Blossom Posted January 21, 2008 Report Share Posted January 21, 2008 Hallo forum,Ek is moeg…..moeg ge-verjaar, wat ‘n dag! Hoe gelukkig kan ‘n mens net nie wees nie?Heel eerste wil ek net dankie se vir al die mense en vriende wat my so mooi geluk gewens het. Hoe lekker was dit net nie om die forum oop te maak en te sien dat daar mense is wat aan my gedink het nie. En die foon oproepe, die pm’s, die e mails! Dankie julle!!!!Ek het ‘n fantastiese dag gehad, ek is so, so, so gebless. Toe ek vaak en deur die mis die gang afloop om te gaan tee maak 5 uur die oggend was ek maar mismoedig. Ek trap hoog en versigtig want mens weet nie waar le die kreepy crawlies en wag nie. Na my onderonsie met die harige gedrogte is ek versigtig. My grootste vrees is, is dat ek vaak en aan die slaap op die troon gaan sit met die deur toe en ek kyk een van daai goed in die oe. Mens kan maar net jou verbeelding gebruik oor die gevolge van so ‘n situasie………….Anyway, ek sit die eetkamer lig aan, loop kombuis toe en sit die ketel aan. Toe ek omdraai om op my elmboe te le/staan en wag vir die ketel, sien ek dit. Die eetkamer tafel is vol geskenke, kaartjies en lekkernye gepak. Wanneer dit gebeur het weet ek nie, moes gewees het na ek gaan slaap het.Vergete is die tee, ek gaan sit en maak die kaartjies oop, kan nie vir julle se wat staan daar binne in nie, dis privaat, maar my hart begin trane in my oe in te pomp. Ek kry die tjoklit botteltjies met die likeurs in wat ek so mal is oor en wat so skaars is hier. Sommer twee van hulle, een vir nou eet en een vir later. En ‘n wok. Ek begeer ‘n wok, ek kyk altyd die kos programme op tv en Kylie Kwong met haar wok is my gunsteling. Hierdie wok is elektries en groot, ek onthou dat ek gese het dat ek so ‘n wok wil he en my mense het dit onthou. Raai wat het hulle gisteraand geeet? Raai wat eet hulle vanaand?Maak my mense wakker en ons sit buite onder die pergola en tee drink, heerlik so vroeg in die more hier in Australie. Nou moet hulle reg maak vir werk en ek moet begin lunch maak…maar seun lag en vra my of ek rerig gedink het dat hy gaan werk as dit my verjaardag is? Nee, hy het nog ‘n surprise…Die surprise………’n dag by die movies. Maar nie gewone movies nie, dis Gold class kaartjies vir I am Legend van Will Smith.By die teater loop jy verby die gewone ou plebs wat in die tou staan vir kaartjies, reguit na die groot glasdeure toe. Daar laat die dame die mense binne per selfoon weet dat ons op pad is. Binne in kry die meisie ons en lei ons na die lounge toe waar ons plaasneem en sy aan ons verduidelik hoe dinge daar binne werk. Dis dik matte waar jy kyk, in die een hoek is ‘n kroeg, aan die anderkant is ‘n restaurant waar jy etes bestel. Ons bestel ons spyse en nou neem die usher ons binne toe. Daar is net 30 banke in die teater, hulle staan twee, twee met ‘n tafeltjies voor hulle. Dis elektriese recliner banke, jy kan le en movie kyk as jy wil. Ons is die enigste mense in die teater, seun en ek.10 minute later kom ons cuppachino’s, 20 minute later die bruchettas wat ons bestel het, heerlik en vars. Die skerm voor ons skuif ekstra groot oop en die movie begin, ek skuif my reg op die bank/bed vir lekker kyk. 45 minute in die movie in kom ons hoof gereg, ‘n seafood platter vir twee met potato wedges en chillie filly. En twee groot smoothies. My oe was groter as my maag, se ek julle.Na die movie toe ons daar uitloop voel ek skoon regal, dit voel of ek so uit die hoogte uit kyk na al die mensies om my. Ek was dan nou net soos ‘n koningin behandel, gin wonder ek wil soos een optree nie!Die res van die middag by die huis spandeer ek op die bank in die sitkamer, op my rug. Te moeg om te beweeg, toe ‘n vriendin my later bel, vra sy my hoekom klink ek so vertraag. Wat ;n wonderlike familie het ek net nie, fantastiese forum vriende, wonderlike mense in Suid Afrika….!Ek kan net se “DANKIE!” Dis ‘n dag wat ek nie sal vergeet nie.Groete,KD. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Frenchy Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Hi KDBly jy het so 'n wonderlike dag gehad. Jy verdien dit. Ek se nog altyd, mens se verjaarsdag is een dag in die jaar wat mens gepamper moet word en nie moet skuldig voel daaroor nie.F Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Hennie-Pennie Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Hi KD en ek wil net se JY VERDIEN DIT!!!!!ek het nie geweet van die fancy fliekstorie nie. Gaan nou soek en kyk as my ma in maart kom gaan ek haar ok bederf...sal seker moet Perth toe daarvoor. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Suidwes Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Hi KD,Ek het nie geluk gesê nie.. sorrie. ... My brein word kort kort met baba doeke weggegooi. Baie geluk en dit klink of dit 'n wonderlike verjaardag was te danke aan Fred.Sw Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Lindie Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Hi KD, ek het ook gemis om geluk te sê gister. Baie geluk! Ek is bly jy het die bederf so geniet, jy verdien dit beslis. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Michele R Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Hello Kd!Het ook nie jou geluk gewens gister nie, baie jammer. Maar hoop jy het 'n wonderlike jaar!Is bly jy is so lekker bederf gister, jy verdien dit! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Guest Mauritz Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Sodra ek eendag innie beskawing is wil ek ook so lekka gaan lê en movies kyk. Baie geluk met nog 'n bygevoegde jaar in die land van Oz Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Jan Stoof Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 Geluk Antjie. Bly jy is weer met ons en hoop om ook meer van jou stories te lees. Hoe oud issie Tannie nou? Skuus, vra nie sulke goed vir 'n dame nie. My Oupa het altyd gesê "so oud dat ek kan skyt my kind" Mag jy ook so oud word. Waars daai fliek? Ek is nou wel 'n Leeu, maar wat te hel, ek kan mos verjaar wanneer ek wil. Soek juis 'n plek om waar my vrou my kan treat omdat ek so getrou aan haar is en waar sy weereens haar onnerdanigheid kan betoon. Ek raak nou stadigaan gatvol om alewig die kos te moet maak omdat sy die broodwinner is. Daai LOTTO moet nou kom sodat ek die wêreld weer innie oë kan kyk en my vrou kan weet wies baas. Ja baas, skies baas. Ek drink 'n whisky op jou. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Blossom Posted January 22, 2008 Author Report Share Posted January 22, 2008 Hi Jan,Synde dat jy in Adelaide is..........Dis by die Marion Shopping Centre, Westfield noem hulle dit. Weet nie wat kos dit nie, was 'n geskenk.Dis die Greater Union Cinemas....vat jou vrou, sy sal vir altyd lief wees vir jou. Moet net nie aan die slaap raak op daai lekker banke nie! Jy kan 'n bier ook drink daar.Maak net seker jy vra vir GOLD CLASS. Tel nommer is (08) 8377 3591.Geniet dit. Groete,KD.PS. Ek is nou 53 jaar jonk en die lewe bly 'n fees! Dis die lekkerste tyd van my lewe, almal maak vir jou deure oop, dra jou pakkies en het respek vir jou. Die beste van alles is die wysheid, vrede en aanvaarding wat saam met die jare kom. Ek worry nie meer wat se die mense nie.....ek is die mense! Dankie vir die wishes almal........ KD. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Nilo Posted January 22, 2008 Report Share Posted January 22, 2008 PS. Ek is nou 53 jaar jonk en die lewe bly 'n fees! Dis die lekkerste tyd van my lewe, almal maak vir jou deure oop, dra jou pakkies en het respek vir jou. Die beste van alles is die wysheid, vrede en aanvaarding wat saam met die jare kom. Ek worry nie meer wat se die mense nie.....ek is die mense! Dankie vir die wishes almal........HOOR HOOR!!!!! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.