Jump to content

The Miller, Son & Donkey


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

The Miller, His Son, and Their Donkey

"I shall have to sell that donkey of ours," said a miller to his son. "I can not afford to keep him through the winter. I will take him to town this very morning to see if I can find a buyer. You may go with me." In a little while the miller, his son, and the donkey were on their way to town.

They had not gone far when they met some girls going to a party. They were talking and laughing as they went along. One of them said, "Look at that man and boy driving a donkey. One of them surely might ride."

The miller heard what they said, and quickly made his you mount the donkey, while he walked along at its side.

After a while they came to a group of old men who were talking very earnestly. "There," said one, "I was just saying that boys and girls have no respect for the aged. You see it is true in this case. See that boy riding while his old father has to walk."

"Get down, my son," said his father, "and I will ride." So they went on.

They next met some women coming from town. "Why!" they cried, "your poor little boy is nearly tired out. How can you ride and make him walk?" So the miller made his son ride on the donkey behind him.

They were now in town. A man coming down the street called to the miller, "Why do you make your donkey carry such a load? You can carry him better than he can carry you."

At this the miller and his son got off the donkey. They tied the donkey's legs together, turned him over on his back; and began to carry him.

A crowd soon gathered to see the strange sight. As they were crossing a bridge the donkey became frightened at the hooting of the crowd. He broke loose, fell into the river, and was drowned.

The miller was angry and ashamed. He said, "There! I have tried to please everybody and have only made a fool of myself. After this I shall do as I think best and let people say what they will."

(from Fifty Famous Fables , by Lida Brown McMurry)

I like the last part: "There! I have tried to please everybody and have only made a fool of myself. After this I shall do as I think best and let people say what they will."

If you live your life by the morals and standards of mankind, you'll be lost.

If you try and please your fellow men, you'll be lost.

Take of your clothes - go and stand naked in the sun - separate yourself, just for a moment, form mankind. Ask yourself whether YOU want to do something, whether YOU think it is right. Then ..... just do it. It doesn't matter what you do - there will be consequences. Some might like you, some might hate you. One man's freedom fighter is another's terrorist.

My path in life is my own business - I'm my own man.

If I write/talk about hunting - something that made us what we are today - something that every man had to master at some stage during evolution - some will be upset, others will be accepting.

If I talk/write about cats in Australia - some people hate them, others love them.

If I talk/write about body weight - some will take offense, others not.

If I talk/write about the use of God's name in everyday speech - for some Christians it's acceptable, for others not.

This beautiful country might be the best thing ever to one South African and a nightmare to another.

What about humor - the funny side of life. A joke about obesity might be offensive to some obese people, but not to others.

Do you get the picture????????????????

How the hell to you please everyone - by sitting in a corner with one finger up your backside and the other in your mouth??? Maybe by gargling the delightful political correct hogwash?????

Is being reactive, the opposite of being creative not the big problem here????? In other words, walking around with a big thorn bush - looking, watching to see through who's @rse it can be pulled.

I'm getting sick of this New World, where one colonised country is someone's paradise and another someone else's hell. Where one's brainwashed mind is the poison to another's creative mind.

I have a brain, I have views - what is normal today, might be different tomorrow. What is acceptable today, might be proven wrong tomorrow. Why walk around on your tippy toes - trying to please another, which might not know right from wrong anyhow - another Master of his own Mind.

If I don't speak my mind, I'll chain myself to the prisons created by the mindless. If I don't say what I want to say - I can go and live in Zimbabwe and be forced to keep my mouth shut.

There is a better way - I can talk to my horses and dogs without talking - they understand - they don't get upset. Why do we communicate anyway, if it's most of the time just verbal diarrhoea????? The lesser species just ...... know. Maybe that's why the Bible warns about the tongue, maybe that's why the Buddhists believe to keep your mouth shut.

I've made up my mind.

Link to comment
Share on other sites

Neeee, ek hoop nie jy het besluit om nie meer te skryf nie. :)

Mis ek iets? - kon nog nie iets in jou "posts" kry wat my "upset" het nie.

Link to comment
Share on other sites

Dis ongelukkig een van die probleme van die moderne gemeenskap, maak nie saak wat mens doen nie, jy trap op iemand se gevoelige ou toontjie. Vir my is dit gelukkig nie 'n probleem nie, ek is wat ek is, en ek gaan nie binnekort verander nie. As iemand nie van my hou nie, jammer om van sy k@k te hoor, ek het in elkgeval genoeg vriende. :holy:

Ek geniet jou stories Mauritz en as ek nou ook sulke gevoelige toontjies gehad het dan moes ek seker ook al aanstoot geneem het, maar ek doen nie, ek geniet jou stories en jou humor, hou so aan! Dis nou een verskynsel wat ek op die forum opgemerk het, daar's so baie mense wat tog sulke gevoelige toontjies het dat hulle tone al begin pyn as iemand net aan die deur klop. :)

Verder sal ek nou maar vir eers stilbly, en maar oor die emigrasie en so aan praat, voor daar 'banjun' klagtes is... :wacko::blink:

Link to comment
Share on other sites

Jaaaa! Dit sal ons leer. Nou't ons hom weg gejaag! :D:D

Groot 'seblief, kom weer terug Mauritz. Ek gaan nie die onttrekking simptome oorleef nie. :ilikeit::)

Link to comment
Share on other sites

Mauritz sal nie ophou skryf nie, want ek ry Stanthorp toe en gaan maak hom aan 'n stoel voor sy computer vas totdat hy weer skryf!!!!

Mauritz dis nes jy se!!!! You can't please all the people all the time so best be yourself!!! Ons LOVE jou anyway!!

Link to comment
Share on other sites

Ek hoop regtig nie dis iets wat ek gese het nie.

Niemand het jou gevra om te verander nie, hoekom so fyn gevoelig?

As jy die spot kan dryf met alles en almal, behoort jy die kritiek ook te kan vat wat daarmee saam kom.

Jy weet dat ek dink jy uiters begaafd en talentvol is en ek het hoeveel keer al gevra dat jy nog moet skryf.

Moenie ophou nie, Mauritz, of hou jy daarvan as ons jou alie lek?

Jy is soms rof around the edges, maar wie van ons is glad geslyp?

Ons mensdom is maar ''n snaakse spul, moeilik om te please en gou om te oordeel. Ons ALMAL doen dit.

Onthou nou, Mauritz, jy sal 'n dikker vel moet ontwikkel as jy wil aanhou met jou (goeie) stories. Want ek sal dit altyd bly lees,

maar as ek nie saam stem nie, sal jy daarvan hoor.

Net so verwag ek dieselfde van jou af, as jy die dag dink ek skryf nou stront, wees vry om my te kritiseer. Ek sal dit verwelkom.

Call a spade a spade, se iemand anders hier op die forum. Ja, ek stem saam maar soms moet mens dink aan die ou gevoelentjies wat soms maar uiters broos is.

Doe so voort, ou seun, jy is 'n tipiese voorbeeld van die hedendaagse manlike spesie......

rof en rol in die perdemis rond maar tog met 'n sensitiewe kant ook. Soos jou boonste vergelyking bewys. (Wat 'n grand storie!)

Viva vir Mauritz en journals!!!!!!

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Whoooooa, whooooa - soos ek vir my perde sê. Ek gaan nêrens heen nie.

Waar daar mense is, is daar probleme. Ons lewe in 'n gemeenskap waar ons deesdae ALLES moet aanvaar en as ons nie van iets hou nie, mag ons dit mos nie meer hardop sê nie. Ek is ongelukkig (dalk gelukkig) nie een van daai mense nie.

Wat eienaardig is, is dat die 'kies innie tand' storietjie oor die 'Poofter Isle' absoluut niks met gays te doen gehad het nie. Die mannetjie met oulike boudjies wat my laat gril kan net sowel 'n SNAG wees of net iemand met verplaaste heupe. Net om die draai van my is twee gay wynmakers - hulle loop nie so nie - so ek gril nie. Ek sien nie eers vroumense op hoë hakke wat so loop nie - by die perde resies sien ek dronk vroumense op hoë hakke oppie gras wat so loop - dit laat my ook gril. Ek sal gril totdat my tone krul net wanneer ek wil - ek gaan dit nie onderdruk nie.

In die Airconditioning besigheid was die baas 'n GROOT Aussie, met 2 brein selle - hy't arms soos boomstompe. Ek het hom baie dopgehou as hy met 'n groot bobbejaan spanner staan en stoei met 'n groot olierige compressor. Hy sweet en vloek en dehidreer - dan gly daai spanner en sy knuckels is vol bloed. Dan skeeu hy kliphard - "You big poofter you." Daar is niks snaakser in die lewe as so 'n groot redneck man wat vir 'n groter dooie olierige compressor probeer maak verstaan dat dit nou 'n poofter is nie.

Ek is seker 'n intelligente suksesvolle gay besigheidsman met 'n sin vir humor sal 'n goeie storie kan spin uit daai olierige 'grease monkey' situasie uit. Ek kan dit nie doen nie, want ek is nie gay nie - ek kan probeer, maar dit sal seker nie die nodig smaak hê nie.

Ek het nie 'n probleem met Ben se reaksie nie - hy staan ten minste op en sê iets wat sin maak. Die dat ons kon/kan gesels oor dinge. Ek het 'n probleem met mense wat sit en wag soos hyenas - wat nooit 'n opinie het nie - sodra die een begin byt, dan spring die res in en is nou so wêreldwys jy kan sweis met hulle.

Ek nooi julle uit - julle wat so draad sit en byt - skryf bietjie iets oor LIFE - lig jou gat, olie jou vingertjies en SKRYF. Kyk of daar iets uit jou brein uitkom wat sin maak vir almal. Dit is maklik om met jou een pootjie in die paddock te staan en met jou ander pootjie in die ander en jou g@thare te kam met die doringdraad tussenin. Jy moet net onthou - een of ander tyd moet jy beweeg en dalk vinnig ook.

Dit maklik om soos 'n Kefhondjie te kef en in sirkels te hardloop as die groot honde iets vasgevat het. Vat 'n bietjie iets vas man, vind bietjie uit hoe maklik dit is. Gooi 'n bietjie iets uit buitekant toe - dit verlig die konstipasie. As jy alles inhou en skielik jou bekkie oopmaak - dan kom al daai nasties uit en 'n mens kan jou ruik vir myle.

Elke keer wat ek nog 'n 'geskil' met iemand gehad het - dan PM ek - dit is nog altyd uitsorteer. Daar is 'n paar wat natuulik permanent kwaai is vir LIFE en dalk 'n family jewel gehaak het aan daai doringdraad en nou glad nie kan beweeg nie.

Probeer bietjie die lewe sien vanuit ENIGE IEMAND se oogpunt - hulle noem die 'empathy' - placing yourself in somebody else's shoes. Wanneer ek iemand upset, dan weet ek nie waar hulle was in die lewe nie - wat met hulle gebeur het nie, wat hulle maak 'tick' nie. Dit is hoekom ek groot genoeg is om te PM en te verduidelik waar ek vandaan kom. 99% van die tyd, as 'n mens die moeite doen om met iemand te kommunikeer voordat jy daai nappy soil - word dinge uitsorteer.

Alhoewel ek glad nie gays in gedagte gehad het nie, maar sagte mannetjies - dink 'n bietjie hieroor. Vat al die mans in die wêreld - alle kleure en geure - hoeveel % is sag of gay?????????? Moet ons nou almal tjoep stil bly en niks sê nie. Die Christene in die wêreld weet nie eers wat om te doen nie - gaan ons dit aanvaar of nie (dit is nou die gay gemeenskap)?????? Die bleddy regering hier in Aus weet nie eers wat om te doen nie. Ek het nie 'n saak met sagte mannetjies of gays nie - hoe is hulle nou verskillend van 'n boer met 'n kam innie sak - 'n Pom of 'n Van der Merwe??????? Hulle is net soos enige ander gemeenskap - van hulle is dikvellig, ander nie. Van hulle is suksesvol ander nie. Van hulle het 'n s'n vir humor ander nie.

Die wêreld staan nie stil vir enige gemeenskap nie - as dit so was, dan het ons almal nog in SA gesit en gedoen wat ons gedoen het. Dit is LIFE - skryf 'n bietjie daaroor, gesels 'n bietjie daaroor - gooi dit uit soos ek ELKE DAG van my lewe doen. Dit is nie maklik nie. Wie weet - dalk is dit die manier hoe ons almal oor die weg kan kom - deur te KOMMUNIKEER.

Ek het 9 perde, 5 honde, 3 kinders, 10 akker grond, 'n groeiende besigheid, 'n verskeidenheid van 'interests' - ek is nie 'n onderwyser of 'n predikant nie. As ek iets is, dan is dit BESIG. Ek het tyd om na ander se opinies te luister en iets te leer, ek het nie tyd vir 'n gekeffery en haakskeenbytery nie. Ons almal glo iets - dit is nie te sê dit is reg nie. Wat reg is vandag is dalk verkeerd môre - kyk net na jou land SA. Ek weet ek's buigsaam, ek's flexible - ek kan verander.

Dink 'n bietjie hieroor. Die Shampoo, alias 'Poofter', storie is 'n 'kies innie tand' storie. Die elektrisiteit krisis, die onderwys krisis, die water krisis, die infrastruktuur krisis in SA is bloody REAL. Ek het daaroor ook geskryf - die een kry 'n 1000 hits in 'n paar dae, die ander bugger all. As ek populêr in life wil wees en windgat wil rondloop, dan weet ek nou waaroor om te skryf - oor absolute BS.

Ek gaan vir 'n tyd my perde werk en weer 'n bietjie LEWE.

Link to comment
Share on other sites

Ek wou eers pm, maar toe dag ek, nee, hierdie ding is nou sover in die ope, laat ek maar openlik vra................ :(

is dit oor my wat jy so gal braak of is dit maar oor almal in die algemeen? :angry:

Ek is nie baie slim om tussen die lyne te lees nie, ek verkies reguit, sien :holy:.

Ek hoop regtig nie dis ek wat jou so agterstevoor opgevrywe het nie. :angry:

Hierdie ding ontaard nou vir my in 'n regte, tipiese, onnodige modder gooiery.....miskien is dit nou klaar, ne? :blush:

As Always,

your loving Aunt Kannidood. :lol:

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, het jy vir my 'n bier? Jy moet net weet die boeing kom vroeg-vroeg oor...

Link to comment
Share on other sites

Aaag asb Kanniedood, sal iemand tog nou oor jou te kere gaan?

(relax, ek vat jou nie aan nie, haal asem en lees)

Niemand van ons behoort enigsins te kere te gaan oor EEN mens nie, en niemand gooi hier modder nie. Dis lovely om te sien mense spreek hul breins vir 'n slag, en dis gesond om te sien mense mag van mekaar verskil. Maar gun tog net die ander een ook ietsie.

Ek stem saam Mauritz, skryf dan - maak dit net die moeite werd om te lees, maak dit ietsie van jouself wat jy uitdeel en soms weggee, ja dis nie so maklik nie, dis blootstelling. Maar dis bevrydend.

Ek like julle almal en ek lees graag, dit roer my binneste en laat my ten minste dink. Vandag se wereld het so versag en so versigtig geword omdat mense so PC is dat dit my nie eers meer stimuleer nie. Dan sit ek nog in corporate SA ook waar ek shine bo die res uit met my een hand agter my rug, maar steeds geen maar geen recognition daarvoor kry nie. So ja, ons is dalk effe gefrustreerd, maar dammit ons het darem nog 'n lus vir die LEWE oor in ons!

Gaan jou goed!

:rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Soos ek gesê het. Die perd se naam moet "Debliksemin" wees.

Jan, ek wil nie op jou parade reen nie maar wat van Jêmbek vir die perd se naam. My rede is die perd se storieverteller-baas se mond moet Jêm kry! :hug:

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Amen KD! - ons moet mekaar se gevoelens in ag neem.

As ons wil klippe gooi moet ons ook bereid wees om te koes.

Daarom vra ek openlik vir Ben om verskoning as my posts aanstoot gegee het. En ook vir Mauritz - maar ek weet hy's OK!

Ek het 'n opinie oor baie dinge in die lewe, maar weet ook ek moet my bek kan hou wanneer dit so moet wees. (Alhoewel ek nie altyd daarin slaag nie) Dan ook weer - 'I don't sweat the small stuff'.

Die lewe gaan oor meer as debatte. Ons moet bymekaar kan uitkom en oor nonsens kan gesels en kan 'agree to disagree'.

Ben - wishing you a successful life, filled with happiness.

Mauritz - skryf gou weer asseblief, want ek weet jy's happy!

Link to comment
Share on other sites

Terwyl julle nog so rondskarrel sit ek en M al lankal oppi stoep. Ons is lankal al tjomme. :lol:

Nee, ek het nog nooit gedink iemand sal tog nou oor simpel ou ekke wil tekere gaan nie. Ek is 'n realis. :D

Jembek, Bitterbek. Grootbek, 'n perd by enige naam bly maar 'n perd.(Maar Mauritz se perd se naam kan maar net Beauty wees.) ;)

Milo, dankie. :oops:

Mauritz, lekker rus en skryf asb. spesiaal vir die ou tannie 'n storie, toe, nes jy kan.(Maar moenie vloek nie.) :holy:

KD. :lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...