Jump to content

Nog 'n dag Down Under (2)


Guest mauritz

Recommended Posts

Guest mauritz

'n Ruk terug sien ek hierdie 'garage sale' bordjie langs die pad - ek trek af. Daar is net so 'n blou colourbond shed met 'n karavaan langsaan. Daar is 'n baie growwe Aussie antie wat daar tussen alles bly met 2 goedversorgde vet uitpeul-oë-platneus pugs. Dit lyk of sy haar hele lewe lank in 'n pub spandeer het. Ek loop so rond tussen allie gemors wat sy verkoop - ou wasmasjiene, geroeste staal kaste, rolle draad ens. Ek koop 'n ou dingo trap en 'n paar rabbit traps - ek doen 'n bietjie blacksmith werk en koop altyd hierdie ou stukke staal.

Jy kan sien sy het 'n harde lewe gehad - sy vertrou geen siel met testosteroon nie. Ek gesels 'n bietjie met haar en ek kan sien sy vertrou my so 'n bietjie - ek gaan haar nie byt nie. Weke later kry ek haar by die rubbish tip - mens loop almal raak daar. Sy is vreeslik vriendelik, sy vertrou my, maar ek byt nog nie so lekker nie - ek dink sy het 'n groot drank probleem.

Eergister kry ek 'n oproep - kan ek asseblief 'n bietjie fencing vir haar gaan doen. Ek is besig man, ek is maar skrikkerig vir haar - weet nie of sy kan betaal nie - ek probeer hard om een van die ander Aussie fencers aan haar af te smeer. Sy wil niks weet nie - hierdie boer met die broad accent is nou haar ding. Ek gaan kyk vandag - sy sit in die middel van die dag met 'n ou Aussie en VB (Victoria Bitter bier) en drink - ek dink so by myself - hier gaat ons. Hoekom kan jy nie net nee sê nie, jou dom bliksem.

Sy stap uit - VB in die hand en wys my wat sy gedoen wil hê - ek probeer hard om haar af te smeer aan hierdie Aussies. Sy wil niks weet nie. Sy sê vir my, wag net so 'n bietjie en sy gaan shed toe - kom terug met 3 splinternuwe $100 note - hulle is nie eers gekreukel nie. Nou loer ek daai note so - wat smokkel die vrou nou dat sy sulke nuwe geld het. Aan die anderkant voel ek nou baie sleg - sy het seker gesien, ek vertrou haar nou nie. Sy sê - dit is vir die materiaal - sy wil nie 'n receipt hê nie - ek moet net die goed gaan koop en die job klaarmaak. Voor ek nog kan kop uittrek, het ek $300 in my hand.

Ek het my al hoeveel keer so met hierdie Aussies vasgeloop - jy kan hulle nie lees nie. Die wat so suspect lyk, is gewoonlik die wat so eerlik is, jy kan met hulle toor. Aan die anderkant - wie weet - dalk sit sy my nog 'n lekker kop aan. Dalk het sy my gelees - die blikslater wat nie kan nee sê vir 'n growwe dame nie.

Nou ry ek 'n bietjie aan - my sleepwa met al my tools en dinge. My .22 en boog in die ute - my harige lelike hond agterop. Ek gaan na 'n ander Aussie vrou se plaas toe. Sy het haar man verloor en is nie 'n boervrou nie - sy het 2 kinders en ek voel maar jammer vir haar. Ek help haar wanneer sy vashaak - hou haar drade oppie plaas reg - sny al haar bome vir haar af en maak alles reg wat breek. Ek leer haar laaitjie skiet en het hom gevat vir sy vuurwapen lisensie - so ek is enige tyd welkom om daar te gaan 'jag'. Wanneer die lewe 'n bietjie hard raak, dan gaan slaan ek my swag daar op en ek jag hase, vosse, kangeroos ens. Dan maak ek 'n lekker deurmekaar pot - staar na die vuur en drink rooiwyn. Die plek is net om die draai en 'n klein paradys as 'n mens net wil wegkom van die gejaag. Ek is 'n nuwe mens as ek vir so 'n uur gaan loop en hase skiet met my lelike hond.

Een ding van hierdie Aussies - hulle is nie moeilik nie - ek sit net met die bloody plumbers vas. Hierdie plattelandse mense sê nie veel nie, maar hulle is so eerlik as wat kom. Daar is nie 'n druppel arrogansie nie - hulle kla nooit nie, hulle skinner nooit nie, hulle sê niemand sleg nie - hulle vat jou soos jy kom - waarvoor kan 'n mens meer vra.

Ek wil wegkom vir 'n paar dae - ek wil hard gaan jag. Die gejaagdheid het my in 'n hoek en dan vat ek nog 'n kans oppie growwe tannie se job waarvoor ek in elke geval nie tyd voor het nie. Aan die anderkant - sy het hope stories om te vertel - ek kan dit in haar oë sien. Ek luister baie graag na ander mense se stories - ek gaan 'n paar VB's saam met haar gaan drink - sy gaan haar life stories vir my vertel - dalk het niemand nog geluister nie - ek kan dit nie met geld vergelyk nie - priceless.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Jy's inspireerend! Great storie! Ga doen die antie se fence en sluk so paar VB's en ko vertel vi ons!

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hallo Mauritz, toe ek so lees toe dink ek, maar jy laaik mos mense se stories en so is ek ook. EK kan net nie orals gaan waar jy is nie, en so dink ek dat ek mis uit op baie mense se stories....ek dink jy moet die growwe Antie se stories gaan hoor....as sy mooi na haar honde kyk dink ek sy het baie te vertelle. :)

Link to comment
Share on other sites

Ja Mauritz, go for it!! Ons wil hoor!!! :blush::mellow::unsure::):cowboy:

Wie weet wat daar gaan uitkom?????

Dalk erf jy nog!!!!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Nou het jy nog nie 'n paar VB saam die antie geniet nie ?

Hi Mandyl, Mauritz het ons so rukkie terug ghoebaai gese. Hy post nie meer nie. Dalk lees hy nog die forum, wie weet.

Groete, KD

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...