Jump to content

Nog 'n dag Down Under - Sondag (2)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Dennis is besig om sy damme te stock met vis wat ons weer later kan vang. Ons vang groot vis in ander riviere en gooi dit in sy damme. Dennis koop hope 'fingerlings' - yellobelly & cod - en stock sy damme. Die buurman langsaan het 4000 akker - van die mooiste grond wat ek nog gesien het. Ons het toegang tot die plaas - vang vis en jag daar. Dennis wat ons na die buurman se dam toe - sodat die kinners guppies kan gaan vang vir al sy visse.

Oppad na die dam toe - kom ons op die familie van 3 (laaitjie is so 9, maar werk al klaar) af wat vasgeval het met 'n trok. Die man is 'n logger en kap bome op die buurman se grond. Hy werk stotsiel alleen - geen handjies wat help nie. Hulle werk op die heilige Sondag - soos baie Aussies werk 7 dae 'n week. Hoop julle kan julle indink hoe hard so 'n familie moet werk. Hulle is goed ingerig en die man sny seker bome en die vrou werk die crane. Hulle kamp sommer waar hulle werk - dit is vakansie so, die laaitjie werk ook.

Dennis probeer die trok met sy Nissan Patrol uittrek - dit is soos om berge te versit.

Die man werk sy crane - probeer die trok daarmee beweeg.

Dennis vat hom na 'n ander plaas toe om te kyk of hulle nie langer kettings kan kry nie - wil die crane en 'n boom 50m verder gebruik om die trok uit te trek. Ons besluit om dam toe te stap - so 'n km verder. Dennis se poodle, Candy en sy vrou, stap saam. Ek kyk uit vir slangelange, maar die gras is lank. Skielik hoor ek 'n "EEEEEEEEEEEEEk" en ek sien my een meiskiekind in die lug rondhardloop soos 'n skouperd. Ek sien die slangelang - 'n groot redbelly black. Die goed is bliksems - ek het gister nog een met die perd gekry en ons het nog een op die pad gekry. Hulle beweeg nie weg soos ander slange nie - lê doodstil - gelukkig is hulle nie vreeslik aggressief nie.

In daardie geval, het ons nie 'n voertuig gehad nie - as die kind gepik was, dan het ons probleme gehad. Die loggers het 'n satelite phone - kon dalk 'n tjopper inroep. Ons was ook so 'n uur van die naaste dorp af. Gee julle 'n idee van lewe in die platteland - as 'n slangelang jou daar pik - jy's te voet of te perd - dan is dit tickets. Sal later skryf oor 'first aid' vir slangbyt.

Ek wil eers die slangelang vrek maak - toe neem ek maar 'n photo.

Kinners vang guppies in Dennis se buurman se groot dam.

Ek swem in die groot dam en duik waterlelies uit vir Dennis se damme. Ek gaan kyk na bome op Dennis se grond - ek wil 'n groot 20m (diamm) roundyard bou vir my perde. Ek gaan volgende naweek bome kap. Ek meet Dennis se plek op - moet 'n hele deck reg rondom sy plek bou en die verandah's verleng - groot job.

Ons beplan 'n bowhunting trip na Namibia in Junie (hopelik) - ek wil Dennis vat om Koedoes en Gemsbokke te gaan jag met die boog. Ek gaan dalk binnekort saam met Dennis New Zealand toe om Red Deer te gaan jag en trout te gaan vang.

Ek sal later meer skryf oor jag in Aus vir die manne wat belangstel. Ook besig om 'n agentskap hier op te stel - vir jag in Namibia (dalk Suid-Afrika). Dit is nou vir die mense wat na Afrika verlang en daar wil gaan jag. Jy moet net baie geld hê - alles is in Euro en $US.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...