Jump to content

Herfs in die Hills.


Blossom

Recommended Posts

DSC01726.jpg

Hallo almal,

Ek wil julle net wys hoe mooi is Stirling in die Adelaide Hills in die herfs.

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Dis ongelooflik mooi!!! Dink net hoe mooi sal trou fotos lyk met dai blare?

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die mooi foto Kd :ilikeit:

Stirling is seker my gunsteling van al die dorpies/villages in Adelaide Hills - die plek het 'n bekoring soos min.

Link to comment
Share on other sites

So 3-4 grade kouer as onder in die dorp, maar dan ook soveel koeler in die somer maande. Pro's en cons, ne?

Stel jou voor....'n herfs oggend in Stirling of Aldgate, Die rooi, geel en bruin blare wat soos 'n mat op die grond verspreid le. 'n Ou verweerde houtbankie onder die bome, pienk en grys papegaaie wat oral mak rondloop en vrede...algehele, siels vertroostende vrede alom jou.

'n Bejaarde, rustige man stap verby jou, gaan staan en rus op sy kierie. Hy groet en begin gesels met jou, sommer alledaagse gesels en dan stap hy verder. Jy gaan koop vir jou 'n hele pizza oorkant die straat, die pizzaman sit verniet ekstra kaas op en glimlag breed oor jou verbasing. Jy gaan sit weer onder die bome en smul aan die selluliet in 'n boks. Maar niks pla jou nie, dit voel of jy in Nirvana is.

Klaar geeet gooi jy netjies al jou papiere in die drom en jy ruim op vir die volgende persoon om ook die skoon geriewe te geniet. Nou sit en peins jy net...oor die mooi wat die Liewe Here vir jou gegee het om te geniet. oor die verskriklike mooi kleure van die natuur se palet. En omdat jy veilig is en omdat jy nog 'n dag gespaar is om die goedheid wat die lewe bied te kan ervaar.

Dis daar onder die bome dat ek so na aan my Skepper gevoel het dat die trane sommer vanself geloop het. My emosies was in overdrive en die vreemde vrou wat ook daar gestop het, het besorg nader gestaan met 'n "Are you OK, Lovey?" Sy en ek het begin gesels....sy 'n boorling van Australie en ek, 'n immigrant vanuit donker Afrika, het gekliek.

Dis wat die plek aan my doen, laat my skoon en rein voel..gemaklik en tevrede...veilig en rustig.

As julle wil plaas ek later nog fotos van die Hills, Stirling, Aldgate...

Trou foto's, doop foto's, gesins foto's, Ouma en Oupa foto's in die natuurskoon....kan net pryswenners wees!

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Seblief Betsy! Nog foto's vannie Hills... My sus is ook Betsie! B)

Groete

Nanette

In Suid Afrika is ek Betsie, hier in OZ is ek Betsy. Makliker om te spel en dit lyk of hulle dit beter verstaan. Hier is nie baie Betsie's nie. Net goeie mense se naam is Betsie! :blush:

Ek gaan nie my van se nie maar hier is soveel vertalings van my moeilike van dat ek al skoon vergeet het wat my van nou regtig is.

(VAN....is dit nie 'n snaakse woord nie!?)

KD.

NS. Foto's volg....ek moet eers wag vir seun om te help, Ma is te stupid. Ek is nog besig om te leer van die een ding, dan is daar alweer iets nuuts op die mark. :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hi KD,

Jou foto is pragtig.

Praat van 'n van. Ek het 'n oom gehad wat in die Kaap gebly het. Hy't 'n vreeslike engelse van gehad. Na jare se gespel elke keer as iemand sy volle name wil he, het hy homself van der Merwe begin noem.

Toe hy later jare oorlede is het hulle op sy begrafnisbrief sy volle name en van der Merwe by geskryf. Van die mense op die begrafnis het gedink sy van was sy tweede naam!

Onthou die foto's

Groetnis,

Milo

Link to comment
Share on other sites

Haai julle daar in Suid Afrika,

Hier is nog foto's van Adelaide, soos ek belowe het. Geniet dit.

DSC01182.jpg

Boom in die middel van die pad.

DSC01209.jpg

Rusplekkie onder die bome.

DSC01194.jpg

Mooi!!!

DSC01214.jpg

Tussen Stirling en Aldgate.

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Weet julle, ek kyk weer na die foto's.....nogal nie bad nie, ne? :ilikeit: En dit geneem met my selfoon! Mens hoef nie heeltyd te loop met 'n kamera om jou nek nie, ai die tegnologie darrem! :ilikeit:

KD.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...