Jump to content

Maar net my gedagtes


Blossom

Recommended Posts

Hierdie gewone huisvrou sit nou hier en tik terwyl die aartappels kook vir Sannie se aartappels. Deel van vanaand se aandete, almal se gunsteling…..vergeet maar van die spekkies hier om die heupe.

Dis maklik om te maak, kook net die aartappels heel in die skil tot sag. Laat koud word en trek die skilletjies af, geur met allerhande lekker kruie en speserye en diepbraai dit dan in ‘n groot kastrol met diep olie in tot goudbruin.

Die resep gekry by ‘n kleurling meisiekind wat huishoudster was in skoonsus se Kerk straat huis in Hermanus. Skoonsus het so gemoan want sy het maklik ‘n sak aartappels per week gebruik, dis toe aartappels amper R25.00 per sak gekos het.

Ons kon nie wag vir aandetes nie, na die heeldag op die strand was ons honger en moeg. Sannie het gesorg vir die spyse. Sy het behoorlik geblom as ons almal ge oe en ge a het oor haar kos. Ek wou haar saam vat Transvaal toe, sy wou nie want skoonsus het haar lekker baie betaal.

Glad van bek was sy en met ‘n tipiese Kaapse brei gepraat. Een aand loop ons in die stil Hermanus rond, hubby en ek. Na een van Sannie se etes moes jy gaan stap anders le die kos soos ‘n klip in jou maag. Dit was buite seisoen en die dorp was rustig. Nie soos binne seisoen waar jy moes tou staan om in Checkers in te kom nie.

Tipies man loop hubby met ‘n maag wat rommel en ingewande wat grom langs my en nie te lank nie toe is daar so ‘n onaardse gebrul hier langs my. Ek laat los sy hand en loop vinniger om weg te kom van daai metaan gas se reuk af, skoon vies en naar. Hy vou dubbeld soos hy lag.

En van daar oorkant die pad, in die skadu van die winkel se afdakkie kom daar klokhelder en ‘n met rollende rrrrr klanke ‘n stem na ons toe aangesweef oor die pad.

‘A nee a, wat se gep_____y is dit?’

Hubby bloos bloedrooi want toe bars sy en haar vriendinne kliphard uit van die lag en ek se vir hom “sies man, kan jy jou nie gedra nie?”

Hoe vinnig het ons net nie huis toe geloop nie!

Maar ek het nou heeltemal afgedwaal, ek wou net se dat ek eintlik besig is met aandete…en ek wou gou net ‘n klein briefie skryf vir die forum.

Die forum bestaan nou al twee jaar en vir amper ‘n jaar daarvan behoort ek aan dit. In die begin was dit om die eensaamheid te help verlig. Dit was wonderlik om te weet van al die ander wat ook in die selfde bootjie as ek was. Later van tyd het ek antwoorde gekry vir al my immigrasie vrae, soms op ander goed ook. Ek het ook ‘n storietjie of twee geskryf op journals wat ek vreeslik geniet het.

Toe raak ek hooked, het net vir die lekkerte gelees en gesels, vriende gemaak ook. Onder andere ‘n wonderlike sielsgenoot wat sommer hier naby my bly.

Die forum het my gehelp met die oorbruggings fase van een kontinent na ‘n ander.

Sommige dae het party mense my so vies gemaak dat ek sommer die forum wou opgee…elke keer weer terug gekom…geleer om ‘n paar dae weg te bly tot ek afgekoel het.

Ek het agter gekom dat ek nie van almal hoef te hou nie, dat ek hulle posts kan blok en kan ignoreer…..ek is seker dat hulle so met my ook maak. Is reg so, ons is immers uniek en kan doen wat ons wil………….binne perke natuurlik.

Wat ek ook agter gekom het as mens tussen so ‘n klomp unieke mense is, is die volgende:

1. Bly weg van rassisme af, dis onnodig en hoort in die verlede.

2. Moenie jou geloof in ander se kele afdruk nie. Dis privaat.

3. Los maar die politiek ook uit. Niemand glo aan die selfde norme nie.

4. Seksuele praatjies en voorkeure is taboe. Niemand se saak nie en uiters privaat.

5. Moet nie die Heer se naam ydelik gebruik nie. Siesa!

Daar is seker nog baie dinge wat liewer ongese moet bly, ek kan nie nou aan nog dink nie, ek is seker iemand anders sal nog bydra.

Al wat ek wil se is dat ons almal een ding in gemeen het en dis Suid Afrika. Dis die een ding wat ons bind en ons almal diep raak. Dis hoekom die forum daar is. Daarom wees considerate en liefdevol teenoor mekaar en geniet die nuwe lewe hier!

Wil nie prekerig klink nie, wou dit maar net van my hart af kry.

6. O, ja, en moenie vir Hendie kwaad maak nie. :rolleyes:

Groete en goodwill,

Kannidood.

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hierdie gewone huisvrou sit nou hier en tik terwyl die aartappels kook vir Sannie se aartappels.

"Gewone huisvrou?? :lol: - jy's 'Fire & Ice tannie Kannidood' :ilikeit:

Ek stem saam met alles - so half-half :holy: Ek dink daar is 'n verskil om te praat oor iets net omdat 'n mens jou eie wil/sienswyse aan iemand wil afsmeer. Daar is praat omdat 'n mens meer wil leer, 'n bietjie wyser wil raak. Ek is een van daai mense wat oor alles gesels - politiek, godsdiens en seks - sommer so alles deurmekaar. Nie omdat ek my 'views' aan iemand wil afsmeer nie, maar omdat ek wil weet wat maak ander mense 'tick'.

Ek was byvoorbeeld - in skool en weermag - vreeslik homofobies. As ek so pateties was om dit vir myself te hou en nooit die moed gehad het om met 'gay' mense te gesels nie - dan het ek seker nou nog in daai groef gesit.

Ons almal kom op 'n stadium waar ons sien alles waarin ons geglo het is verkeerd - foul is fair and fair is foul, volgens ou Macbeth. Ons almal groei, ons almal kan leer, maar ons kan dit net doen as kommunikeer en leer van mekaar. As ons onsself nie te ernstig opneem nie en iemand reguit vra hoekom hulle dink wat hulle dink, sonder om onmiddellik iemand te beskuldig van rassisme, moord en doodslag - dan sien ons waar so 'n persoon vandaan kom. As 'n mens dan gesels oor dinge en gedagtes en idees uitruil, dan word ons 'n bietjie wyser - al gebeur dit nie op daai oomblik nie. Gedagtes rol mos in 'n mens se kop rond vir jare - die saadjie is partykeer geplant - eendag maak die ou dakkie oop - die idee begin groei en 'n mens gooi al daai ou dinge af.

Ek het baie dinge geskryf op die forum - mense kan nie my oê sien nie, ken my nie - weet nie waar ek vandaan kom nie. Ek verstaan dat die manier hoe ek dink, hoe ek myself uitdruk baie mense verkeerd opvryf. Baie het my kwaai ge-PM - dan gesels ons lekker en sorteer dinge uit. Ek skryf partykeer vinnig my opinies oor iemand se 'posts' en stuur dan 'n PM om te verduidelik waar ek vandaan kom. Ek vra baie, baie keer omverskoning - omdat nie my doel was om iemand seer te maak of verkeerd op te vryf nie. Die 'secret ingredient' is om aan te hou gesels en te vra wat aan die gang is.

Die lewe is 'n kookpot - dit is maklik om 'n mens te 'separate' van wat daar buite is. As jy nie van 'n sekere stereotype hou nie - of hulle nou wit of swart of 'n ander geloof is - is dit maklik om in 'n hoek te gaan sit en net met jou eie soort te meng en jou eie 'views' so te versterk. Dit is moeiliker, maar interessanter om in daai pot te val en hier te proe - daar te proe en te gesels met alles en almal. Ek gooi sommer my 'views' so oop - mense val sommer agteroor - dan sê ek - 'skop my gat as jy wil' - ek's nog jonk genoeg om te leer. Mense wat my ken is nie bang om met my te gesels oor ENIGE IETS nie - ek hou daarvan.

Ek het vandag weereens gesê ek's jammer man - gee my 'n klap as ek dit verdien. As ek my bek wil oopmaak, dan moet ek man genoeg wees om 'n pak te vat. Die belangrikste - om nie hardegat te wees nie - maar om te leer. Ek is wie ek is en ek is buigbaar - omdat ek wil leer en omdat ek van die kookpot in life hou.

Dit beteken nie ek 'ja en amen' vir alles nie - dit beteken ek is bereid om te luister en te leer en te ondersoek. Noudat almal in trane is en die anner bokshandskoene wil aantrek - dit is my Zimbobwe $.

Dit is wat die land my gegee het.

Amen

Link to comment
Share on other sites

Jy het nie nodig om jouself aan my te verduidelik nie, glad nie. Ek dink ek kan sien waar jy vandaan kom. Se dalk dinge voor jy dink en dan moet jy agterna jammer se. Dis net dat ek glo mens moet eintlik SO lewe dat jy NIE nodig het om te se jy is jammer nie. Nie altyd maklik nie, ek weet.

Dis hoekom ek se daar is sekere dinge waaroor mens nie gesels nie, veral nie op die wereld wye web blad nie, nie almal kan en sal altyd verstaan dat jy nie sleg bedoel nie. Ons wat jou nou al leer ken ( en lief kry het) deur jou stories verstaan jou, nie almal deel ons siens wyse nie.

Daar is mense wat al harde klappe in die lewe ontvang het en wat sagkens hanteer moet word. Maar dan is daar die ander kant ook. mens moet seker maar verwag om gelek te word as jy jouself uitgee vir 'n toffie.

In alle geval, ek wil nie baklei met jou nie, daarvoor geniet ek jou siens wyses te veel asook jou stories. Onthou net dat mense soms maar broos is en al sien hulle jou nie in die oog nie, verstaan nie almal jou humor nie.

Jy moet al lank in die tand wees voor jy eers soos die spreekwoordelike eend is......

Dis in elk geval nie in my aard om te debateer oor dinge wat ek nie kan verander nie. wil net se dat jy nie moet ophou skryf nie.

Laat ek terug gaan na my kombuis toe............

Ce La Vie!

Kannidood

Link to comment
Share on other sites

KD ek maak hoender vanaand, Sannie se aartappels sal nou wraggies goed gaan by my chook!! Ek wens jy het naby gebly.

Die forum het vir my ook eers van 'n support na 'n addiction na 'n "help wie jy kan" verander.

Link to comment
Share on other sites

KD ek maak hoender vanaand, Sannie se aartappels sal nou wraggies goed gaan by my chook!! Ek wens jy het naby gebly.

Die forum het vir my ook eers van 'n support na 'n addiction na 'n "help wie jy kan" verander.

ek het n muis probleem in my huis. het gif uitgesit. Ek ruik heelweek n stink muis in my huis. soek hom. kry hom nerens. Gisteraand besluit ek Sannie se aartappels klink eersteklas...

het ek nodig om die res ter vertel? Die muis was nooit n muis nie maar n sapperige pap vrot aartappel!!!!

Link to comment
Share on other sites

Tannie KD ek doen 'n roast vir aand ete kan ek seblief van sannies se aartappels kry? :P

Link to comment
Share on other sites

My hartlam,

As ek julle almal kon uitnooi vir ete, sou ek. Dink net watse wonderlike aand sou ons nie he nie! Mauritz sal op sy perd daar aan kom, SAS van Sydney sal daar wees, julle van doer ver, Henriette, Nilo, ons oulike nuwe outjie, Ben, wyse Bob, die Michelles, die Wilnas, Oubossies, Chester............ek kan nie almal noem nie. Sulke uiteenlopende karakters bymekaar, dink net!

Skaapboud, Sannie se aartappels, Polyanna se broccolini en vir poeding, Orange kisses!

Liefde,

KD.

Link to comment
Share on other sites

n sapperige pap vrot aartappel!!!!

Aaaa, juck!! Vrot aartappel stink vreeslik!!

KD ek flippen vlieg sommer en kom kuier!! Wat se julle girls?

Ek het geedit om nog iets te add, ek wil ook graag vir Ben daar he!!!

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Weet julle hoe lekker was daai sannie aartappels???

Ek het gisteraand omtrent 12:15 die nag kombuis toe gesluip en ek het die res van die aartappels "gesneak"!

Link to comment
Share on other sites

Weet julle hoe lekker was daai sannie aartappels???

Ek het gisteraand omtrent 12:15 die nag kombuis toe gesluip en ek het die res van die aartappels "gesneak"!

sal maar jou woord daarvoor moet vat Fred. Ek dink daai aartappel het in my neus ingetrek. ruik dit nogsteeds

dink steeds ons moet n get-together in die middel van die land reel! n lekker bosberaad. Ek sal tiramisu bring!

Edited by henriette.rossouw
Link to comment
Share on other sites

Henriette ons is al klaar besig met so 'n bymekaar plan daar op die plaas, julle is baie welkom, net dis 'n bietjie ver van WA. Miskien kan julle aan 'n bymekaar uitkamp idee werk daar in WA.

Dankie vir die invite KD :lol:

Link to comment
Share on other sites

My hartlam,

As ek julle almal kon uitnooi vir ete, sou ek. Dink net watse wonderlike aand sou ons nie he nie! Mauritz sal op sy perd daar aan kom, SAS van Sydney sal daar wees, julle van doer ver, Henriette, Nilo, ons oulike nuwe outjie, Ben, wyse Bob, die Michelles, die Wilnas, Oubossies, Chester............

If it's for potatoes prepared any which way, I'll be there for sure - boots and all!!

SAS

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...