Jump to content

OUTBACK STAN: Homesick


OUTBACK STAN
 Share

Recommended Posts

Hi my naam is Stan en ek dink ek is een van min van der Merwe's in die outback(Broken hill).

Ons het Februarie arriveer. aanvanklik was dit lekker, stresvol exciting ens alles ter selfde tyd. Nou is meeste stres egter verby, die excitement is oor en dis nie so lekker as ek nie al die Rugby, nuus en skinderstories in SA kan volg nie. Ek weet nie of ander wat hier is soortgelyke ondervinding gehad het nie.

Ons het tot self boerewors en droe wors gemaak om ons beter te laat voel.My vrou pas goed aan, maar deesdae is ek vreeslik homesick. Ek mis iets maar ek weet nie eeers mooi wat nie. ENIGE RAAD?

Link to comment
Share on other sites

Jis Stan!

Wat maak jy daar in Broken Hill?

Groete uit Griffith hier onderkant jou!

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hi Stan,

Aggenee. ;) Ek is baie jammer om te hoor dat jy sad is. Jou gevoelens is helemal normaal en ons is almal al daar deur. Alhoewel dit jou nie veel help nie, hoop ek jy kan dalk 'n bietjie troos kry uit die wete dat daar baie mense is wat soos jy voel. Ek is baie bly dat jy hier by ons kom aansluit het en praat oor hoe jy voel ! As jy my thread onder immigration/general gaan lees sal jy sien dat ek juis die afgelope ruk bekommerd is oor mense presies soos jy !! Ek onthou my homesick days van omtrent so 5 of 6 maande nadat ons uit SA weg was. Dit was vir my asof iemand dood is, party dae het ek gevoel ek is self dood !! Ek kom van 'n baie hegte familie, ons is 4 sussies en ons was altyd beste vriendinne. Ek het my familie SO gemis, veral aan die begin. En hoe meer mense vir my gesê het ag jy kan mos bel of email, ens hoe erger het ek eintlik gevoel. Dis asof die realiteit van ons besluit oornag in my maag gaan lê het soos 'n groot ou swaar baksteen. :ilikeit: Ek weet presies hoe jy voel ! My familie was baie ondersteunend van ons trek en as ek met hulle gepraat het, het hulle dinge gesê soos geniet dit, mense sal hulle voortande gee om in Holland te wees, en maak die beste van jou geleenthede... Ek weet hulle het my net probeer opbeur, maar dit het my NOG erger laat voel, want toe is daar nog 'n lagie skuldige gewete ook oor my ongeluk gesmeer... :stretcher: Anyway, gaan jou nou nie vir ure verveel met my probleme nie. Ek probeer eintlik net sê :

Ek is baie jammer om te hoor dat jy alleen en hartseer voel. Ek weet hoe dit voel, want ek is self daardeur ! Met tyd word dit beter en ek het gevind dat hoe besiger ek was veral gedurende die week, hoe makliker het dinge geword. Sterkte, ek dink aan jou. Kom asb terug en chat nog, totdat jy voel jy kan cope, dis nie maklik nie, ek weet !!

Groete uit Korea

Seoul Sister

:whome:

Edited by Seoul Sister
Link to comment
Share on other sites

Dankie

Moenie woory nie ek gaan nie my polse afkou of in n tuinvurk val nie,wou net gehoor het of ander ook so gevoel het. Dit gaan eintlik baie goed, die lewe hier is baie rustig en mens voel net veiliger en meer gerus.

Al probeem is die ver en die vreemd, maar ons is taai , en sal dit gewoond raak.

groete uit die Outback

Hi Stan,

Aggenee. ;) Ek is baie jammer om te hoor dat jy sad is. Jou gevoelens is helemal normaal en ons is almal al daar deur. Alhoewel dit jou nie veel help nie, hoop ek jy kan dalk 'n bietjie troos kry uit die wete dat daar baie mense is wat soos jy voel. Ek is baie bly dat jy hier by ons kom aansluit het en praat oor hoe jy voel ! As jy my thread onder immigration/general gaan lees sal jy sien dat ek juis die afgelope ruk bekommerd is oor mense presies soos jy !! Ek onthou my homesick days van omtrent so 5 of 6 maande nadat ons uit SA weg was. Dit was vir my asof iemand dood is, party dae het ek gevoel ek is self dood !! Ek kom van 'n baie hegte familie, ons is 4 sussies en ons was altyd beste vriendinne. Ek het my familie SO gemis, veral aan die begin. En hoe meer mense vir my gesê het ag jy kan mos bel of email, ens hoe erger het ek eintlik gevoel. Dis asof die realiteit van ons besluit oornag in my maag gaan lê het soos 'n groot ou swaar baksteen. :ilikeit: Ek weet presies hoe jy voel ! My familie was baie ondersteunend van ons trek en as ek met hulle gepraat het, het hulle dinge gesê soos geniet dit, mense sal hulle voortande gee om in Holland te wees, en maak die beste van jou geleenthede... Ek weet hulle het my net probeer opbeur, maar dit het my NOG erger laat voel, want toe is daar nog 'n lagie skuldige gewete ook oor my ongeluk gesmeer... :rolleyes: Anyway, gaan jou nou nie vir ure verveel met my probleme nie. Ek probeer eintlik net sê :

Ek is baie jammer om te hoor dat jy alleen en hartseer voel. Ek weet hoe dit voel, want ek is self daardeur ! Met tyd word dit beter en ek het gevind dat hoe besiger ek was veral gedurende die week, hoe makliker het dinge geword. Sterkte, ek dink aan jou. Kom asb terug en chat nog, totdat jy voel jy kan cope, dis nie maklik nie, ek weet !!

Groete uit Korea

Seoul Sister

:whome:

Jis Stan!

Wat maak jy daar in Broken Hill?

Groete uit Griffith hier onderkant jou!

Hallo Otto

Ek werk by die myn want my brein is klein.(grappie)Ek is n Surveyor hier op Perilya myn hier in Broken Hill.

Gaan nie regtig so sleg nie, n ou kry net soms lus om biekie afrikaans te praat en te braai saam met jou eie mense, die Ausies is baie nice, maar kuier nie lekker nie, hulle het nie eers n woord vir kuier nie. Waar is Grittith

Groete uit Krummel koppie(Broken hill)

Link to comment
Share on other sites

Hi daar, soos SS sê, ons is almal daardeur. Toe ons New York toe getrek het, het ek my oë uitgehuil vir 3 maande. Ek is na 7 jaar nog homesick met tye maar dis by vêrre in die minderheid. Ek dink een van die grootste aanpassings is dat 'n mens nie 'n geskiedenis en 'n verlede het met jou nuwe land nie. 'n Mens moet nog 'memories' maak en dit vat ongelukkig 'n tydjie. Sterkte en ek hoop dat jou dae net beter sal word. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar Meneer Van Der Merwe!

Lekker om jou hier te he. Goed om te hoor dat dit eintlik nie so sleg gaan nie. Ja en al wil 'n ou nie noodwendig jou polse met 'n Mariebiscuit afkrap nie, is daar tye wat mens maar sommer net na dinge verlang. Heimwee, verlange en die nostalgie. Ek weet mens is somtyds ingetune daarop om tough te wees en nie sommer te wil klink asof met moan of ondankbaar is nie, maar dit werk somtyds om sommer lekker sad te raak en dan jou oor te gee aan die nostalgie.

Ou maat ek gaan sommer in sak en as ek so raak. Ek sit soms my beste SA musiek aan drink 'n paar doppe en kyk sommer ou kiekies of so iets. Of kap 'n ou braaitjie aanmekaar, drink 'n ou paar branna's en coke en maak vir my lekker pot mieliepap. Ander tye surf ek die net warm, praat gag op die forums (dis juis hoe ek hierdie forum raakgekuier het) en luister na ander SA'ners se opinies, als terwyl ek na radio hoeveld in die agtergrond op streaming audio luister.

Anyway die punt is ek "immerse"myself in die verlange en nostalgie en vind dat ek sommer netnou-netnou genoeg gehad het en more oormore is ek weer fine. Ek besef gou weer hoekom ek hier is, wat die realiteite in SA is en hoe ek nie regtig sal cope met weer daar bly nie. Ek besef gou dat my verlange meer te doen het met die nostalgiese idee van SA in my kop as die realitiet van SA. Dankbaarheid met my se huidige situasie is 'n goeie antidote tot my "down" tye.

Die forum,veral as jy hom op 'n goeie tyd tref, sal al jou blues sommer gou laat verdwyn, alhoewel jy dalk met 'n onwelkome forum verslawings sal sit - maar hey elke sport het sy beserings!

Lekkerbly!

Blou BUG

Link to comment
Share on other sites

Griffith is so 200km noordwes van Wagga Wagga, ek skat so 300km suid van Cobar, en ek sit hier suidoos van jou in die Riveriena - jy weet daai plek met die lekker wyn en pasta.

Sterkte daar! Ek moet sê ons hier in die platteland het dit beter en slegter, hier is min van jou landgenote, so jy het nie mense om of noodwendig naby jou wat jou verstaan en kan help nie, so jy moet noodgedwonge vinniger inpas.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hallo Stan..van n mede outbacker...vasbyt dit sal weer beter gaan...ek stem saam met Bug...ek doen al die dinge as ek verlang...en dan gaan dit weer goed...

Ek sal gou n wyntjie op jou drink oor lunch tyd...

Uit n blerrie koue Alice Springs :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Lara

It will get better - you just have to get passed the first 6 months which always seem to be the hardest.

Try and meet new people and keep busy.

Hi my naam is Stan en ek dink ek is een van min van der Merwe's in die outback(Broken hill).

Ons het Februarie arriveer. aanvanklik was dit lekker, stresvol exciting ens alles ter selfde tyd. Nou is meeste stres egter verby, die excitement is oor en dis nie so lekker as ek nie al die Rugby, nuus en skinderstories in SA kan volg nie. Ek weet nie of ander wat hier is soortgelyke ondervinding gehad het nie.

Ons het tot self boerewors en droe wors gemaak om ons beter te laat voel.My vrou pas goed aan, maar deesdae is ek vreeslik homesick. Ek mis iets maar ek weet nie eeers mooi wat nie. ENIGE RAAD?

Link to comment
Share on other sites

Stan,

die ding gryp almal maar gewoonlik so om en by die 6-maande punt. Jy's net so bietjie vinnig daar.

Dis maar net die punt waar, soos jy self uit-"figure" het, die opwinding verby is en gewone gesukkel domineer. Dan begin mens verlang. Moenie worry nie.....dit gaan ook verby.

Naderhand verlang 'n mens eintlik maar net na die Kruger Wildtuin en sulke goed wat jy nooit buite SA kan kry nie. Maar jou nuwe plek het sy eie goeie dinge.

Link to comment
Share on other sites

Guest Noeks

I miss the Kruger Park so much today - woke up this morning from a very vivid dream of standing at Olifants lookout and looking down at the river - it was so clear, I felt quite sick (homesick) when I opened my eyes.

Link to comment
Share on other sites

Toemaar Noeks....read all the posts again....you will feel better soon..follow C'bug's advice...

Link to comment
Share on other sites

Guest Noeks

Cheers ASP, just read C'bug's piece again - exactly what I'm gonna do right now - crack a beer and thank God that I'm here - lots to be grateful for... Lv Noeks x

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir almal se bemoedigende woorde, dit laat mens sommer beter voel as jy weet almal het op n tyd so sleggevoel. Ek sal dalk later Perth of Brissie toe trek, maar vir nou bly ek maar hier innie Outback, nogal lekker hier, amper soos die Karoo. Aan almal wat Aus toe wil kom maar nie innie Outback wil bly nie, al kry hulle werk daar, wil ek net dit se, sien dit as jou ticket in, en hou jou oog op die prys , as n mens eers PR het, kan jy gaan waar jy wil. Ek bly eerder in die woestyn as in n plek waar dit heeltyd reen.

Link to comment
Share on other sites

Hoor hoor Outback Stan! :hug::(

Ek kan jou uitlating heelhartig staaf. Ek bly baie eerder hier in die boendoes, as in 'n paleis in Suid Afrika, agter tralies... :ilikeit:

Die boendoes groei nogal op 'n mens, en dit is baie makliker om hier werk te kry, en gewoonlik is die geld ook beter. Ons word selfs betaal omdat ons nie in 'n stad bly nie! Julle kry seker ook die "remote living allowance" of wat hulle dit ookal noem?

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Ja en kom tax tyd kry jy n lekker bonus rebate.....Stan dis net soos ons ook beplan het...Dit was ons ticket uit maar ons kan amper trek....nog 4 maande en ons 2 jaar is om

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...