Jump to content

Mofkoppe van Melbourne


chester

Recommended Posts

Daar is oral sukke eenvoudigge mofkoppe, ons wil hulle maar net nie raaksien. Hier in OZ het hulle ook maar hul fair share, noem hulle net Dole bluggers. Daar in Albury Wodonga het ons onwettend 'n huis gehuur so reglangs en oorkant hulle, hang af watter tyd van die dag dit is, maar meeste kom die rotte uit in die nag. Wodonga is south of the border in Victoria,( die mexicans woon daar)Albury is in New South Wales, net die rivier skei hulle. Manlief word verplaas soontoe en jy moet maar wat wat jy kry, want daars nie baie beskikbaar nie. Die bure aan die eenkant is wonderlik en ons kom goed klaar. Hy is 'n regte Rex Hunt, vang lekker vis by die Hume Dam en die Tannie bak lekker koek.

Sien Hulle kom meeste van Melbourne, waar hulle housing commision huise soek en word dan platteland toe gestuur waar hulle lekker rustig kan lewe met hul dole geld.

Maar kom Dole day, dan weet jy daarvan, hulle koop sommer so 'n paar slabs (bier)en seker 'n half dosyn gif bottels en suip hulle oor die mik. Op die verandas, hang hulle uit op ou banke en Mr Slim Dusty maak lekker country music. Daar slaan 'n deur amper van sy hinges af ............. Kom 11pm en manlief moet gaan nagskof dan kan jy amper niks sien van al die rook soos die mofkoppe tyres spin, die teerpad is sommer opgekref. As daardie bande moeg is dan spring hulle net die heining by die Wreckers en kry nog. Waghond kan niks doen want hy's op ketting. Manlief bel die Cops, hulle kom kyk, maar waarsku hulle net. Nou die Cops kom kyk na die pad en wil wet wat gaan aan, maar ek het 3 Katte en is alleen in die nag, dink hy miskien ek gaan hom se, Weet mos hulle gaan net mooi vra "Don't do it again" dan sit ek met die gemors.

Anderdae is dit stil en rustig en jy wonder of dit die selfde plek is, so Mauritz is reg doen 'n bietjie narvorsing voor jy daardie kontrak teken. Ons het maar so stadig aan ons meubels terug gery Sydney toe met die ou ford Panelvan en trailer. Liewe Seun het probeer dit verkoop voor hy terug SA toe gegaan het. Ag sy was ook maar goed moeg, kon amper nie meer 100km haal nie. Manlief ry so 80km opdranne en naby Yass vang daardie panelvan afdranne mos so 120km, en daar sit die Meneer mos met sy radar, spring daar uit en waai hom toestilsand. Manlief kan maar net smile vir daardie kaartjie.

Dis toe dat ons besluit om 'n ander sponsor te soek, Ons wil terug Sydney toe. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...