Jump to content

"Australian Wave"


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek is nog steeds op vakansie - dit sous nog steeds kabeljoue en ek kan nog steeds nie gaan jag nie. My honne voel seker aan hoe frustreerd ek is - die dat hulle sommer gediertes hier reg voor die huis plattrek. Ek gaan werk vanoggend vir 'n koppie regte koffie - ek gaan koppel Karen se watertenks aanmekaar. Daarna 'n lekka koppie swart koffie - Skotse buns en ham op die Skotse manier gemaak.

Ek is klaar en besig om haar hek oop te maak. Hierdie Aussie vliëe is lastig - hulle sit sommer so swart op my rug en geplak aan my se gevreet. 'n Konkreet trok kom verby - ek gee daai Aussie wave om daai vlëe weg te jaag. Daai trok draai sommer daar by Karen se driveway in en die ou klim uit. Ek weet Karen het geen konkreet bestel nie - ek vra vir hom, "what's up mate???" Neeee, sê hy - hy dog ek roep hom.

Ek dink so by myself - is die ou nou sonsteek of het al die water hier om ons nou water op sy brein veroorsaak. Ek jaag 'n bleddy vlieg weg in die middel van nêrens en een enkele moerse trok jaag van die pad af, want ..... ek roep hom. Ek frons so, ek kry skoon skeelhoofpyn - kan nie die een uitwerk nie. My Aussie vriend Dennis glo vas dat alle concreters in die land nie al hulle varkies bymekaar het nie - al die son reken hy. Ek staan en wonder of dit nie dalk die ou se probleem is nie.

Ek wil nou nie ongeskik wees en vir hom sê ek het net 'n vlieg in sy moer in gewaai nie - dalk begin hy huil as hy agterkom ek het hom nie net geroep nie, maar glad nie eers gegroet nie. Ek vloek hierdie vlëe nou, soos daai Suidwes meisie van my se ma, daar in die Kavango, die vliëe gevloek het. Sien, sy was een van die Pretoria Poppies wat saam met manlief grens toe gekom het - hy was innie Army - 'n PF. Sy haat die Kavango en sy haat die vliëe en M&B oor alles - net soos sommige mense hier in Aus doen. Nou staan ek haar so en kyk in haar kombuis - dan sit daai vlieg op haar nek - dan klap sy haarself amper van haar voete af. Dan sit daai vlieg op haar neus - dan skreeu sy, "vlieg, vlieg in jou moer in" - man, dan proes ek so van die lag en hoes, hoes kamma so. Ek moet haar dit gee, vuilbek en al - sy het 'n baie, baie mooi dogter gehad.

Waar's ek nou - o ja. Die Aussie klim in sy Bob the Builder trokkie en hy reverse - hy beweeg 'n volle 2mm en daar val die hele trok tot op die as in die modder in - reg in die hek. Ek kan nie uit nie - niemand kan uit nie - glo my, jy wil nie 'n konkreet trok in jou driveway hê nie.

Ek sien nou, die ou is sommer goed die bliksem in. Sien, hy vloek nou hier in sy agterkop hierdie bleddy uitlander in sy dinges in. Jaaa, sê hy vir homself - die bliksems kan nie eers ordentlik groet nie - hulle handjies beweeg heeltemal verkeerde kant toe. Nou haal hy so 'n grafie uit - lyk soos die goedjies waarmee my kinners oppie strand speel. Sien - brainless - hy wil nou 'n hele konkreet trok met 'n grafie uitgrawe.

Ek gaan haal vir ou Cavalaro - hy het so 'n lekka grootgat trekker. Ou McNicholsen daag ook op - as julle my plek op GoogleEarth opsoek en julle sien so 'n klomp Tonka trokkies op daai pics, so naby my plek - dit is ou McNicholsen se plek. Man, die ou het speelgoed - allerhande bulldozers en dinge. Hy gaan haal nog 'n trekker. Daar grawe ons nou almal en ek gee hierdie Aussie gal man. Ek vra vir hom of sy ma nie vir hom geleer het om nie vir vreemdelinge te stop nie. Die ander lag terwyl hulle so grawe - later sien ek die ou word so 'n bietjie ligter. Ons neuk Karen se hele driveway op - die wêreld is so nat - daai groot trekkers sit sommer vas - dan grawe ons en trek weer so 'n bietjie.

Uiteindelik is alles klaar en nou moet ek die gemors toemaak. Ou McNicholshen bring vir my sulke lang rubbermatte wat ons tydelik oor Karen se driveway kan gooi. Ou Cavalaro kom skraap alles weer gelyk. Ek gaan steel nog koffie en Skotse vetmaakkos - ek het mos hard gewerk.

Toe ou Bob the Builder so oppad is, toe gee ek hom so 'n laaste een: "Mate if someone gives you the finger again, just wave and keep going"

Julle moet versigtig wees vir daai Aussie wave - kan baie probleme veroorsaak.

Link to comment
Share on other sites

:lol: o hel Mauritz, nou lag ek so, my pelvic floor gaan 'n hele rekonstuksie nodig hê! ;)
Link to comment
Share on other sites

Mauritz ek's saam met Annette die gynies gaan geld maak!!!! Dankie dankie dankie vir jou WONDERLIKE stories!!!

Link to comment
Share on other sites

Goeie een Mauritz!

Dax

Link to comment
Share on other sites

Toe ou Bob the Builder so oppad is, toe gee ek hom so 'n laaste een: "Mate if someone gives you the finger again, just wave and keep going"

Julle moet versigtig wees vir daai Aussie wave - kan baie probleme veroorsaak.

you had me rotfl

Link to comment
Share on other sites

Ai Mauritz. Dis nou 'n storie soos net jy dit kan vertel! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...