Jump to content

'n gekullery


Blossom

Recommended Posts

Ons het 'n vriend, of liewer hubby het 'n vriend met die naam van Louis. Hier diep binne in my hart noem ek hom ou dronk Louis. Se dit nie kliphard nie, dink dit net. Dis die aller snaakste man, ek kyk hom gewoonlik aan asof hy van Mars af kom. Kry nie vat plek aan hom nie, verdra hom maar net want hubby en hy is ou skoolmaats. Ek het al weg gekruip as ek sien dis hy wat uit sy kar uit klim, maak net die deur oop nie. Dis nou as hubby nie sien nie, anders het ek nie 'n keuse nie en moet hom maar innooi.

Die ou is nogal hoog op by sy werk, hy is 'n rekenmeester of iets met syfers, weet nie rerig nie want ek stel nie belang nie. Al wat ek weet is dat hy dood nugter deur die week is maar heeltemal hand uit ruk Vrydag aande en Saterdae. Sondae drink hy ook nie want dan gaan hy kerk toe. En dis gewoonlik Vrydae of Saterdae wat hy by sy ou vriend (hubby) wil kuier.

Een naweek kuier Ma en Pa by ons en later daag nog mense op, ou (dronk) Louis ook. Ons soek altyd 'n verskoning vir 'n ou braaitjie en iets om te drink daarby.....dit word toe so 'n geleentheid. Heelwat later na die braai en die lekker eet sit ons om die kombuis tafel en gesels. Ma en Pa altwee lekker spraaksaam na die yskoue lafenisse.

Dis toe Louis en hubby na mekaar kyk en Louis se vir ons dat hy magnetiese kragte het. Ja, right, dink ek, die enigste magnetiese krag wat jy het is die krag van

my skoen onner jou gaai. Nou haal ou D L 'n paar munte uit sy sak uit en sit dit op die tafel neer. Hy sprei hulle uit mekaar uit en se dat hy sy rug sal draai en dat een van ons aan een van die munte kan raak met net 'n vingerpunt en hy sal weet watter een dit is.

Ma val pens diep in die trap en sy se sy sal want hy praat strooi. Ma raak aan die geld terwyl ou d L se rug gedraai is. OK, se Ma, draai maar om. Hy draai om.

Nou sit hy skrefies ogies die geld en aanstaar. Hy voel aan hulle, een, een raak hy aan die geld. Intussen sit hubby en rook hier langs my, jy sien net dampe om sy kop. Louis raak en voel aan die geld en gooi 'n show soos Martino van Kul jou hier kul jou daar en siedaar!

Hy raak aan die 2 sent stuk en se vir Ma, dis die een Tannie.

Ma kyk hom ongelowig aan en se doen dit weer boetie want ek glo jou nie.

Hy draai weer om en Ma raak weer aan die geld, die keer skuif sy dit rond en raak aan 'n ander een. Kyk maar se sy.

Weer die ritueel van raak en loer en wat nog..........maar wat sien ek? Hubby rook alweer en net toe Louis aan die geldstuk raak wat Ma ook aan geraak het, gee hy so 'n laaaang trek aan die sigaret as teken dat die regte munt is. Die bliksems, hulle is in cahoots, die twee!

Nou ken ek hulle truuk maar ek se niks. Los hulle met hulle plesiertjie wat hulle so geniet. Ma se reaksie was priceless, ek het niks gese nie en lank daarna het sy nog gewonder oor ou dronk Louis en sy kragte.

Toe ons OZ toe kom toe dink ek dankie tog, ek is van die ou ontslae...........

Nou die dag toe laat weet hy, hy is besig met sy emigrasie papiere en hoe lyk dit in Adelaide?!

Ek wonder hoe is die weer in Alice...........?

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Hi KD, miskien raak daardie aansoek papiere nog weg :lol: dan het jy mos nie 'n problem nie of hoe.

Groete R

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...