Jump to content

Jenny: Nuut op die Forum


Jenny

Recommended Posts

Hi Almal,

Ek is Jenny en voor ek enige iets verder doen wil ek net vir Massyn baie dankie sê dat hy my bekend gestel het aan die forum..... daar is so baie interressante brokkies en gesprekke dat ek amper elke dag 4 keer ingaan op die forum om te kyk wat nuut is. Baie dankie ook aan almal se raad en stories na ek bietjie wou gesels het oor familie verwyte vir die wat agter bly in SA.

Ek en my man is nou op die kop drie jaar en ses maande in Sydney en alhoewel ek al baie wou terug trek dink ek my wortels is nou geplant..... ons het 'n 19 maande oue seuntjie en ons dogtertjie is oppad, ek is nou 36 weke swanger met haar.

Ons is van plan om nog een trek te maak Brissie toe om te kyk of dinge nie bietjie meer bekostigbaar daar is nie...... Sydney is darem baie duur! So, 'n bietjie raad sal baie welkom wees.

Groete

Jenny :boxing:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jenny

Welkom op die forum! Ons is ook nou al 2jr 6mde in Sydney en einde van Junie is dit die groot trek na ACT/ Canberra. Ek werk nou al vir 4 weke daar, maar dit is darem net 3 ure se ry van Sydney af. Manlief bly nog hier en sorteer al die dinge vir ons uit.

Canberra is 'n goed beplande "stad" en laat my baie aan Pretoria se heuwelagtigheid dink. Om huis te koop daar is omtrent die helfte se prys van Sydney. Daar is heelwat ruimte, die erfgroottes is grooter. Ek het ook gevind hulle vars groente/vrugte is heelwat goedkoper en ek het op 'n slaghuis afgekom wat die pryse beat in Sydney. Ons het wortel geskiet hier in Sydney, maar as die geleentheid daar is om liewer nie jou keel af te sny met die finansies nie, moet mens dit aangryp. Ek het baie goed aangepas saam met die personeel waarmee ek werk en hulle het na 2 weke vir my 'n permanente pos aangebied. Die "kultuur" van die ozziers is net anders daar en hulle het my met ope arms ontvang. Al wat my bietjie vang is dae soos vandag, wanneer ek my tassies moet pak vir my tog terug na Canberra. Die ryery vang my en die verlange trek hoog hier na Donderdag se kant toe. Ek is op die oomblik 'n "weekend wife" maar dit gaan darem een van die dae verander.

Canberra is wel kouer as Sydney, hulle het 'n definitiewe 4 seisoene in 'n jaar. Ek kan nie wag vir Julie/Augustus nie, dan kan ons bietjie deurry na die berge om te gaan ski in die sneeu. September is dit blommefees - ek kan nie glo dat hulle tulpe plantasies daar het nie... Ek sal foto's begin pos sodra ons eers ingesettel het. Dan is daar ook heelwat "wineries" - mens sien net nie die prieele nie, maar hulle is seker maar daar erens. Ons het baie om te verken, ek sien baie uit daarna. Canberra is heelwat sentraal, 3 ure na Sydney, 4 ure van Blue Mountains, 2 ure van Jarvis Bay, 2 ure na Batemans Bay, 2 ure na die Snowy Mountains en net 7 uurtjies na Melbourne.

Ek het seker nou genoeg vir Canberra "promote". En ek is besig om jou "thread" te steel.

Australie is groot, daar is baie geleentheid en mens moet die kans aagryp as dit na jou toe aankom.

Groetnis hier uit Blektown, binnekort Theodorus...

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hi Jenny,

A very special welcome to you from me ! :sleep1: (Jenny and I have been chatting away behind the scenes already, as we are from the same neighbourhood in Joburg !!). I am glad that you have joined us and look forward to having you around.

Love from Korea

Seoul Sister

:whome:

Link to comment
Share on other sites

Jenny,

Ek is bly jy voel al so tuis hier by ons! :sleep1:

Ek & Manlief het Sydney gekies omdat dit vir sy beroep die beste opsie sou wees (ons moes kies tussen Melbourne & Sydney op daai stadium). Ek was al in Adelaide & Perth ook, en Manlief was al "allover the show" as gevolg van sy werk. Hy sê ek sal mal wees oor Melbourne en hou van Brisbane. Die pos waarin hy nou is, kan ons basies enige stad in Aus bly, so ek hou maar die agterdeur oop. Die lekker van Aus is dat jy kan bly net waar jy wil en dit is elke keer 'n nuwe avontuur! Vir nou is ek 'n (brandarm!! ;) ) Sydneysider maar ek is baie gelukkig hier.

Ek hoop ons sien jou nog baie hier rond (en dankie Massyn dat jy ons forum so "verkoop"!! :whome::ilikeit: ) Hopelik sal jou forum tuiste altyd hierdie een bly!! :D

Link to comment
Share on other sites

Hi Jenny

Lekker om jou hier by ons te he. Ek hoop jy settle sommer lekker hier in! Geluk met die kleinding wat oppad is - ons het ook 'n "bun in the oven" (19weke) en is woes opgewonde. Ja en met die kids oppad kyk mens maar na allerhande maniere om bietjie te spaar en bekostigbaarheid speel 'n groot rol.

Ons is in Brisbane en ek is defnitief bevooroordeeld. Ek het noudiedag 'n SA couple ontmoet wat van Sydney af getrek het Gold Coast toe - en net 2 weke vantevore aangeland het. Volgens hulle kon hulle duidelik 'n verskil agterkom veral tov huispryse, maar onthou salarisse oor die algemeen is ook nie so hoog hier as in Sydney nie.

Dis seker maar 'n trade off. Doen maar 'n bietjie jou huiswerk en vergelyk pryse van die "big ticket" items. Ek en die ander Brisbaniete op die forum sal regstaan as daar enige vrae is!

Lekkerbly

C'BUG

Link to comment
Share on other sites

Hi Jenny,

Welcome, welcome. I see you're also in NSW - if you are near us, maybe we can all get together for a coffee again soon!

Cheers

Ajay

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...