Jump to content

Afrikaanse speelgroepie Brisbane


Angi

Recommended Posts

Hi almal.

Ek is geintreseerd met die speel groepie idee. Ek sit met 'n delemma dat ek Afrikaans is en my man Engels. Ons het ons seuntjie 2 taalig gehou tot ons hier gekom het. Vir maande het ons gesit met 'n kind wat glad nie kon kommunikeer met ander kinders nie. Was uit gelag deur maaitjies sy ouderdom. Met die gevolg dat hy meer stil gebly het. Hy was toe omtrend 3 jaar oud.

Ons het 'n gesamentlike besluit gemaak om hom vir eers Engels te hou. Hy is nou 5 en doen baie goed - kommunikeer baie goed. Ek sal graag vir hom nou wil begin blootstel in afrikaans soos hulle met ons op skool gemaak het en engels geleidelik geleer het. Maar ek is 'n bietjie clueless :ilikeit: oor hoe ek moet te werk gaan. wil stadig net begin afrikaans met hom praat en het afrikaanse boeke en DVD's maar hy sal ander blootstelling moet kry

Sal graag die Afrikaanse groepie wil join

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 53
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Angi

    10

  • CraigAndMel

    7

  • Dedrei

    5

  • chatterbug

    5

Hi Angi. Ons hopelik volgende jaar in Brissie. :ilikeit: Sal graag by jou speelgroep wil aansluit. Sal die post save en as ons daar kom jou kontak. Julle moet solank lekker speel en kuier. Hoop jul het rooibosteetjies...... :ilikeit:

Vlam

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hello Angi

Ons kom in Oktober Brisbane toe. My seuntjie is 14 maande oud en ek is 6 maande swanger met no 2! Die 2de een gaan 6 weke oud wees as ons oorgaan. My seuntjie is op die oomblik in 'n Engelse kleuterskool en baie social. Ek het nogal gewonder of daar speelgroepies van ander SA-ners is. As julle nog nie iets formeel gereel het ivm 'n speelgroepie nie kan ons dalk bymekaar kom vir 'n 'playdate' of iets met ander ma's. Dit is altyd lekker om met ander ma's te praat oor kiddy issues terwyl die kleintjies speel.

Ons het Italiaanse vriende hier in SA. Hulle praat met hulle ouers en huisvriende Italiaans en dan Engels met die res. Ons beplan dieselfde met ons kinders en Afrikaans.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ons gesinnetjie kom aan in Brisbane op die 16'de Junie!

Ons het 2 kinders n dogtertjie van 4 en n seuntjie van 1 jaar. Ons is baie opgewonde oor die moontlike bestaan van n Afrikaanse speelgroepie.

As daar so iets op die been gekom het sal ek waardeer as julle vir my die inligting kan aanstuur.

Trots Afrikaans

PS n Portugese vriend wat op 7 Suid-Afrika toe gekom het, het die ander dag vir my gese. Dit was baie moeilik vir hulle as kinders om nou uit te vind waar pas hulle. Is hulle Portugees, Afrikaans of Engels. Eendag het iemand vir hom gese - jy is n Portugese Suid-Afrikaner - wees trots op altwee. Ek dink ons word nou Australiese Afrikaners. Ek is trots op altwee!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...