Jump to content

Nagmerrie in Suid Afrika.


Blossom

Recommended Posts

Ek sien haar vir die eerste keer in amper twee jaar weer. Sy staan buite in die voorwerf en

wag met haar hand voor haar oe teen die fel son. Haar oe is op skrefies en ‘n sigaret in die ander hand. Haar hare is bloed rooi gekleur, die oe donker op gemaak.

Sy lag oop mond toe sy my sien, daar is blydskap in haar oe en tog ook ‘n trek van hartseer en swaar kry in die lyne om die oe.

Sy is amper tien jaar jonger as ek. Sy was ook altyd die mooi een en nie een dag van my lewe was ek afgunstig op haar nie. Daarvoor is ek te lief vir my kleinsus.

Sy val my om die hals en lei my die koel huis in, bied my iets te drinke aan en ek verstom my aan haar. Kan twee jaar mens so verander?

Sy het altyd onberispelik aangetrek met goeie smaak…’n dame, ten spyte van haar vier kinders wat sy groot gemaak het in uiterse moeilik omstandighede.

Haar lewe was maar altyd moeilik van kleins af maar sy het altyd ‘n wip in haar stap gehad en ‘n glimlag om die mond, niks kon haar onder kry nie.

Nou lyk sy, wat is die regte woord, verwaarloos? Daai hare…en die sigaret?

Dis ‘n groot ou kasarm van ‘n huis op ‘n kleinhoewe ‘n paar kilometers buite Warmbad. Dis veld net waar jy kyk, alles lyk droog en geel verbrand. Die los gras buite klou aan jou voete vas en trap in die matte in. Ons los ons skoene buite.

Binne in die huis is alles blinkskoon maar dit kan nie die verweerde ou linoleum in die kombuis verbloem nie. Ook nie die afgeskilferde verf teen die mure weg steek nie.

Ons bly al twee jaar in Perth en die vakansie was my geskenk van my man af, ek was te bly om te gaan kuier by almal na wie ek so verlang het. Ek sou ‘n paar dae deurbring by die kinders, skoonsus en dan by Rieks, my sus. Hierdie was die laaste week van my vakansie en ek was van plan om twee jaar se verlang en gesels in vyf dae in te prop.

Maar dinge wil nie vlot nie, daar is ‘n stramheid in die lug, ek voel half hartseer daaroor en ‘n rukkie later toe swaer buite toe loop, konfronteer ek haar. Ek wil weet wat gaan aan, hoekom is dinge so stram?

Haar oe skiet vol trane en sy vertel my die hele storie. Van haar man se wreedheid teenoor haar, van die dae sonder kos en die issolasie op die kleinhoewe. Daar gaan weke verby sonder dat sy ‘n mens teekom of dat haar man ook nie huis toe kom nie. Van haar angs alleen op die kleinhoewe….Sy vra my mooi om nie met haar man te baklei nie want as ek terug gaan is dit weer net sy alleen met hom, Ek los dit….vir eers.

Ons kuier, sy, haar mooi dogter en ek. Swaer gebruik dit as ‘n verskoning en is meestal uithuisig. Ons gaan nerens heen nie want ons het nie ‘n kar nie maar dis goed so want ons gesels en bak en brou.

Die volgende dag vra ons swaer om asb vroeer huis toe te kom want teen die tyd het ons wel ‘n paar goedjies nodig by die winkels. Hy daag nie op nie en ons sit in die voorhuis en wag vir hom. Dit raak later donker en nog steeds is daar geen teken van hom nie. Ons kyk maar tv, die drie van ons. Teen 11 uur die aand sit ons die tv af en staan op om te gaan tee maak, Ons stap die gang af kombuis toe, dis doodstil op die kleinhoewe en pikdonker. Daar is geen straat ligte naby nie en al lig wat brand is in die kombuis.

Eers steek Rieks vas in haar spore, met groot oe en vinger voor die mond wys sy vir ons om stil te wees en toe hoor ons dit ook. Iemand draai aan die deur se knop...

Ons verstar net daar in die gang en kyk asof in ‘n droom na die knop wat eers stadig draai en toe weer met ongeduld.

Weer hoor ons dit. Teen die tyd is ons lam van vrees en kyk vir mekaar met wye oe. Toe hoor ons die hond aan die blaf gaan, nie ‘n normale ‘hallo, ek is hier’ blaf nie maar ‘n histeriese ‘hier is ‘n indringer’ blaf en knor. Ons luister met opgehoue asem….ja, dis voetstappe en iemand ruk aan die venster. Om en om die huis loop die persoon en vat aan al die deure.

Iets spoor my tot aksie aan, ek sit die kombuislig af en gryp my selfoon wat op die kas le in een beweging. Ons bondel oorhoeks in een van die kamers in en sluit die deur.

Ek is bang, vrek bang maar ek is die oudste en die oudste in my familie vat altyd die leiding. Ek druk vir Reta, Rieks se meisiekind, in die kas in en maak die deur toe. Ek wys vir haar om doodstil te bly. As hulle ons dan moet kry wil ek nie he hulle moet die fraaie jong mens verkrag of doodmaak nie. Haar lewe le nog voor…hulle moet eers verby my kom. Rieks maak ek staan agter my en ek gryp ‘n krieket kolf wat gelukkig in die kamer is. Nou staan ek skuins agter die deur, as hulle dan moet in kan ek ten minste een hou inkry. Terselfde tyd fluister ek vir Rieks om die polisie te bel.

Haar hande bewe so sy kan nie selfoon se knoppies druk nie en ek gryp die foon by haar en bel 10111.

Niemand antwoord nie! Ek bel weer, kry hierdie keer ‘n beset toon, ek wil huil van angs, hou my in en probeer weer.

Die keer se die persoon aan die anderkant ‘Hellooooo, state your emergency please.’

Ek ‘state’ my ‘emergency’ so duidelik en kalm as moontlik en sy se, wag vir dit…. ’Hold on, please.’

My liewe Ennie, ek kan nie hold on nie, ek is besig om vermoor te word hierso, help!

Intussen hoor ek vir Reta in die kas hiperventileer van rou vrees. Rieks het op haar kniee neer gesak en sy prewel die Onse Vader. En ek kry ‘n gevoel oor my wat se dat hierdie die laaste oomblikke van my lewe is. Ek sien my man en kinders se gesigte voor my en ek dink by myself dat ek nog nie reg is om die aarde te verlaat nie. Daar is nog soveel wat ek wil doen en se.

Die voetstappe om die huis raak nou al hoe harder en met geesdrif ruk hulle aan die deure en vensters. Teen die tyd weet hulle dis net drie weerlose vrouens wat vrek bang is.

Ek kry die polisie in die hande en fluister die adres so hard as wat ek kan vir hulle en se dat ons aangeval word. Gelukkig verstaan hulle my.

Nou staan ons asemloos en wag, so bang soos muise in ‘n lokval. Dis onheilspellend stil buite, net die hond wat blaf en blaf.

Na ‘n ewigheid van bid en saggies ween sien ek helder, flitsende ligte teen die kamer muur en my bene vou onder my in. Hulle is hier!

Die polisie storm om die huis met rewolwers voor hulle uitgehou, hulle het almal koeel vaste baadjies aan en dit lyk soos ‘n toneel uit Law and Order uit. Hulle hamer aan die deur en ons maak oop.

Langs storie kort…alles is weer veilig, hulle het die hele plek deursoek, voetspore gekry maar niks verder nie.

Intussen kom swaer daar aan, ewe doodluiters en in ‘n feestelike bui, hy luister sonder veel belangstelling na ons storie. Sy vrou en dogter is bewerig geskrik, ek gee vir hulle sterk koffie met baie suiker in. Swaer gaan sit voor die tv stel en se vir Rieks ‘Waar is my kos, ek hoop jy het vir my iets te ete gebere?’

Ek kook omtrent maar hou my in, kalm vra ek vir hom of hy asseblief vir ons sal winkel toe gaan want ons het regtig ‘n paar goed nodig.

Hy trek sy skouers op en se vir my om die kar te vat dan ry ons vrouens maar winkel toe want hy is nou moeg en honger.

Ons ry, Rieks, Reta en ek, die donker pad tussen Warmbad en Nylstroom met die baie vragmotors en die gevaarlike taxis. Ons is nog steeds baie geskok oor al die gebeure vroeer en my voet bewe op die petrol. Ons sien gevaar agter elke bossie en om elke draai. Ons maak nie oog kontak met die petrol joggie nie en ook nie met die bombastiese man in die garage winkel nie.

Die aand slaap ons drie meisies op een dubbelbed. Swaer slaap sommer in die voorhuis op die bank.

Dis twee jaar later en nog steeds kry ek nagmerries oor daai aand. Kleinsus was slim, sy is geskei, werk weer en lyk weer so mooi soos nes sy kan. Haar dogter is amper klaar met universiteit en praat nie met haar Pa nie,

En ek…..ek dank my sterre dat ek hierdie brief kan sit en tik buite onder die pergola met die grys en pienk papegaaie op die gras, met die geluid van die see in my ore en die gevoel van veiligheid.

Groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Op die einste oomblik het ek 'n baie, baie mooi sussie (met 2 mooiste kinders) wat in presies dieselfde situasie is. My bloed kook en ek probeer baie hard om hulle hier te kry - nie so maklik nie.

Ek het slapelose nagte. Hoe kan enige iemand 'n familie op 'n karige plaas in die middel van nêrens, sonder diefwering laat bly?????? Die kinders moet dan baie keer nog alleen bly ook.

Link to comment
Share on other sites

Bly jy skryf weer Betsy, Ons het jou gemis :hug::wub: 'n Man wat so min vir sy gesin doen en ongegee, verdien nie haar en gesin se liefde nie. Bly julle was veilig.

Groete Rina

Link to comment
Share on other sites

Nee jislaaik Betsy, nou moet ek eers wegloop en gaan bossies uitkap ...

dit het my nou regtig geruk! :hug:

Link to comment
Share on other sites

Nee jislaaik Betsy, nou moet ek eers wegloop en gaan bossies uitkap ...

dit het my nou regtig geruk! :hug:

SO n rommel. DIt laat my bloed bruis. SUlke mans moet aan hul groot tone opgehang word!!! So blyjou sus het tot haar sinne gekom.

En dankie dat jy my hart met dankbaar sonskyn vul vanoggend...Ek het vanoggend my rooster dag af en sit lekker by die huis. 2 bassets wat lui lekker in hul mandjie by my voete le. My deure staan oop. Ek is alleen by die huis NIKS BANG!!!! 6 maande terug was ek toegesluit agter 2 sekuriteits hekke (een by die deur een in die gang. ELke keer as ek wasgoed buite gaan ophang moes ek selfoon saamvat, deur agter my sluit ( want netnou glip hulle in en wag vir my binne as ek terugkom) paranoies werf fynkamp ,dan vinnig ophang terugho,l deure slui,t terug kamer toe, gang hek sluit, en dan kamer deur ook sluit... hoe wonderlik het my lewe verander intussen... Hoe gesseend is ons hier in die land van oz net nie!!!

Edited by henriette.rossouw
Link to comment
Share on other sites

Kanniedood,

Jou post het my armhare skoon laat regop staan! :ilikeit: Ek is rerig bly om te hoor dat julle ongedeërd daarvan af gekom het, dit kon soveel anders gewees het! :blush:

Ek het net nou die aand gelê en onthou hoe ek dikwels met die "panic button" in my hand gelê het met my hart wat woes gedoef-doef het, terwyl die "besoekers" in ons erf en buurt rond hol!

Groete uit veilige Sydney!

Tania

Link to comment
Share on other sites

While reading your post, I experience that same fear that I experienced so many times in SAfrica. Thank goodness we left 8 years ago. How grateful I am to be in Australia!

You all survived and your sis started a new life, so the story had a happy ending ......

SAS

Link to comment
Share on other sites

My armhare staan regop. Jis, na 6 jaar uit SA is mens hipersensitief vir sulke goete. My hart bloei vir my mense wat daar is en nie 'n kans het vir uitkoms soos ons nie, al is ons nou nie te happy met die nat winters hier in NZ nie.

As mens daar in SA is en jy hoor geluide in die nag, gryp jy jou gun en jou selfoon, hier in die beskawing hoor jy iets val in die nag, en jy rol om, wonder wat te hel die kat nou weer afgesmyt het en snork verder!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...