Jump to content

Sommer net nonsense op 11 November 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 11 Desember 2007

Is nou 12:47 in die nag. Nie in die dag nie, nee, pikdonker nag. Kan al weer nie slaap nie. Hoekom? Want my bloed kook en wil maar net nie afkoel nie. Want sien, selfs hier in Kanaan gaan dit maar partykeer woes.

My probleem is dat ek verleer het om te vloek. Julle onthou mos dat ek vir 2 minute aan mekaar kon vloek en nooit dieselfde ding twee keer seg nie. Hier is dit nie nodig om te vloek nie want hier is nie iemand wat vir my sê as hulle my skade aangedoen het “sorry baas”

Tot vandag. Ek gaan more al my Afrikaanse vloekwoorde weer uithaal, afstof en in Ingels vertaal. Ek moet daai wapen in reserwe hou want ek rook ok mos nie meer nie. Ek kan nie wag om die Ingelse se gesigte te sien as ek met my rympie lostrek nie. Ek gaan soos “Mannie Pretorius” eers in Afrikaans vloek. Dan in Zulu en laaste in Ingels. Hulle sal al sien hier kom moeilikheid as ek begin spoeg en blaas.

Tot vandag. Nou hoekom dan so? Vra julle. Want ‘n donnerse Ozzie het my siel vandag weer hel toe gesleep en ek het amper ‘n koronêr geskiet. Ek kry ‘n SMS om op DIE KRIEKET VELD TE GAAN TOETS. Ingels natuurlik. Watter veld, wonder julle? DONALD BRADMAN se veld natuurlik. Ek is jammer as julle nie weet wie hy was nie, want dan wys dit julle weet niks van krieket af nie. Ek bel die nommer wat verskaf is. Geen antwoord. (nie vir Donald nie, die lyne loop noggie tot daar nie) Ek bel ‘n tweede keer. Hou aan totdat ‘n voice mail vra wat is my storie. Ek state my case en wag. Niemand bel terug nie. Ek klim in my Ute (hier het ons mos nie bakkies nie, maar Ute’s) en ry na die stadion. Daar gekom, sien ek iemand is alreeds besig om te toets. My moermeter begin klim. Ek betaal alreeds $35 vir die leidraad en hier toets iemand anners. Ek vra waar is die supervisor (hulle het nie voormanne nie want dit laat hulle aan hulle voorsate se bewaarders dink) Die perd is besig om op sy mobile te praat (o ja, ons het ok nie Selle nie, maar Mobiles) Hy sê vir iemand dat hy al reeds ‘n toetser het en hier kom nog een aan. Hy gee vir my die foon en ‘n vroumens begin my uitvreet. Hoe durf ek sommer by die veld opdaag. Sy wou net ‘n telefoniese kwotasie by my gehad het. Ek vra haar hoekom beantwoord sy nie my oproepe nie. Toe moet julle haar hoor. Sy seg vir my sleg omdat ek dan kwansuis vir haar haar besigheid wil leer. Ek maak toe soos ek met my vrou doen. Ek klap die mobile toe en gee dit vir die supervisor terug. Ek maak toe ongelukkig die opmerking dat ek wonder wie vir my gemorsde tyd gaan betaal. Ek draai om en stap weg. Sy mobile lui weer en dit was seker sy want ek hoor hy sê dat ek weggeloop het.

Op pad huis toe kry ek weer ‘n SMS van die call centre. Die klaagster kla nou erg en sy wil prosedeer. Want, ek gaan haar charge vir ‘n kwotasie. Toe is my moer in die rooi. Vergete is my dokter se instruksie van “take it easy Jahn” Ek wil net my Franchisor bel toe lui my foon. Dit is toe hy want die call centre het hom laat weet hier is moelikheid in Kanaan. Ek vertel my storie. Sal hy nie wragtig vir my sê dat ek haar weer moet bel en apologize. Toe verlang ek na die plaas en om kudus te jag.

Mak soos ‘n lammetjie seg ek toe ja. By die huis probeer ek haar weer twee keer bel an los toe maar ‘n boodskap wat dalk apologeties kan klink. Ek wou my ruimpie vir haar ook opsê in Afrikaans. Maar, sy is die tipe wat ‘n vertaler sal kry en dan bars ek eers as sy hoor waarheen ek haar ooral gestuur het. Maar, dit is nie te sê dat al haar honde en katte nie bose swere gaan kry nie. Sy sal ook wonder oor die pyne wat nou skielik in haar posterior uitslaan.

“Moral of the story” Selfs Kanaan het maar sy moeilikheid.

Kersfees is hier. Ek wou nog vir julle almal ‘n kaartjie stuur om te wys hoe goed dit met my gaan. Ek sal nou ‘n great Kersvader uitmaak. My maag staat doer maar dit is nie van te veel vreet nie. Dit is omdat ek in simpatie met Ilse ook nou verwag. Verwag. Ja, Ek verwag ‘n Olifantjie. Julle moet sy oulike slurpie sien wat al uitkom.

As ek dalk nie weer skryfkans kry nie. Geseende Kersfees vir julle almal. Ons was Sondag by ‘n Afrikaanse diens en het Kersliedere gesing. Die trane het maar geloop. Dat ‘n ou man nou moet staan en grens. Kan julle dit glo?

My bloeddruk is nou weer normaal en ek gaan slaap. Cheers.

Is nou more, so 15:30. Gou eers ‘n paar pitte gaan maak om die elektrisien more te betaal. Ek laat ‘n power point buite insit om my kersliggies te dryf. In RSA het ek dit sommer self gedoen maar hier sê my landlord as ek aan die krag vat, prosedeer hy. Nou ja ek het na die land toe gekom omdat die reëls nog werk. Dit maak net partykeer my gathare lam oor al die regulasies. Vind nou die dag uit dat ek nie eers my bakkie wat breek self mag insleep nie. Die RAA sal iemand aanstel en jy moet maar uithaal en wys.

Ek is mos nou in kompetisie met Murray oor wie die meeste geld het. AAg ek bedoel wie die meeste liggies het. Ons koop net bargains waar ons kom en hulle moet op. Ek het nog niks oppie, maar ek het al duisende liggies. Hoop om die naweek ‘n paar op te kry. Ek moet nog eers gaan help trek. Dit word mos van ‘n ou verwag om jou kragte gratis aan die familie te verskaf. Ek het nuus vir hulle, ek dryf net en suip die bier op. Ek meen te sê, ek het ‘n belangrike en verantwoordelike werk om as drywer op te tree. As die bier begin trek kan ek ook altyd “gesuip” skrou en die joppie aanpass.

Verder vreet die voorspoed en vetterigheid my op. Die rykmans siekte van gout wil maar nie by my verby gaan nie. Ek koop juis goedkoop liggies om te wys hoe arm ek is maar die gout pes wil my nie los nie. Ek het ook wyn laat staan gooi liewer ‘n goeie whiskey. Goed virrie cholesterol, hoor ek. Moet ook net single malt Irish wees om te werk, so hoor ek. Ek hoop as die cholesterol weggespoel het en die bloed loop dat dit bars, sal die gout ook die wyk neem. Ander sê weer, water is die oplossing. Mag wees. Ek gooi dit maar innie whisky.

In elk geval. Weereens geseend wees en maggie die voorspoed julle nie ok opvreet nie.

Ek dink en drink ook ‘n dop op BOU RAATH wat ons verlaat het. Ook voorspoed vir Gerrie en Anita wat een vannie dae niere omruil.

Gegroet is julle.

Edited by Jan Stoof
Link to comment
Share on other sites

Aaag Jan, soos die lewe soos die lot!! Nou gaat jy nog met 'n bleddie olifantjie opgeskeep sit!! LOL!!

Geseend wees julle hierdie Kersgety!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek het nou so gelag - ek dog ek kraam 'n olifantjie :whome:

Jy's 'n karakter Jan Stoof. Moenie worry oor die 'moeilike' Aussies nie - dit kom en dit gaan. Waar daar mense is is daar probleme, waar daar hayenas is ....................................... slaap jy nooit nie.

Alles van die beste vir die 'happy season'. Ek mag dalk inloer in April met my Arabier meisiekind :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...