Jump to content

Jag in Australië


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek wil al lankal skryf oor jag in 'the land of oz' - maar hier moet 'n mens moes weer versigtig wees vir die FFF (Friends of Fur & Feather) - hulle is mos soos die KKK, wat weer erger is as die ........ julle weet mos. Wat gaan aan in die wêreld - watse tipe mense teel ons deesdae - al hierdie yuppies wat tyd het om te M&B oor alles wat lewe en bewe. Mens sal sweer hierdie mense het deur evolusie gekom deur bessies en wortels te vreet.

Ek gaan ietsie roggel oor arme hasie. Sien, ek is mal oor hasies jag - dit is hoe ek leer jag het as 'n kind, met 'n boog, in daai wonderlike Universiteit naamlik die Kavango. As jy 'n haas of springhaas met 'n boog kan skiet - dan weet jy, jy kan jag. Hase hier is nie eie aan die land nie - hulle is ingevoer deur die Pommies, net soos die vosse. Die arme mense het hier geland het hulle hasies en vosse so gemis, toe bring hulle dit in. Nie net dit nie, maar die Blackberries bosse ook. Al hierdie goed is 'n plaag in die land - hoort nie hier nie. Mense moor en vergiftig die gediertes - ek is nie een van hulle nie. Ek het iewers Boesman bloed in my. Ek hou van jag, maar ek gebruik alles.

Vandag het ek weer Charlie Chaplin in my voetjies - die groot water is weg, die hasies is uit en ek kan weer gaan jag. Ek is bietjie desperaat vandag - ek gaan die boog wegsit en die .22 vat. Ek wil vinnig 'n klomp hase skiet vir hierdie gediertes wat ek het - die Wolfhounds & die Ridgeback.

Ek gaan na ons Aussie vriendin se plaas toe - vat my net so 15 minute om daar te kom. As dit nie vir die stuk grond was nie - het ek al lankal Daisies gepush. Ek skakel af die oomblik as my boots daar grond vat. Ou Rufus agter oppie bak - hy kwyl al lankal, want hy weet dit is spaghetti bolognaise tyd.

Ek vat die spotlight saam, want ek dink ek gaan sukkel om my 8 hasies te skiet. Binne 'n halfuur skiet ek my 8 hasies vir die honne - ek het nie nodig om in die donker te jag vanaand nie. Ek maak die eerste 4 hasies oop vir ou Rufus - sien hy eet die binnegoed - dit is nou sy spaghetti bolognaise. Ek het geleer dat hy genoeg het na so 4 hasies.

Die ding werk so - Rufus is geleer vir bow hunting. Hy loop aan my linkerbeen - enige gedierte kan uitspring - hy beweeg nie. As hy iets sien of ruik voor my, dan steek hy vas - neus innie lug - dan weet ek daar's iets - dan maak ek my oge skrefies tot ek daai gedierte sien, dan is dit tickets. As ek staan om te skiet, dan staan ou Rufus ook - hy beweeg nie. As ek skiet - dan beweeg hy nog steeds nie. Ek loop dan tot waar die gedierte moet wees - ek gee vir Rufus die bevel - dan begin die hond te beweeg - hy soek daai gediertes tot hy dit kry.

Met die boog jag 'n mens baie net so voor donker. Ek haat dit om 'n dier te verloor - die dat ek altyd 'n goeie hond by my het. My honde word geleer om te spoor en nou en dan 'n iets vas te hou - dit is dit, niks meer nie.

Elke keer as ek iets skiet en weet waar dit is, dan hou ek my stupid. Ou Rufus stoot dan sy bors uit en raak pure bulperd - hy soek en hy spoor. As hy dan vir arme hasie kry, dan tel hy hom op - hasie se pote steek so weerskante van sy harige bek uit - dan kom sit hy ou hasie voor my neer.

Julle weet mos hoe lyk daai 'handvatsels' aan 'n karbattery - ek haal hulle af en dra dit saam met my as ek jag of visvang. Die ding het mos so 'n lekker handvatsel aan - ek ryg dan die dag se vangs en dra dit so saam met my rond. Hier is vandag se 'vangs'.

Foto van die plaas waar ek jag.

Wen 'n Mercedes as jy die stupid parkiet kan sien.

Lekker jag in Aus :unsure: - sal later meer skryf oor die ander gediertes.

Link to comment
Share on other sites

OK, jy kan die Mercedes stuur na no. 12 ..... Adelaide. :ilikeit:

Dankie, weereens interessante storie. Ons katte het so vreeslik hase gejag in Engeland toe ons daar gewoon het. Hulle was die pragtigste, gesondste, blinkste katte wat jy nog gesien het... dit was net nie so wonderlik om die oë en galblaas op die vloer op te tel die volgende oggend nie :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...