Jump to content

sheila: Rooihuiskraal To Brisbane


sheila

Recommended Posts

Hi almal

Ons het 'n werk offer gekry van Jaws af ek is reg hubby was reg nou sommer net :D

ek is bly julle klompie kan mens so mooi bystaan soos julle met al die doen in die chat room.

ek is bly brissie bug het my vertel ek moet hier kom kyk. dankie hoor. :blink:

my man is 'n meganiese tekenaar en ek is 'n meganiese detailer en 'n assistent apteker en 'n ma en 'n vriendin en , en ,en, maar ons vrouens weet mos die dinge ne! ;)

my meisiekind is 14 :o ja die wat tieners het sal simpatie met ons he sy kom saam.wou nie maar het nie juis 'n keuse nie.

ons seunskind is 19 hy bly net hier :P het 'n trekpleister hier hy swot nog vir meganiese ingeneur.

was dit moeilik vir julle ouens om aan te pas.

ek is een van daai freaks wat alles eers moet uitkyk en weet.

I would like to know that is the goiing rate for mechanical designers, may I ask for money to move from here to Brisbane?

Wat salaris sal mens gemaklik mee kan lewe?

Is die meubels daar duur ek wil nie alles daai kant toe ship nie want my seunskind moet nog hier bly. :P

water en ligte pryse

ag ek het soooooooo baie vrae as enige iemand tyd het en ek kan jou e-mail sal dit great wees :D

enige hulp sal waardeer word

Link to comment
Share on other sites

Hi Shiela

Welkom hier! Ons het in Pta groot geword en ons eerste huis was in Centurion! Woon nou al amper 5 jaar hier op die Gold Coast ( So 50 km suid van Brisbane)

Ek dink jou man se opleiding is baie gesog. Kyk na www.seek.com.au dan sal jy die vakante poste sien en n indikasie van wat julle kan verdien.

Jou 14 jarige dogter gaan dit NIE makliker maak nie. 14 is nie n lekker ouderdom nie,maak nie saak waar mens bly nie.

Beste wense

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila,

Weereens welkom by die forum! Dankie dat jy vir ons so 'n stukkie van julleself vertel het, dit help altyd! Ja ek sien jy't sommer met 'n hele paar vrae afgeskop - ek hoop daar is ander wat ook kan help!

Ek sal probeer om 'n paar vrae mee te help maar ek hoop van die ander spring maar in ook!

Eerstens stel ek voor dat jy bietjie tyd neem om rond te kyk op die forum en ander posts te lees wat heel moontlik verwant is aan jou vrae. Dit is werklik 'n wonderlike bron van inligting. Van jou vrae het al vantevore opgekom (weet nou nie presies waar nie) so spring bietjie in en raak aan die lees.

In jou post noem jy die volgende:

Ons het 'n werk offer gekry van Jaws af ek is reg hubby was reg nou sommer net

Jinne Sheila ek het geen idee waarvan jy hier praat nie, verduidelik bietjie meer?? Wat is Jaws? en waar is hulle kantore (as dit nou nie by seaworld in die Gold coast is nie, waar hulle die nuwe shark tanks het nie??hehe)

was dit moeilik vir julle ouens om aan te pas.

ek is een van daai freaks wat alles eers moet uitkyk en weet.

Vir ons was dit nie so moeilik om aan te pas nie maar elke ou sal dit anders ervaar, daar is heelwat hieroor geskryf op 'n paar plekke, kyk maar self maar hier is 'n paar "must reads":

http://www.saaustralia.org/index.php?showtopic=730

http://www.saaustralia.org/index.php?showtopic=776&st=0

Ek sien jy noem dat jy alles eers moet "uitkyk" - oorweeg julle dalk 'n LSD trip? kyk gerus in die "LSD trips and Arrivals" vir pro's en con's en sommer ander info!

Jou vraag oor die salarisse is soo moeilik om te antwoord want vir een ou is $50000pj billik en 'n ander ou sukkel om met $120000 uit te kom! Dit hang ook als af van waar julle wil bly, of jy gaan werk, bring julle geld in vanaf SA, waaraan is julle gewoond, ens, ens. Kyk gerus op die volgende website rond - daar is baie inligting beskikbaar: www.jobsearch.gov.au en verder op dieselfde site is daar die "job Outlook" funksie onder die "Careers" seksie: http://jobsearch.gov.au/joboutlook/default.aspx

Browse daar rond om die job te kry wat die naaste lyk aan die een wat jy soek en daar sal jy heelwat info oor die job kategorie kry insluitende "weekly earnings". Onthou daar is ook regionale verskille maar dit sal jou 'n goeie indikasie gee. Jy kan dan dit vergelyk met jou man se offer!

Oor die meubels - weereens 'n baie persoonlike ding, my opinie is dat mens so veel as moontlik moet saambring as jy dit kan bekostig, met ander woorde as jy die trek kan bekostig. Dit sal jou heelwat meer kos om 'n huishouding (soos in meubels ens) te vervang hier in Aus (met Aus $'s) as wat jy daar vir dit betaal het. Dis miskien anders as hubby eers begin Aus $'s verdien maar, daar gaan baie ander dinge wees wat julle sal moet koop, so ek sou probeer om my "worries" tov van meubels aankoop so min as moontlik in die begin te hou. Veral dinge soos "white goods" sou ek van SA inbring, ook TV's en ander elektriese toebehore! Daar is ook die sielkundige faktor om in ag te neem, dis immers lekker om ou bekende dinge om jou te he in 'n nuwe land waar alles nuut en vreemd is. Daar is erens anders ook 'n hele paar opinies oor hierdie onderwerp uitgespreek, soek gerus maar rond op die forum jy sal hom raakloop.

Ek stel voor jy vra vir iemand soos Dedrei wat net oor 2 maande gelede hier aangeland het ( in Cairns alhoewel) sy behoort heel "up to date" te wees met die vergelykende pryse.

OK Sheila ek hoop hierdie help om jou darem in die regte rigting in te help. Lekkerbly en sterkte!

Van alles en nog wat BUG!

Edited by chatterbug
Link to comment
Share on other sites

:hug: Baie dankie Qeeunsland girl en Chatterbug

Julle help al klaar baie.

Ek het toe gaan rond loer in die forum jissie dit is 'n great plek om inligting te soek ne :(

Ek het al klaar van die skole opgelees en en en.

Baie dankie

Link to comment
Share on other sites

hi Chatterbug

Jong jaws is 'n company in brisbane wat myn bakke en maak my man moet dit kom design vir hulle

dankie vir al die inliging waardeer dit baie :hug:

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar...ons het in Lynwood gebly, maar ek stem saam met Bug...lees, lees en lees....ek het ure op die net deurgebring en nagte deur lysies en budgets gemaak. As jy weet waarheen jy gaan op die einde kan jy daardie plek se council kontak..hulle kan jou meer n idee gee van wat die water en ligte gaan kos. Party plekke gebruik gas ook vir stowe en warm water. Vra as jy tariewe uitvind.

ummm...,meubels het ons saam gebring want vir ons het dit duurder uitgewerk om dit hier te vervang.

As jy oorkom vir n LSD gaan doen "inkopies " by Woolies en Coles en skryf die pryse neer ...dit sal n aanduiding gee van wat jou maandelikse groceries sal kos.

Vra maar weer as jy nie duidelikheid het nie :hug:

Link to comment
Share on other sites

Dankie ASP

bly om te hoor hulle het 'n woolies daar ander sou ek seker mal geword het :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila

Sorry to disappoint you, but our Woolies here is not the same as your Woolies in SA. The Woolies here is just a supermarket, they only sell food, nothing else! There is absolutely no comparison!

Link to comment
Share on other sites

Ja dankie tog dit is nie dieselfde nie, hierdie Woollies hier is baie beter op my kredietkaart.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...