Jump to content

Baie opgewonde oor die klein vordering


Nicolaas

Recommended Posts

Ons is deur n tyd van baie onsekerheid,maar het uit die bloute goeie nuus gekry. Ons het heel onverwags gehoor dat ek kwalifiseer vir n REGIONAL SKILLED SPONSORED VISA TO WESTERN AUSTRALIA. Die roete wat ons nou gaan volg is ook om werk te gaan soek as ons daar is....ons hoor egter dat daar baie werk in my beroep beskikbaar is in WA,en probeer om nie te paniekerig te wees daaroor nie.

Dit is immers een tree nader aan die doelwit...om daar te land. Dit sou nogal lekker gewees het as "iemand" langs my kon staan om my te verseker dat dit die regte ding is om te doen. Maar ek neem aan dis normaal om so te voel. En tog, in die mengelmoes van gevoelens, het ek en my vrou die vrede en gerustheid wat alle verstand tebowe gaan, dat dinge vir ons sal uitwerk.

Dit is vreeslik lekker om te deel in die forum,want hier vind ek telkemale die moed en spoed wat ek benodig om aan te gaan met die frustrerende proses.

Wat ek dus wil se: Baie,baie dankie vir almal se gebede en bemoedigende woorde....dit gaan nie ongesiens verby nie.

Groete

Nicolaas :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Nicolaas!

Jinne, ek weet presies hoe jy voel - elke klein stappie is 'n stappie nader aan wat ek gedoop het "Die Beloofde Land"...

Ons is ook nog net in die beginstadiums van die geveg en onder kontrak waar ons is tans - ons hoop om teen volgende jaar dietyd reeds in Aus te wees, en ek glo tans elke stappie is 'n stappie nader!

Moet oor niks bekommer nie - God sal voorsien!!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...