een van julle weet van iemand wat plasentas is krummels eet - laat ook weet.

Eers was ek n bietjie "grossed out", maar gaan beslis navorsing doen. My dogter en haar vriend het albei 4 jaar se studies agter die rug op Uni. in Queensland, en het ook heelwat rondgereis in Oz, hulle sal miskien inligting he aangaande die storie. Sy is n marine biologist, daar is nie baie wat haar laat gril nie, maar hierdie placenta ding, ai, ek dink dit sal selfs haar skok. Maar nogtans, baie interessant, seker jy terg nie bietjie nie?

Link to comment
Share on other sites

Yuk!!! Nie 'n lekker idee nie!! En ek hou van lewer!!! Ma die plasenta ding is bietjie........? Yuk!!!

Maak seker sin ne!! Wel ou Mauritz, deesdae se girls will nie eers meer die baba uit "druk" nie, "too posh to push" wat nog van plasenta eet!! (ooooo en nous ek in die bollie!!Sorrie girls, seriously net my opinie!!)

Link to comment
Share on other sites

Ja, ek weet baie goed van hierdie plasenta etery. Terug in die 'ou' dae toe ek geboorte geskenk het (op die properse manier, soos dit moet gedoen word, Nilo :thumbdown:) het ons 'n uitstaande vroedvrou in Bloemfontein gehad. Sy het vir ons vertel van die Afrika mammas wat so plasenta eet en hoe goed dit vir mens is. Daar was so een of twee vroue in ons voorgeboorte klassie wat dit probeer het (ons was maar 'n radikale klomp, ons :holy: ). Ek het 'n vriendin in England wat die plasenta geeet het (nouwel sonder die krummels, maar blykbaar met uie gebraai). Ek het aangedring daarop om die ding te sien en te bevoel en dit was vir my baie interessant, maar waar enigiemand nog die aptyt kan opwek na so 'n gedrukkery om enigiets te eet, nevermind die plasenta, weet ek nie. :unsure:

Miskien kan die too posh to push brigade dit probeer in 'n pate omskep.

PS: ek smeer wel plasenta aan my hare :unsure: maar ek is redelik seker dit kom van skape

Link to comment
Share on other sites

Ek wonner...nee hel ek wonner nie meer nie.

Maar ek gaan my vroukie mal maak met hierie idee...ek't mos nou net opgelees (op die forum sal ek nie noem nie) dat dit die beste ding nog is, en ek sal by staan as sy nou so smul.

Oe sy gaan my vrek maak...!

Heerder nee, die prentjie in my kop is reeds te erg. Seker 'n Rooi-Indiaan-ding so gesmul aan jou eie, of iewers in die Andes berge se mense, of dalk Amazone bos mense...

Link to comment
Share on other sites

deesdae se girls will nie eers meer die baba uit "druk" nie, "too posh to push"

Ag en ek sou wat wou gee om my twee seunskinners te kon "push". My eerste babatjie was normaal, maar het nie geleef nie. Toe wou die drs nie kanse waag met PJ nie, en Dawid was sommer moedswillig, het my twee weke laat oorloop en toe draai hy dwars op nr 99. En na Flippie wou ek so graag wakker wees... <sug>.

Sorry, dis off topic, so bietjie.

Link to comment
Share on other sites

:thumbdown::unsure:

Geweet ek skryf nou weer 'n ding!!

Net sodat almal weet. Ek weet dat keisersnee baie babas se lewens red en daarmee stem ek saam, HEELTEMAL saam.

Maar o wee ek verstaan regtig nie hoekom die nuwe neiging is om 'n keiser te he as dit nie nodig is nie. Ek het al heelwat navorsing gedoen net om agter te probeer kom hoekom, so paar gynies ook gevra en die meeste se normaal is nog steeds die beste en dat soos met enige operasie i.e. keiser daar groter kans is op infeksies, bloeding ens ens. Plus mens sit met 'n sny op jou pens!!

Link to comment
Share on other sites

Dalk moet die tradisie van plasenta eet weer ingestel word. Dan sal daar nie so baie onbeplande swangerskappe, en tieners met babas wees nie! Hier kom 'n ding....plasenta resepte boeke!

Ek ken iemand wat narkose/keisers gehad het met al 3 haar kinders. Haar redes: Ek verduur geen pyn as dit verhelp kan word nie. En... as haar man nie hoef pyn te verduur om kinders te he nie, hoekom moet sy alles verduur!

Geluk met die nuweling Mauritz!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek het vinnig gesoek - die gekry:

http://pregnancy.about.com/cs/placentas/a/placenta.htm

Blykbaar wou Tom Cruise plasenta in krummels eet: http://news.bbc.co.uk/1/hi/magazine/4918290.stm

In die UK het ons lekka plasenta resepte: http://www.mothers35plus.co.uk/placenta.htm

Soos gewoonlik het julle gedink ek praat nonsense nê?????

Daar is baie 'midwifery' websites oor die gedoente - julle kan maar self daar kyk.

Link to comment
Share on other sites

Ek reken as jy afval kan eet, sal jy plasenta ook gesluk kry!

(Ek het nou 'n snaakse smaak in my mond....yuk!)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...