Jump to content

Kersliggies ,ride on, en sommer vakansie


chester

Recommended Posts

Nou sien daardie rooi Toro rideon het so 'n paar weke terug gekalf, ons los hom sommer daar in die paddock miskien wil iemand hom vat :ilikeit: Die het ons present gekry van 'n ozzie boervrou. Sy het lekker op 40 acres met boerbokke geboer en aan die kondiesie van die rooi maskien, het sy net belts verander as hulle breek. Na 13 jaar se mishandel wou die Toro nie meer nie. Soos nou bekyk ons John Deers, Huskys en Toro's, so ver is Huskys voor, genoeg perde en baie plek vir die vet antie met die seer knug om in te klim. Hulle will net almal 'n free trailer weggee as jy nou koop. Ons sal moet plan maak dit het gereen en die gras is klaar lank. Ontmoet toe sommer 'n paar saffers daar, sy's nice maar hy het 'n attitude problem, miskien omdat ons albei ons werks klere aangehad het weet ek nie. Hulle kom van die hills, ek vra nie eers hulle no nie.

Ons maak toe vir die naaste pie shop, en vind toe die "African Delights" shop in Dural. Man dit is nou regtig oulik, het sommer alles daar, wors, droe wors, ouma se beskuit, mooi goedjies vir die huis, music etc. Sal maar nog my eie biltong maak want dit is baie goedkoper. Hulle het Gems! :) Nou gaan ek weer die seeds uitdroog vir voldende jaar se plant, en die mense wat 'n paartjies wil he om te plant , laat maar weet hoor. Die gems gaan lekker aan by die plaas, blommetjies en klein gems so 2 duim groot.

Manlief ry na die Nursery want ek soek vrugtebome, appelkoos en swart pruimme :( , geen geel perskes of quince nie :blush: Ons het nou al vye, bananas, 6 x citrus, grinadellas, olywe, perske, peerboom en Prickley pears. My ouma was 'n regte skaap boer tannie wat kon slag, biltong maak, haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Ek het vir weke by haar gekuier en geleer om botter te maak, koskook sommer alles. Sy sou nou sommer baie trots gewees het.

Die vakansie gaan ons hoenderhok bou, water tanks op sit en nog heining bou, het 79 post om te plant, sommer baie werk. Soos Mauritz gese het baie treechanges het net 'n shed of karavan om in te bly, moet nog huis bou. Miskien kry ons 'n kans om Dew fish te gaan vang. Maar ons sal 'n lynjie nat maak daar by die rivier vir Bass, so vroeg oggend met 'n vles koffee en beskuit.

Maar eers gaan ons Brisbane toe vir Kersfees, om die kleinkinders te sien. Mannetjie gaan skool toe volgende jaar. Hier in OZ is Kersfees te mooi met al die liggies, die tuine en huise word verlig met fairylights,ropelight, Santa's etc. Hulle hou skoon kompities vir die mooiste display. Mense ry straat op en af om dit te sien, almal staan en praat met mekaar, hoe lekker.

:santa: Geseende kersfees vir almal en mag julle veilig bly. Sterkte aan die mensies ver van die huis en familie, ek dink die telefone gaan vuurwarm wees. ;)

Groete

Rina & George

Link to comment
Share on other sites

Dankie Rina en George, julle moet ook 'n lekker Kersfees hê saam familie! Dis ons laaste Kersfees in SA. Volgende jaar moet die familie maar kom kyk hoe lyk Oz!

Seenwense,

Elize

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die wense julle twee - julle moet lekker kuier en hoop julle het ook 'n mooi vreedsame Feestyd saam me tdie familie.

Netsoos Elize, is dit ook ons laaste Kersfees in SA. Die familie het noual so streep-streep hier aan gekom die afgelope 2 naweke. My Swarie gaan sommer al in Januarie hulle kaartjies bespreek vir Kersfees volgende jaar by ons in Oz. Is dit nie cool nie?

Soos julle weet, gaan ons daai plot kom explore!

Lekker bly!!!

JJ

Link to comment
Share on other sites

Hi KD en ander vissermanne,

Gaan na www.ausfish.com.au/images/twojew.html .......... as ons so 'n paar menere vang dan sal ek van oor tot oor smile :D sal maar die kamera moet saam vat anders sal julle dit nie glo nie. Wie kyk vir Rex Hunt fishing, weet nie of ek die vis 'n soen sal gee nie :o

Jew fish can be taken from the ocean, rocks, beaches and estuaries. Best to fish on the rising tide or after sunset., using live mullet, tailor or pilchards. Also known as Mulloway (Argyrosomus hololepidotus) wat 'n mond vol. Known as one of the best eating fish.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...