Jump to content

Coogee Info needed


Miss Piggy

Recommended Posts

Hi Almal!

Ons is nou 'n volle 3 weke in Sydney en geniet dit VREESLIK baie :ilikeit: Dink nie SA gaan ons gou weer sien nie. Wil net bietjie info he as iemand my kan help: ons bly in Coogee (naby Bondi), weet julle dalk of daar 'n charismatiese kerk in die omgewing is? Iets soortgelyk aan Hillsong? Is daar enige expats in Coogee wat 'n teetjie wil kom drink? :whome:

Vir almal wat nog in SA sit - druk deur, dis alles die moeite werd!:whome:

Link to comment
Share on other sites

Helga, sjoe maar julle is gelukkig om so lekker naby DIE strand in Sydney te bly! Dit kos julle seker 'n arm en twee bene!!........ Ons bly in die Hills - soos jy seker al gelees het op die forum, maar ons wil nog graag die staproete van Bondi na Coogee doen - blykbaar een van die asemrowendstes in Oz - ons kan dan altyd by julle inloer.....

Jammer, ek kan nie help met 'n kerk nie, maar het Hillsong nie ook 'n gemeente in die stad nie??

Link to comment
Share on other sites

Liewe Helga,

Dit is so lekker om te lees hoe gelukkig julle is. Ons het jou sommer baie gemis by die Coffee Club, maar julle is nou daar en dit was julle einddoel! Dankie vir die raad en moed wat jy ons almal gee. Dit is nog 'n lang pad vir ons, maar sien verskriklik uit en kan nie wag nie.

Hoop jy kry 'n kerk. Groete vir jou man en pragtige seuntjie!

Groete Pippa

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie en Pippa

Yip, ons geniet VREESLIK om hier te bly. Kos ons wel twee arms en twee bene :lol: -$270 vir een slaapkamer plekkie en baie primitief, maar dit sal doen vir die begin. Ons het besluit dat hubby 'n househusband gaan wees vir 'n rukkie en ons draai maar die sente om met my nursie salaris. Besluit om in Coogee te bly want dis baie naby aan my werk (Bronte) en ons is nog maar bietjie vreemd in Sydney (ek is nog so bietjie skrikkerig om van publieke vervoer gebruik te maak).:lol: Die strand is absoluut ASEMROWEND :oops: en ons geniet die "walks" verskriklik (dit werk net nie so goed met 'n waentjie nie). Hier is ook om elke hoek en draai 'n parkie met klimrame ens., so Haven dink hy is in die hemel. :lol: Riekie, julle is BAIE welkom om te kom inloer wanneer julle hierdie kant van Sydney is - het net mooi goed van jou gehoor by Madelein, ons wou nog 'n draai kom gooi, maar dinge het bietjie dol gegaan.

Pippa, hoop die laaste coffee club was 'n fees. Ek sal julle regtig aanspoor om nie twee keer te dink om te kom nie. Dis nie alles maanskyn en rose nie, maar die vryheid hier maak dit alles beslis die moeite werd. Nou kan ek met 'n geruste hart se: My seuntjie het 'n toekoms in Australia. Ons volgende stap is om aansoek te doen vir PR - so hou styf duim vas. Dink aan julle wat nog in SA is en glo ons sal sommer vinnig julle in Oz sien! ;)

Groetnis uit koue maar sonnige Sydney!!!! :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Het op Hillsong website hulle Waterloo kampus gekry. So ons gaan Sondag 'n draai daar gaan maak. Thx Riekie vir die info :ilikeit:

PS Ek het nou 'n fototjie ingesit - so julle kan nou sien hoe ons lyk :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...