Jump to content

Slangelange in die land van Oz


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Praat van toeval - maak 'n vorige post oop en chester praat van slange. Dit reen 'n hond uit 'n bos uit buite en ek kannie werk nie en my laaitjie kan nie buite speel nie - hy kyk Steve Irwin's - Ten Deadliest Snakes. As jy mooi gaan kyk na die gif vannie slange hier dan sal julle sien dat hier baie is wat giftiger is as 'n Mamba.

Die Mulga of King Brown is 'n giftige en lelike ding - van hulle kan tot 3m lank word. Hulle is nie familie van die Brown Snakes hier nie, maar van die Black Snakes.

Vinnige storie - ek is mal oor hase jag met 'n boog. Vir die wat dink 'n haas is dom - dink weer - die dat daar so baie kinnerstories is oor die vreeslike slim diertjie. Ek hou daarvan om hulle met net 'n stertriem te jag - dit is na so amper kaalgat soos 'n boesman. Geen boots wat raas nie - geen langbroek of kortbroek wat teen die gras skuur nie ens. Amper soos hoe ek geleer het om vir ta te bekruip as kind - maar dit vir later.

Sien ek sluip nou hier in die Aussie bos rond - lekker kaalgat en soek vir liewe hasie. So nou en dan sien ek 'n stomp en as dit groot is dan trap jy op hom en trap dan ver anderkant hom, want dit is waar daai Brown Snakes wegkruip en jou aan die henkel hap. As die stompies klein is loop en net bo-oor hulle. 'n Hele paar keer beweeg hierdie stompies onder my, dan staan ek soos 'n reier op een been , mediteer oor die family jewels en hoop daai slang is nie honger nie tot die ding weer aansleep. 'n Paar keer raak ek lelik bekommerd - die slange lyk lelik hier man - een byt en ek sal nooit die kar haal nie.

Ek stap eendag verby 'n wal met al hierdie haas huisies in die wal en daar sit ta met sy lang ore reg innie gat. Ek trek daai boog terug om haas tussen die oge met 'n blunt te skiet. Voordat ek die string kan los, gee daai hasie so 'n koddige spring, kyk so half om en begin reguit na my toe aanloop. Ek kyk die ding so - ag sies tog, dalk het hy hondsdolheid of iets - gaan so aanhop en my onder daai stertriem beetkry. Ek moet nou vinnig skiet.

Hasie begin al stadiger hop en val vrek neer so 10m voor my - wat gaan nou aan man - dalk het die diertjie lae bloedsuiker of 'n hartkwaal. Ek staan nog doodstil - daai boog nog teruggetrek - weet mos nooit nie - ta kan dalk agter daai bos uitspring.

Ek kyk op na daai haas se huise en ek kry amper 'n slang vir 'n kleintjie. Uit daai gat kruip die grootste slangelang wat ek nog in my lewe gesien het - hy kruip en die end wil nie uitkom nie. Nou laat sak ek daai boog en ek kyk die storie so uit. Daai slang se tong hardloop so heen en weer oppie grond en spoor daai haas soos 'n Boesman met 'n hakkel probleem. Hy kry vir hasie en begin hom sommer insluk - geen tamatiesous of enige iets nie. Wens ek het 'n Digitalis by my gehad - maar daar is nie haakplek onder daai stertriem nie - daar is eintlik maar ek wil nie so gevang word deur daai Natuurverwaarder nie.

Elke keer as ek een van daai slangelange so om my sien, dan dink ek aan my kinners en dinge - sien ek wil nog lank leef en hase jag. 'n Slang is soos ta - as jy te lank met hulle speel - daai een dag gaan hulle jou kry. Ek wil ook daai Digitalis by my dra vir al daai fotos - so nou dra ek boots, 'n lekker langbroek met baie sakke en beweeg maar net stadiger.

'n Ander dag staan ek op 'n boomstomp en cast vir Yellow Belly - tipe vis hier in die damme en riviere. So uit die hoek van my oog sien ek 'n ding aankom innie water. My gene vanuit die Kavango is ingestel vir krokkedille en ek dog so vinnig - vandag vang daai reptiel vir my. In die rivier is daar nie krokkedille nie, maar hierdie vet Red Belly Black kom reguit na my toe aangeswem. Ek gooi my arms wild rond, maar slang kom aangeswem. Ek staan so op 'n tak gebalanseer soos Bruce Lee in 'n monastry - ek kan nerens heen nie. Daai slang kom en ek hamer die ding met daai visstokkie - toe eers draai hy hom en gaan weg.

Anner dag kom ek en my laaitjie by die hek ingery - ek sien ta se swartvel blink in die son - reg voor die voordeur. Ek sê vir Sean - sien daar onner die bos is slangelang. Klim uit, gryp 'n lekker stok en stap nader - nog 'n Red Belly - hy beweeg nie - loer my net so. Ek slaan na hom en mis - beweeg nie 'n spier in daai lang lyf nie. Die keer is ek reg en tip hom so agter die oor - sy kop is dood maar sy lyf nie - ek weet hy gaan die heel dag so lekker lê en kriewel. Gee my en Sean 'n idee.

Vroulief en die kinners moet een of ander tyd by die huis kom - so ons sit die slangelang wat so lekker disco dans reg voor die hek neer en ons kruip weg agter die gordyn. Sean giggle soos 'n hen wat 'n eerste eier gelê het. Hulle kom terug en dit is 'n palawa man - Sean is histeries en die meisiekinners klim bome en gil soos blou-ape wat 'n luislang gesien het.

Ek kry baie van die red bellies oppie perd - hulle lê doodstil - beweeg nie weg nie. Die perde sien hulle nie - weet nie lekker hoekom nie - daai boerperde sien 'n slang lank voor ek hulle sien. Ek het daai selfde slang later in my paddock in die perde se voetpad neergesit - ek roep daai 6 perde op en hulle kom opgeloop. Die slang disco dans nog so lekker - die eerste perd kom aan - hy is 'n Connemara - hy kyk die slang so en stoot hom met sy neus - tel die ding wragtig in sy bek op. Ek kyk die storie so - of die bloody perd wat van Ierland kom is stupid of dalk is daar slange wat die perde in Ierland vang en eet soos spaghetti. Nie een van daai perde steur hulle aan die slang wat so lekker dans nie.

Die Aussies glo as jy black snakes het, dan is daar nie brown snakes nie - ek maak nog maar steeds almal vrek hier op my grond. Hulle klim partykeer in die perde se rugs in sê die aussies vir my en as daai perd opspring en skrik dan word hulle gepik. My kinners en honde hardloop die hele wêreld vol en en ek het nie tyd vir 'n slang wat so doodstil lê en wag soos ta nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek glo daar is net een goeie slang en dit is 'n dooie slang Ons het naby 'n stroompie in Durban gewoon en as dit kwaai reen dan kom die slange meeste adders op huis se kant toe. Nou manlief en die grassnyer is nie maats nie, so ek spring maar in en sny. Baie slange het deurgeloop onder daai grassnyer, maar dit was soos 'n armydril by ons huis, as ek skree dan hol die kinders om die spaniels in die huis te kry en een hol vir die hark of graf, ek hou ta insig. Dan vloek ek daai ding en kap hom sommer in 6 stukke. Ek glo hy het sy plek in die foodchain maar nie by my huis nie. Nie so sekker wat ek net die Ozzie slange gaan maak nie vant hulle is vinnig, nie soos daaigeverkte adders wat le en wag nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...