Jump to content

Magpie: Nuut in Pirf


Magpie

Recommended Posts

Ons is nou 2 maande in Perth. Was plotselinge van Benoni se wereld, en het eers 'n draai in New Zealand gaan maak. So die aanpassing in die vreemde is nie te erg nie, ons is al daardeur, maar aan die anderkant, 2 maal immigreer in een jaar is rof op die sisteem.

Ons kinders is 15 en 17. Die 15 jarige het klaar voete gevind, en sy plek in die "pecking order" gekry. Die ouer een is die bekommernis. Ons het haar tuis onderrig omdat sy leergestrem (dis 'n lelike woord) is. Sy sou Tafe toe gaan in Julie, maar ons het sopas tot die wrede ontnugtering gekom dat sy nog as "international student" tel, en dit ons meer as 'n nuwe motorkar gaan kos. Nou moet sy iets doen tot ons Permanente Inwoners is. Die gevolg is dat sy nie kontak het met ander van haar generasie nie, en vereensaam.

Verder kla ons nie. Dis 'n wonderlike land, omdat ons enige tyd kan gaan stap en nie saans met die skiet onder die kopkussing hoef te slaap nie. Die Aussies is 'n heel gawe lot, met 'n sin vir humor, nogal.

Link to comment
Share on other sites

Guest Jules

Hi Magpie :(

Welkom by die forum! Ek het ook vir 'n paar jaar in Benoni gebly (1991-1993). My man het daar grootgeword en ons het nog ons huisie daar in Wordsworth Avenue, Farrarmere, net langs die hoërskool. Ons is nou al amper 'n jaar en 'n half hier in Brisbane en geniet dit gate uit :ph34r:

Julie :D

Link to comment
Share on other sites

Lyk my almal bly op een of ander stadium in hulle lewe OF in Benoni OF in Centurion..... :ph34r: Ons was ook vir 'n paar jaar in Benoni. Ek was die laaste 2 jaar van skool daar, en my man sy hele lewe! (Dalk moet ek 'n boek skryf: Skoolliefde blom in Benoni..... hie-hie!!)

Ek dwaal nou van die onderwerp af. Ek kan verstaan hoe jou 17jarige voel - my seun was 18 toe ons hierheen gekom het, en hy het regtig swaar gekry. Hy het pas sy matriek in RSA voltooi en het geen vriendekring hier gehad nie. Hy het so gewens hy kon weer sy matriek doen hier in Oz, net om weer met jongmense van sy ouderdom te kon meng en 'n vriendekring op te bou.

Die skole hier in Oz maak regtig baie mooi voorsiening vir kinders van ALLE "abilities"! Jy moet dit dalk regtig oorweeg om jou kind in die skool te sit. In my dogter se skool is daar selfs kinders wat serebraal verlam is en kinders met spesiale behoeftes. Elke kind word volgens sy/haar eie vermoëns onderrig - regtig! As jou kind kan TAFE toe gaan, kan sy mos skool toe ook gaan? Dit is net 'n voorstel wat jou kind dalk baie sal help, maar jy as ouers weet wat die beste is vir jou kind. Stertke vir julle - ek dink aan julle!!

Link to comment
Share on other sites

Lyk my almal bly op een of ander stadium in hulle lewe OF in Benoni OF in Centurion..... :ph34r: Ons was ook vir 'n paar jaar in Benoni. Ek was die laaste 2 jaar van skool daar, en my man sy hele lewe! (Dalk moet ek 'n boek skryf: Skoolliefde blom in Benoni..... hie-hie!!)

My man het in Benoni grootgeword - sy pa is 'n bekende skrywer - dalk ken een van julle hom. (nou klink ek weer soos een van daai ouens wat, as hulle hoor jy kom van Afrika, se: "my pa se neef Bob bly in Kenia. Ken jy hom?") :(

Baie dankie vir jou raad Riekie. Ons is besig om allerhande opsies te oorweeg. Sy is nie mal oor die "skool" gaan idee nie, sy het bitter swaar gekry in SA. Kinders en selfs onderwysers kan genadeloos wees met 'n afvlerk duif. Dis hoekom ek haar die laaste jaar daar tuis onderrig het. En sy is een van ons hoofredes hoekom ons hier is.

Weet iemand hier in Perth van 'n hotelskool? Iets soos Pru Leith s'n? Nie op Uni vlak nie. Al wat ek kon raakloop was Tafe.

Link to comment
Share on other sites

Die Australian School of Tourism & Hotel Management hou 'n inligtingsaand in die Perth Hilton Woensdag 21 Junie 2006 om 18:30. Hulle het ook 'n "open day" op 24 Junie 10:00 tot 14:00 by Level 1, 641 Wellington Street, Perth (Oorkant die Entertainment Centre).

Hierdie is hulle webadres : www.asthm.com.au of jy kan hulle bel by 9322 3202

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Riekie, baie dankie. Ons het gaan aansoek doen, en sy het plek gekry ('n kansellasie, want hulle was vol). Sy begin 17 Julie, en is baie opgewonde. Nogmaals dankie vir die link.

Ons begin nou rerig tuis voel, met meeste van ons dinge uitgesorteer. Geniet selfs die voetslaan, bus- en trein-ry. Sukkel net om die "convict English" onder die knie te kry, ons kry nie daai twang reg nie. :ilikeit:

Mooibly

Link to comment
Share on other sites

Riekie, baie dankie. Ons het gaan aansoek doen, en sy het plek gekry ('n kansellasie, want hulle was vol). Sy begin 17 Julie, en is baie opgewonde.

Wonderlik!!! Ek is baie bly! :ilikeit::blink:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...