Jump to content

Inligting oor Adelaide


Pippa

Recommended Posts

Hello Marius, Annette en almal in Adelaide,

Ek het 'n paar vrae en ek weet meeste van die antwoorde op my vrae is op die internet, maar ek sal dit verskriklik baie waardeer as julle die volgende vir my kan beantwoord?

1. Is daar baie parke in Adelaide?

2. Is daar 'n trein / publieke vervoer stelsel wat goed werk?

3. Watter woonareas word beskou as goeie woonareas? Ek wil graag 'n idee kry van hoeveel eiendom in Adelaide kos, maar moet darem 'n aanduiding he van watter areas goeie areas is.

4. Hoe is die weer? Ons bly tans in Pretoria en hou van die weer, maar sal ook nie omgee as dit koeler is nie.

5. Hoe vergelyk lewenskoste in Suid Australie met die van Suid Afrika?

6. My man is 'n prokureur en ek 'n marketing specialist. Alhoewel my man nog nie toegelaat is as 'n solicitor in Oz nie, gaan hy heel moontlik vroeg 2007 toegelaat word. Dink julle daar sal genoeg werk vir ons wees?

Enige, enige hulp, raad en inligting sal baie waardeer word!

Ek sien uit om van julle te hoor.

So baie dankie en lekker dag verder!

Groete, Pippa!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Pippa,

Ek het 'n klompie inligting per e-mail aan jou gestuur. Laat weet gerus as jy nog inligting benodig.

Groete en sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Hello Marius,

Ek het die inligting gekry en het vir jou weer geemail. Baie dankie vir al die inligting, ek waardeer dit baie!

Groete, Pippa

Link to comment
Share on other sites

Hallo weer Pippa! (hierdie keer in Afrikaans) :rolleyes:

Hey Marius, jy kroek! Hoe moet ek nou weet wat jy se agter my rug ? ;)

Ek sal maar hier antwoord ingeval ander mense ook dieselfde vrae het:

1. Ja daar is baie parke in Adelaide. Die middestad is omring deur verskeie parke en daar is 'n hele paar uitstekende botaniese tuine: Botaniese tuine Adelaide

2. Die publieke vervoer is uitstekend: Skoon, effektief, betyds en veilig. Daar is gratis busse wat in die middestad vervoer verskaf. Daar is ook die O-Bahn wat vanaf die Noord-Ooste in die stad inry - dis die wereld se vinnigste bus! : Adelaide Metro

3. Kyk bietjie in die ander thread "Adelaide assistance" daar het ek my opinie gegee oor die woonbuurte. Sien ook hier vir informasie: Adelaide gemiddelde huispryse As jy op Google Earth kyk na Adelaide, kan jy ook sien watter buurte lyk meer boomryk of waar erwe groter is, waar meer swembaddens is of wat ookal jy in belangstel.. Hier is 'n kaart van Adelaide vir jou om mee te speel: Adelaide Woonbuurte

4. Ons is nog net 5 maande hier, so kan nie eintlik 'n gebalanseerde prentjie van die weer gee nie. Al wat ek kan se is dat dit vir my baie soos die Kaap is. Ek het daar grootgeword en dis so te se identies, behalwe dat die somer baie warmer was. Baie warm, baie droog in die somer, koud en baie nat in die winter... :P

5. Ek het 8 jaar terug in Suid-Afrika gewoon, so ek kan nie eintlik vergelyk nie. Ek was geskok toe ons in Desember vakansie gaan hou het daar. Dinge was verskriklik duur vir my... Die lewenskostes is omtrent dieselfde vir ons hier as dit in Engeland was... behalwe dat huise baie goedkoper is. Jammer, kan nie eintlik help nie!

6. Kyk na Careerone vir 'n idee van hoeveel werk daar beskikbaar is op die oomblik in julle veld. Adelaide is 'n klein stad en daar is nie soveel werk hier as in ander, groter stede nie. Dit sal dalk bietjie langer vat om werk te kry hier, maar die geleenthede is daar... :ilikeit:

Kyk ook na: Wikipedia - Adelaide en Adelaidebrits?. Daar is baie informasie op die Adelaidebrits FAQ forum. Skink 'n glasie, maak jouself gemaklik en werk sistematies daardeur ... Jy kan dalk selfs een of twee bekende "gesigte" daar teekom :whome:

Sterkte ... :D

Link to comment
Share on other sites

Annette,

Jy is reg, ek het daarna daaraan gedink dat ek dit netsowel kom post. :rolleyes: Ek het dit reeds meestal klaar getik gehad op 'n e-mail wat ek aan iemand anders gestuur het vantevore, so toe stuur ek dit net aan.

I stand corected :ilikeit: Dankie vir jou hulp.

Link to comment
Share on other sites

:( He, he Marius, ek terg maar net ..... ek het gedink jy het dit seker iewers klaar gestoor gehad in jou epos. Goeie idee, iets wat ek moet oorweeg, dan sal ek nie so baie ure sit en tik nie ... :ph34r:
Link to comment
Share on other sites

Pippa, ek het my doodgesoek na hierdie skakel gisteraand, maar kon dit nie toe kry nie:

Lifestyle Tool

Jy moet klik op die "lifestyle tool" boksie en dan klik op "open this tool in another window" onder aan die bladsy. Dit gee jou 'n idee van die lewenskostes. Daar is ook baie goeie ander inligting op hierdie bladsy. Die "everyday life" een is baie goed... :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Hi Annette,

Baie dankie vir die ongelooflike "link". Dit is ongelooflik en gee vir jou 'n goeie idee van wat om te verwag.

Hoop jy het 'n heerlike naweek.

Praat gou weer!

Pippa

Link to comment
Share on other sites

Hi Annette en Marius,

My man wil baie graag weet of Adelaide 'n rugbyspan het. Gee asb vir my goeie nuus!!!

Groete Pippa

Link to comment
Share on other sites

O gaats, nee Pippa, daar is nie goeie nuus nie. :( Ek is bevrees rugby is nie baie gewild hier in Adelaide nie - dis net "footy" (Aussie Rules voetbal). Adelaide het een van die beste Aussie rules spanne in die land en die ondersteuning vir hulle is baie groot. My arme man kyk nou maar na die footie, want ons kan nie Foxtel bekostig nie, anders kon hy daarop na die rugbywedstryde kyk, maar dis maar nog steeds meestal Rugby League en nie Rugby Union nie. :rolleyes: Jy sal hom maar moet begin speen van die rugby af ... ;)

Link to comment
Share on other sites

Pippa,

you can pay $50.95 (R245) a month . . . . cheaper if you live in the some of the suburbs of Adelaide where you may be on cable . . . to get Fox-Tel, which is a satellite reception outside of the metropolitan area.

Two sports channels carry rugby. A third sports channel is completely dedicated to Australian Rules Football . . . a very fast game played on a cricket oval.

Adelaide, Melbourne and Perth are all cities which have Aussie Rules Football mainly. Sydney and Brisbane have mainly Rugby League, which originally was the same as Rugby Union one hundred years ago, but the rules in R.L. have now been 'streamlined' to keep the ball in play more and there are only 13 players, instead of 15.

You can watch all the Super 14 Union games on Fox Sports channel and the international games, especially when the Wallabies play the All Blacks, Springboks and Lions.

Rugby League is played in New South Wales and Queensland and also one Melbourne team, during the autumn and winter months and there is some good viewing on Fox Sports.

Occasionally . . . and only very occasionally . . . there are Rugby games in Adelaide.

I took my wife along to her first Rugby League game which was between Penrith (Sydney team) and Melbourne at the Hindmarsh stadium, here in Adelaide, about two months ago. It was the first Rugby League game to be played in Adelaide since 1998, when the Adelaide Rams was folded up by the Rugby League Super League, as it was called in the late 1990's.

Having been brought up on Australian Rules all her life, I was surprised at how animated she became when the players were running for the try line.

She'd make a good Rugby fan . . . . even if it were Rugby League.

Link to comment
Share on other sites

Dear Bob,

Thank you for the very comprehensive answer. My hubby will be very happy to know that Adelaide might get real proper Rugby League games!

My parents and sister will be visiting Adelaide for 4 days in July and I cannot wait to hear what they have to say about Adelaide.

Thank you once again.

Pippa

Link to comment
Share on other sites

Two Rugby League games are broadcast on Channel 9 (free to air), one late on Friday night and the other late on Sunday night.

These two games are both N.R.L. (National Rugby League) games.

Sydney has a number of teams (Penrith, Wests Tigers, Bulldogs, etc.)

Wollongong, a city to the south of Sydney, has one team

Newcastle, 200 kms to the north of Sydney has a team

Brisbane

North Queensland (the team plays out of Townsville normally)

Canberra

Auckland (the only New Zealand team to play in the Australian league)

Melbourne

. . . . . I know it's not what you're used to watching, but the field, ball, posts, etc. are all reminiscent and it doesn't take a Rocket Scientist to figure out how the game is played, if you understand Union.

Probably the best known Rugby League games in Australia would have to be the three games played each year between New South Wales and Queensland . . . . the 'State of Origin'

The first game has already been played with N.S.W. scoring 17 points to Qld's 16 points . . . . a good game for anyone to watch.

It's the best out of three . . . . and there's not much love lost between the two State teams!

Edited by Bob
Link to comment
Share on other sites

Yes boys, game two is here! !

Go Maroons...!

Wow did I just say that....

D

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...