Jump to content

Asmatiese Brongietus


Ziggy

Recommended Posts

Hallo daar

My seun, 14, het van kleins af asmatiese brongietus gehad. Toe ons in Auckland aanland het dit kompleet verdwyn, net om nou weer hier (Bfn)pos te vat. Hy was so twee maande terug in die hospitaal daarmee en nou weer. Die mense wat in die Brisbarne en omgewing bly. Het julle eninge ondervinding met die soort ding? Wou regtig nie weer die weer in Auckland aangepak het nie, maar as dit nie anders nie, sal ek moet vir my seun se gesondheid en lewenskwaliteit. Miskien moet ek hom en my vrou oorstuur na julle omgewing en sien hoe hulle akkodeer. Ek en my meisiekind sal dan agterbly om te sien waar ons moet heengaan?? Ons het maar besluit om ons huisraad weer vir 'n 3 de keer te pak, hopelik is dit nou die laaste keer!

Baie dankie vir almal wat gereageer het op my vorige plasings. Ek waardeer julle hulp en insette.

Link to comment
Share on other sites

Hi Tukino

Wonder maar net, het julle al ooit met jou seun in die noorde van Natal/Suid-Mosambiek gaan vakansie hou?

Hoe reageer hy? Die humiditeit hier is baie,baie hoog tussen Desember en Februarie.

Op die Gold Coast is daar geen swaar industrie toelaatbaar nie,so daar is min besoedeling.Sal dit n effek he?

My skoonsussie se twee kinders het in Pta veskrikiklik 'gesuffer' met die asmatiese brongitis. Hulle was albei gehospitaliseer daarmee. Hulle het in die 2 jaar wat hulle in Canberra was net twee mild aanvalle met hul seuntjie gehad ,en vandat hulle op die GOld Coast bly-dis nou al drie jaar-nie een aanval nie.

Link to comment
Share on other sites

Tukino, Hallo!

Ek het vreeslik erg gesuffer toe ons in Bloem gewoon het en om die waarheid te se, dis waar ek die eerste keer 'n Asma aanval gehad het. Toe trek ons Pietermaritzburg toe en dit het nogal verbeter, maar die besoedeling was weer daar 'n probleem. 8 jaar terug het ons Engeland toe getrek en daar het my asma totaal verdwyn. Ek dink verskillende mense se longe reageer op verskillende goeters. My Ma byvoorbeeld het nou vir die eerste keer erge asmatiese brochitus, maar woon by die see na sy meestal in die Vrystaat gewoon het. My teorie is dat as jou seun se asma erg is in Bloemies, dit sal verbeter as julle na 'n klammer klimaat toe trek. Moet ook nie vergeet dat hy dalk gesensitiseer is vir sekere plante of stofdeeltjies wat mense in Bloemfontein kry. Ek het gevind al het my asma baie verbeter, het my hooikoors bv. elke jaar erger geword in Engeland, tot dit laas jaar omtrent onuithoudbaar is. Blykbaar raak mens geleidelik gesensitiseer teen die allergene wat in 'n sekere omgewing is as jou immuunstelsel so 'n "ingeboude swakheid" het. Ek hoop maar vir die beste hier in Adelaide - sover het my asma nog nie weer kop uitgesteek nie, maar ons is nog nie lank hier nie.

In kort, dit hang af van of sy asma allergies is of meer volg op oefening, koue lug of so iets. Dis maar partykeer ongelukkig wag en sien met hierdie dinge .... ek eet maar baie "local" heuning hier, want dit bevat klein deeltjies stuifmeel wat blykbaar werk soos "desensitisation therapy". Al werk dit nie is dit darem baie lekker, ek sal enigiets probeer.

Link to comment
Share on other sites

Hallo, julle

Baie dankie vir die terugvoer en raad.

Ja, hy is alergies ook, maar sy alergië hier is vir my minder as in Auckland( Oë nie so geswel en hooikoors baie minder, maar geen asma of bronchitus nie). Moet sê hy gebruik nou 'n neussproei wat wonderlik werk vir die alergië. Ons was al 'n paar keer in Durban se omgewing, Noordkus en Suidkus, maar ek kan nie onthou of hy enige simptome daar ondervind het nie.

Ek dink, miskien moet ek hom en my liefie oorstuur daar na Brisbarne omgewing en laat hulle daar bly, terwyl ek hier alles gepak kry en reël. Sommer maar my meisiekind ook saam stuur, maar net bang dat dit te veel stres op my wederhelf gaan plaas. Sal maar moet sien. Dit kan natuurlik 'n oplossing bied. Stuur hulle net na die vakansie hier, begin Aug en sien hoe hulle vaar. As daar steeds probleme is, dan is al antwoord seker maar weer Auckland. Julle moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek het lekker gebly in NZ, dis net die weer wat my vreeslik misluk laat voel het. Nie so gewoond aan die baie reën en min son nie, maar ek sal maar die keer 'n paar happy pilletjies moet sluk, as dit al uitweg is.

Link to comment
Share on other sites

Tukino, we had friends in Auckland with a daughter that was really battling with asthma, they moved to the Brisbane (live in the South) as the doctor said it would be better for her. I know that she has been a lot better off there, have never heard her mother complaining that she is still having problems. Then of course, Australia is a huge place, if Brisbane and the Gold Coast is a problem, what about the NSW coast or South Australia? I would not suggest Melbourne (greatest place) as I am sure everybody will tell you about our bad weather conditions.

Good luck with your choices!

Link to comment
Share on other sites

Tukino, jong, hier is ek weer met die simpatie (ek klink soos 'n regte krok!) - ek het vreeslik gesuffer met die SAD in Engeland toe ons daar gewoon het - op die ou ent kon ek dit net nie meer uithou nie, na 7 jaar en ek het ook lekker gebly daar. Dis 'n baie slegte ding en mens wil nie elke jaar moet "happy pilletjies" sluk vir die res van jou lewe nie - ek het gevind dit raak erger jaar na jaar. Ek dink ons Suid-Afrikaners het maar die son in ons bloed en "cope" nie goed met sulke donker misrabelike toestande nie. Dis hoekom ons Australie toe gekom het en nie NZ nie, want my man se werk vooruitsigte is baie beter in NZ. Op die ou ent moet julle almal lank kan bly in die plek wat julle kies. Ek kan nie sien dat NZ vir julle 'n goeie opsie is nie, soek eerder'n plek in Australie waar julle almal gesond en happy kan wees - dis lekker groot! :ilikeit:

Dit klink na 'n goeie plan wat jy daar het en julle is baie gelukkig dat julle so maklik kan rondskuif. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die terugvoer. Dit word opreg waardeer. Ek sou nie sê dis maklik om rond te skuif nie, veral vir my. Het hier in Bfn my eerste lig gesien en die eeste keer dat ek getrek het was Auckland toe. My "ribbebeen" is baie gemakliker as die res. Het van kleins af omtrent elke 3 jaar geskuif na 'n ander provinsie/dorp, weg geswot, gewerk en getrou, so sy was gewoond om vinnig aan te pas en vriende te maak, waar ek maar hier my kontakte gehad het, maar ek voel baie gemakliker met die beweging as die eerste trek. Ons het in 2000, Okt ons goed ingestuur, Des antwoord gekry, en Maart 2001 getrek. Toe ons besluit om terug te kom was dit Aug 05 begin praat daarvan en Nov 05 was ons in SA, so dit raak al vinniger. Lyk my hier gaan dit Mei begin dink en Jul daar, as daar nou vliegkaartjies beskikbaar is.... Het egter 'n belkemming om my hart om vir familie en vriende in te lig...Daar is ek nou regtig 'n lafhard. Kan seker maar 'n paar "kappe" maak en hulle ook in jaag en dan die nuus oordra.... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die terugvoer. Dit word opreg waardeer. Ek sou nie sê dis maklik om rond te skuif nie, veral vir my. Het hier in Bfn my eerste lig gesien en die eeste keer dat ek getrek het was Auckland toe. My "ribbebeen" is baie gemakliker as die res. Het van kleins af omtrent elke 3 jaar geskuif na 'n ander provinsie/dorp, weg geswot, gewerk en getrou, so sy was gewoond om vinnig aan te pas en vriende te maak, waar ek maar hier my kontakte gehad het, maar ek voel baie gemakliker met die beweging as die eerste trek. Ons het in 2000, Okt ons goed ingestuur, Des antwoord gekry, en Maart 2001 getrek. Toe ons besluit om terug te kom was dit Aug 05 begin praat daarvan en Nov 05 was ons in SA, so dit raak al vinniger. Lyk my hier gaan dit Mei begin dink en Jul daar, as daar nou vliegkaartjies beskikbaar is.... Het egter 'n belkemming om my hart om vir familie en vriende in te lig...Daar is ek nou regtig 'n lafhard. Kan seker maar 'n paar "kappe" maak en hulle ook in jaag en dan die nuus oordra.... :ilikeit:

Tukino

Dalk, maar net dalk gaan die familie jou die keer verbaas.

Ek hou vir julle duime vas.

Langtermyn is dit die regte besluit.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...