Jump to content

Die susterskerke se amptelike sussie in Oz


Neil

Recommended Posts

Ek sien hier word gesoek na 'n kerk soortgelyk aan die susterskerke in SA - die antwoord is bo alle twyfel die Christian Reformed Churches of Australia (http://www.crca.org.au/) wat in direkte susterverwantskap staan met al drie die tradisionele Afrikaanse kerke in SA. Om die waarheid te sê - die CRCA se pasafgelope sinode in Brisbane is deur verteenwoordigers van al drie bygewoon, en so is die NG sinode in SA deur verteenwoordigers van die CRCA bygewoon.

Ek bly in Sydney (Castle Hill), en die meeste van ons vriendekring (groot Afrikaanse konsentrasie in Cherrybrook) is betrokke by die Christian Reformed Church of Sydney, geleë op die hoek van Cox- en Cressystrate in North Ryde. Dis 'n stywe entjie van die Hillsdistrik af, maar ek wil my verstout om te sê dat daar 'n baie goeie rede is waarom mense so ver ry om dié klein kerkie by te woon. Die gemeente is maar omtrent 200 sterk - en so amper 65% is Afrikaanssprekend. Sondagoggende na kerk dawer die Afrikaans om die koffietafel, maar in die diens word ons in Engels gelei deur die beste prediker wat ek ooit in 'n gereformeerde kerk gehoor het.

As enige iemand verder inligting soek laat maar weet, of gaan loer by http://www.sydneyreformed.org.au/

Groetnis,

Neil

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...