Jump to content

Adelaide short term accommodation


Guest wilna

Recommended Posts

Hi Julle

Ek het nou net bietjie na short term accomadation in Adelaide gekyk en dit is vreeslik duur! :jester:

Die goedkoopste wat ek gekry het is $650 per week. :o

Waar bly die mense gewoonlik die eerste week of so na hulle geland het? Dit is nog 'n paar maande voor ons gaan. Ons hoef nie in 'n vreeslike 'fancy' plek te bly nie net iets dood gewoon.

Kan iemand asb help? :boxing:

Wilna

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna,

$650 per week is nogal duur. Kyk of jy vir Bronwyn kan kontak. Ek weet hulle het iewers in 'n karavaan park se chalets gebly. Weet nie hoeveel dit gekos het nie. Ons het vir die eerste 5 weke $420 per week betaal, maar dit was niks luuks nie :boxing: en kon nie wag om daar uit te kom nie!

Sterkte!

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Ek sal ook 'n bietjie rondkyk en sien of ek iets vir julle kan uitvind. $650 per week is blienkieng duur. (Sorrie vir my 'Franse' aksent :boxing::jester: )

Daar was plekke in Kensington in Adelaide in Wellington Street wat effens duur was, maar dit was gemeubileerd, gerieflik en na aan die middestad en bus roetes.

Dit sal my seker 'n rukkie neem maar ek sal kyk wat ek kan uitvind.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Dax, ek moes dalk gesê het die $650 is gemeubileerd maar dit is nogsteeds vir my duur.

Hi Pippa, ek het so bietjie na chalets gekyk, hulle is so tussen $100 en $200 per nag, maar ek sal vir Bronwyn vra dalk weet sy van goedkoper plekke.

As ons dit moet betaal sal ons seker, dit was net so bietjie van 'n skok. :boxing:

Wilna :jester:

Link to comment
Share on other sites

Baie nuwe mense gaan in 'n karavaanpark tuis die eerste ruk. Ek weet heelwat gaan in Adelaide Caravan Park tuis in Hackney tuis wat op die rand van die stad is oorkant die botaniese tuine. Hier onder is hulle link, die chalets is lugversorg, skoon en daar is 'n swembad en lapa :D letterlik loop afstand van die middestad af.

http://www.adelaidecaravanpark.com.au

Ek weet ook nuwelinge gaan in Glenelg Beach Hostel tuis.Dit lyk hulle kamers is so $ 75 per dag, wat die "going rate"vir karavaan park of hotel tipe baisese akkomodasie is, buite siesoen natuurlik

Hier is die link http://www.glenelgbeachhostel.com.au

Kyk onder www.quickbeds.com.au of www.lastminute.com.au vir inligting oor blyplek, . Die seisoen begin hier die 28 September as die skole sluit, dan kan die tariewe met so 20 of meer dollar styg gemiddeld.

Dit is baie goedkoper om in die karavaan parke of hostels tuis te gaan. Maar, pasop vir enige backpackers, party van hulle is BAIE basies en vol snaakse karakters wat deur die land back pack.Karavaan parke is redelik volop en goeie waarde.

Hoop dit help. Sterkte en laat weet hoe dinge verloop.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Antoinette en Marius, ek gaan definitief nou na al die websites kyk.

Ek bid natuurlik dat ons daar sal wees voor die skole begin in Feb, dit beteken Des of Jan land (juis wanneer alles duur is), maar ons het van die begin af geweet dit gaan nie goedkoop wees nie.

Ons moet dalk maar die eerste twee weke as 'n vakansie sien, by een van die chalets inboek en dit geniet. :D

Dink julle dit sal meer as twee weke vat om 'n huurhuisie te kry?

Groete Wilna

Link to comment
Share on other sites

My ondervinding van sommige Huur agente hier in Adelaide is dat hulle kan soms redelik hard-van-die-dinges wees om vir jou 'n huurplek te gee.

Hulle wil WEET dat 'n menst 'n bona fide betroubare huurder sal wees. Dis sal dalk net 'n goeie idee wees om 'n getuigskrif van iemand soos 'n predikant of werkgewer (in engels natuurlik) te kry wat julle goeie karakter en betoubaarheid bevesig.

Dit klink 'n bietjie "over the top", ek weet, maar dit kan julle dalk net moeite en frustrasies bespaar.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hallo Julle.

Eks mos nuut op die forum, so dus 'n bietjie agter die tyd. Wie is Bronwyn? en hoe kontak mens haar? Ek vind nie so 'n naam op ander links nie. Ek sou ook graag bietjie wil hoor oor goedkoper akkomodasie, vir as ons sake afskop.

Blykbaar is daar moontlikheid vir goedkoper akkomodasie as mens South Aus Sponsorship het, wat ons gelukkig gekry het. By ons is dit mos die werk wat kort. Ek het netnou vir Manlief by Kaapstad lughawe gaan aflaai, hy kom môre in Adelaide aan. (kan smileys nie huil nie?, toemaar ek weet nie eens hoe om die goedjies in die mail te kry nie, sal nog leer)

Ek geniet al die gesels, thanx vir 'n great forum.

Stars ('n ander Wilna)

Link to comment
Share on other sites

Eks mos nuut op die forum, so dus 'n bietjie agter die tyd. Wie is Bronwyn? en hoe kontak mens haar?
Hi Stars,

Here's Bromwyn's profile. On the right side of her profile under the heading of Communication, click on Send a Personal Message, which is abbreviated as a PM in general talk on the forum. This will enable you to send her a message.

If you need more help, let us know.

SAS

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...
short term accomodation

Die adelaide immigrasie dept. bied bekostigbare, korttermyn akkomodasie aan nuwe immigrante. Sien bostaande "link".

Hi Antionette

Ek het Immigration SA se On Arrival Services gekontak, ons kwalifiseer nie vir die On Arrival PUBLIC Accommodation nie. Jy moet glo die regte "visa" hê, ek moet sê ek is bietjie omgekrap, ek dink ons Suid Afrikaners is bietjie sensitief oor diskriminasie. :ilikeit::)

VISA SUBCLASSES: 136, 137, 134, 495 (offshore)

On Arrival Services Available:

Meet and Greet

On Arrival PUBLIC Accommodation

Migrant Employment Consultancy Service

Overseas Qualifications Service

Settlement Orientation Service

VISA SUBCLASSES: 119, 457, 442 and 422

On Arrival Services Available:

Meet and Greet

Migrant Employment Consultancy Service

Overseas Qualifications Service

Settlement Orientation Service

Hulle het darm vir my 'n lys van Private Accommodation gegee, as iemand dit wil hê Pm my net dan email ek dit vir julle.

Groete Wilna :ilikeit:

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Wilna when you know when you are landing, please let us know immediately and we can try from this side to find you something. I am just concerned that it will be right before Christmas when all holiday lets, etc are crazy busy.

Do you have any idea when you are landing yet?

We paid over $650 per week in the caravan park, there is no getting away from it over high season... ;) That was cheaper than the accommodation on the Government list. How do their prices compare?

Bronwyn

Edited by Bronwyn
Link to comment
Share on other sites

Bronwyn

Ons het 'n email van DIAC gekry en dit lyk my ons visas sal eers so teen einde Januarie goedgekeur wees, so on sal seker so teen middel Februarie land.

Ek het gaan kyk op hulle lys die pryse vir 4 persone wissel tussen, (per week)

Caravan Parks $650 tot $820 ($650 dan moet jy 'n badkamer deel)

Backpackers $770 tot $840 (dan deel jy badkamers en kombuis ;) )

Motels $600 tot $930

Serviced Appartments $455 tot $1183

Ek sal baie bly wees as jy ons kan help om blyplek te kry as ons weet wanneer ons land, ek het slapelose nagte hieroor.

Groete Wilna

Link to comment
Share on other sites

Hi Seeya

Nee, ek weet nog nie van ons medies nie, laat weet hulle jou as dit goedgekeur is? Ons nominasie is nog nie eers goedgekeur nie so ek het nog nie eers gedink aan die medies nie.

Ja, ek is ook maar bang alles gaan bietjie stilstaan oor Desember. ;)

Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Hi again Wilna

How do the Government prices look? ;)

If you arrive after school holidays you should have no problems finding something...

Sorry Bronwyn, ek dink ek het nou 'n dowwe oomblik. :)

Die pryse wat ek gegee het is die pryse van die lys blyplekke wat Immigration SA vir my gestuur het.

Ek weet nie waar om "Government prices" te kry nie, kan jy help? (Is dit nie dalk die behuising waarvoor ons nie kwalifiseer nie?)

Wilna

Link to comment
Share on other sites

Sover ek verstaan sal hul mens in kennis stel as medies goedgekeur is.

MAAR nou het ek ook al agtergekom dat mense se visums goedgekeur word sonder dat hul eens weet wie hul CO is en of die medicals goedgekeur is. Dis als maar raaiskote. Ons het nou werklik ge-hurry-up and now we are waiting.

Dis erg né - as jy weet jou familie is gesond, geen kriminele rekord, alle docs is in - sê net JA vir ons. En dan jaag ek spoke op as ek sien hoe baie mense in Adelaide belangstel, dat hul vir ons gaan sê, sorry, die 'kwota' is vol. (weet nie eens of daar so iets bestaan nie)

Sterkte, lyk my ons visumdatums loop so saam-saam.

Seeya

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Wilna - I think we are talking about the same thing. We got offered on arrival accommodation but it was about $100 per night. I think I threw all the paperwork away because now I can't find it. ;)

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi julle, soos julle weet is ons visas toe 22 Nov goedgekeur. Ons land 28 Desember 19H05 die aand op Adelaide. Ek het begin soek na plekke om te bly maar soos ons gevrees het is die meeste plekke klaar vol. :thumbdown:

Ek het ook vir al die karavaanparke emails gestuur, ons wag nog vir party se antwoorde.

Ons kan plek kry by Blue Galah Backpackers in Level 1/ 62 King William St, teen $1584 vir 2 weke, in twee privaat kamers. $1104 vir 2 weke in die dorms. :ilikeit: Ken iemand die plek?

Moet ek dit maar vat of wag tot maandag om te hoor van die ander karavaanparke?

Is daar enige ander plekke wat julle kan aanbeveel, motelle, hotelle enige iets, baie van die plekke gee net 'n tel nr. so ek het nie 'n idee hoe dit daar lyk nie. Ons is nie vol nonsens nie maar wil darm nie saam "creepy crawlys" slaap nie. :ilikeit:

Enige raad sal waardeer word.

Groete Wilna :lol:

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Ons het nou 'n email van Marion Holiday Park in Bedford Park gekry. (Ek dink dis naby Bellevue Heights).

Hulle het vir ons plek in 'n Holiday unit vir $171 per nag. Ken iemand die plek?

So die keuse is tussen Backpackers waar ons kamers en badkamers met ander mense deel teen $554 per week of 'n twee slaapkamer huisie met badkamer, kombuis, sitkamer en eetkamer teen $1197 per week.

Het die Adelaide mense niks raad nie. ;)

Groete Wilna

Link to comment
Share on other sites

Ons het toe a woonstel vir $700 per week gekry. Dis in Kensington Road, het 2 slaapkamers, wasmasjien, tuimeldroër, TV, naby aan die CBD alles wat mens nodig het.

Groete Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna,

Bly julle het reggekom. Dis maar duur so oor die vakansieseisoen, dit was die waarskuwing aan my man. En ja, die plekke is min in hierdie tyd. Ek hoop julle vind julle s'n goed.

Ons wag steeds om te hoor, kan nie verstaan dat die finale antwoord nie net oorgedra kan word nie. Die online tracking wys dat als al deur hulle departemente goedgekeur is. Geduld, o geduld.

Sterkte vir julle reëlings.

Seeya

Link to comment
Share on other sites

Hi Seeya

Ja dit is duur die goedkoopste wat ons kon kry was die Backpackers vir $554 per week, maar ek sou nie my kinders daar kon los terwyl ons huise soek nie. Die wat ons vir $650 kon kry was almal ver uit die stad uit soos Aldinga beach (ek betaal eerder $50 meer as wat ek 3 ure 'n dag net in die kar sit), naby die stad het ons natuurlik kwotasies van $1 584 tot $2 050 per week gekry.

Die plekkie lyk baie mooi op sy advertensie, ek sal jou laat weet hoe hy lyk as ons daar is, miskien kan julle hom ook gebruik wanneer julle land.

http://www.realholidays.com.au/cgi-bin/rse...32&id=402471917

Sterkte vir julle, ek hoop julle kry sommer binnekort goeie nuus.

Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...