Jump to content

DAAI Growwe Antie met die Uitpeuloë Pugs


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Julle dinks seker ek is teen die tyd, so naby Kersfees, al klaar met daai growwe Aussie antie. Nooit nie man, ek dink nie sy gaan ooit weggaan nie - sy gaan by my bly in die middernag totdat ek in daai kis lê met stringe knoffel om my se nek. Ek is seker sy sit snags haar Liewe Heksie hoed op en vlieg op 'n besem in haar blêddy shed rond. Daai twee pugs is dan aangetrek soos daai gifappeltjies, Borrie & Kerrie - en sy gooi spels op my vir die volgende 10 lewens.

Ek het haar laaste stupid star pickets met 'n smile die grond ingem@er en gehoop dit is nou die einde. Nee wat, nou bel van hierdie Aussies wat die storie ken my nou. Baie ernstig, stemme vermom - vra hulle nou vir my of ek hierdie spesiale heinings doen - hierdie wat sonder draad werk, wat net sulke mooi reguit star pickets in het. Hulle het nou kamma 'n Pug hondjie wat hulle wil binne hou - draad is blykbaar nou te lelik - hulle wil nou net star pickets hê. Man, dan vloek ek hulle nou heeltemal in daai grys mêrrie se ma in. Hulle rol dan seker te lekker van die lag.

Nou die dag ry ek verby en ek wil 'n foto met die Digitalis vir julle neem - ek wil nie stop nie, dalk storm sy dalk weer met 'n VB of 'n glas dooswyn uit. Nou mik ek so met die Digitalis, maar dan sak my moed sommer - ek sien visies van haar wat agter daai blou shed uitspring en my 'n lekka middelvinger gee. Nou los ek dit maak - moet nie komkommer nie - ek sal daai pic van daai antie se shed, se lelike karavaan, se seekoei gat en se blêddie star pickets vir julle neem.

Ek praat mos baie van die uitpeuloog pugs en hondjies wat 'n mens se been so ry. Ek weet wat julle dink - julle dink ek wil net iets snaaks skryf. Neee wat - julle het alles verkeerd - weereens - ek sal vir julle die WARE storie vertel.

Ek is so 'n jong testosteroon tiener - ek ken hierdie mense met 'n baie, baaaie, baaaaaaie mooi dogter omtrent my ouderdom. Sien, alles klink mos nou so skaam, skaam romanties. Daar is een probleem - klein Satan leef in daai huis en sy naam is Pompie - so 'n grillerige uitpeuloog dingetjie met 'n plat neus - so 'n plat gevreet hy kan nie eers uit 'n bakkie vreet nie - hulle moet vir hom kos uitgooi op die gras - dan snork, snork hy so en vreet homself dik. Sien, julle weet wat aan die kom is.

Ek kom by daai mense aan, man, so lekker gepolish - ek blink soos Oom Sarel se skouperd - net tanne waar jy kyk en maanhare gekam - ek pronk wyd en syd. Ek stap by daai deur in, vol testosteroon, tiener skaam en daar staan sy - daai mooi meisiekind - my hele lewe is voorkant toe gemaak - daar is geen probleme vir die Casano nie. Die Duiwel sien my en daar kom daai klein str@nt - gryp my so aan my mooi skoon langbroek en begin daai walglike aksies hier op my kuit uithaal. Ek skop my been uit soos 'n volstruis in paartyd en sê: "Foei hond, foei." Satan se kop werk mos anders en sien dit as aanmoediging en daai klein pes werk my been van alle rigtings af. Daar staan daai mooi meisiekind daar innie hoek en giggel so - man, die vloer wil net nie vêr genoeg wegsak nie. Haar mooi ma staan daar en kruip agter haar hand weg en pa proes, proes so tussen die : "Voert Pompie, Voert Pompie", wat hy nou so kamma ernstig probeer uitkry. Ek sweer hy het daai bloody platneus gevreet geleer om so sy mooi dogter te beskerm.

Daar is niks wat ek kan doen om daai gedierte van my been af te kry nie - lyk of ek 'n nuwe brickdans uitgevind het. Ek sweer hy het die pooitjies van Spiderman - ek kan 'n volle marathon gaan hardloop en aan die einde sal hy nog steeds aan my been vaskleef. Mens sal nou dink dat hulle die vieslike hond buite sal gooi - neeeee wat, die ding bly nou daar in die sitkamer. As ek gaan sit en net so amper kan asemhaal dan kom die duiwel weer vir my been en alles begin van voor af. Die hele aand is 'n gemors - my hele lewe is nou in flarde - môre weet die hele dorp van my nuwe liefde - 'n platneus gevreet.

Nee wat, van daardie dag het ek 'n vrees vir hierde vieslike gediertes. Ek het leeus gespoor in Suidwes, luiperds gejag - daai katjies is niks nie man - ek slaap lekker snags daar in hulle wêreld. As ek in die straat afstap en een van daai vieslike hondjies eye my so met liefde in daai uitpeul ogies - dan begin my broek bewe en ek dink aan daai mooi meisiekind wat ek verloor het.

Sien - daai eerste dag stap ek by daai growwe antie se deurmekaar shed in - sy skreeu: "Close that door for my babies" - in 'n splitsekonde weet ek - nou moet ek hardloop. Ek kyk so rond en daar kom die duiwel vir my - so snorkerig en knorrig - 'n opregte Pug met uitpeul oë. Ek kan op niks spring nie, want alles is deurmekaar in daai shed. Daai vieslike dingetjie het my sommer aan my 'boot socks' beet en werk my enkel so - my kakebeen is sommer uit lit uit. Ek probeer skreeu, maar kan nie 'n woord uitkry nie. Dit is hoekom ek nie weer in daai blou shed wil ingaan nie. Die ander dag toe ek daar gaan werk, vat ek vir Rufus saam. Ek sê vir haar - hy laaik niks van klein hondjies nie - hy vreet hulle sommer op. Toe hou sy daai Pugs daar in die blou shed en ek kon ten minste iets gedoen kry.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Jissie Mauritz, hier lag ek dat die trane rol!!!! Klou klou hulle die dem ketools goetjies!!! LOL!!! Yep, hol maar daai maraton, hy gaat sit!!!

Pleks jy daai tyd vir Rufus gehad het!!

Link to comment
Share on other sites

Hi M,

Ek het rerig nou lekker gelag!!! :D

Ek het so 'n bliksemse Jack Russel wat dieselfde k*k uithaal - en sy's nogal 'n teef ook!!!! :D

Sterkte my ou maat - ek het simpatie met jou!!

Link to comment
Share on other sites

Mauritz wil net vir jou se ons het pugs gehad in RSA - swart ene syne se naam was Tyson - baie lief vir bier en biltong - sy vroutjie se naam was Schekels - baie geld gekos - puggies is oulike goed maak net maatjies volgende keer as jy gaan kuier deel jou bier en jou biltjong

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...