Jump to content

Tinktinkie: Nuut in Bendigo


Tinktinkie

Recommended Posts

Hi almal

Ek wou ons net voorstel. My man het in Januarie hier in Bendigo begin werk. Ek en ons klein babaseuntjie wat nou sewe maande oud is het in middel April aangekom. Die ergste deurmekaargeid van die groot trek is darem nou omtrent oor en ons begin stadig maar seker aanpas. Dis lekker om te lees wat almal hier gesels en te kan identifiseer daarmee. Dankie vir almal wat soveel moeite doen om ander te ondersteun.

Tinktinkie

Link to comment
Share on other sites

Hello daar!

Ek weet glad nie waar Bendigo is nie, sal dit gaan oopsoek op die kaart :blink: . Baie welkom hier, dis regtig 'n lekker kuierplek, waar jy net die regte ondersteuning kry wat jy nodig het. Of dit nou 'n skouer is om op te huil, of net iemand om saam te lag of gesels, dis hier. :ilikeit:

Ons hoop julle geniet Australië sommer baie.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hi Tinktinkie,

Welkom op die forum ! Bly om te hoor die ergste chaos is verby, dis altyd lekker om dit te kan sê !! :ilikeit: Ek dink ek sal dit eers weer kan sê as my jongste eindelik op Universiteit is, :holy: then again, miskien ook dan juis nie !! Ek het ook nie 'n clue waar Bendigo is nie, gaan dit gou opkyk.. :blink: Welkom, welkom, welkom. Hoop jy kuier lekker saam met ons ! Ek sal graag jou eerste indrukke van die lewe in Australië wil hoor - wat jy van hou, nie hou nie, wat vir jou die moeilikste aanpassings is en of jy baie Saffers in jou omgewing het.

Liefde en groete uit Korea

Seoul Sister

:(

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Dankie vir die verwelkoming.

Net om dit darem so bietjie makliker te maak om Bendigo te kry. Dit is in Victoria so 150km binnelands van Melbourne omtrent geografies die middelpunt van Victoria.

Groete en hoop om meer te gesels

Tinktinkie :ilikeit:

Edited by Tinktinkie
Link to comment
Share on other sites

En welkom uiteindelik hier van jy weet wie :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Tintinkie

Ek het gewonder waar jy wegkruip! Welkom hier by ons. Jy moet van jou laat hoor, ons wag nog vir daai besoek!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...