Jump to content

Lewe is soos 'n lappies komberse


chester

Recommended Posts

Die lewe is soos 'n lappies komberse, elke ervaring wat ons gehad het, dinge wat ons gedoen het en plekke waar ons was. Baie kan ons nie eers meer onthou nie. Maar hulle het 'n manier om weer hulle kop uit te steek, soos Jackie en die hoenderhaan, dit was so lank terug my kinders was nog in laer skool en nou is ons al ouma en oupa. Nog 'n wonderlukke tyd in ons lewe.

Een ding wat ek nou besef vandat ek hier begin skryf het, is dat dit nie altyd so maklik is nie en dan probeer ek dit nog in afrikaans my tweede taal. My ouers was wel afrikaans maar het engels skoolgegaan, so ek meng maar lekker veral as ek woorde vergeet. Snaaks jy verloor jou taal naderhand veral die kinders. Soos met baie dinge, if you don't use it you lose it :)

Betsy, miskien moet jy afrikaanse kinder boekies begin skryf, jy het 'n wonderlukke manier van vertel by voorbeeld 'n Engel in Perth. Weet iemand miskien wat het van Dalene Matthee geword, skryf sy nog? Ek sal graag een van haar nuwe boeke wil lees. Het die Cirlces in the Forest DVD gekoop 'n rukkie terug, dit het mooi herhinneringe van die Knysna/George area terug gebring vir my. Ons het ook 'n hele boks Leon Shuster DVD's gekoop maar hulle wil nie werk/wys nie. Wie onthou die TV serial Poppie......... dit was lank terug. Miskien moet ons DVD begin swap, sakdoeke uit haal en lekker verlang na die goeie ou dae :lol:

Maar hier in Oz is daar net so lekker nuwe ervaring, nuwe dinge om te doen en sien. Kry daardie pad kaarte uit, pak 'n mandjie met pad kos, kook eiers, toebroodjies en 'n vlessie vol koffee en vat die pad. Gaan uit vir die dag al is dit net na die park of strand. Nie ver van ons af is daar 'n park "Camelia Gardens" naby Miranda (Sydney) met die mooiste plante en watervallejies en dammetjies. Die kleintjies geniet dit so om die eendjies brood te voer en piekniek te hou. Nou moet ons opmaak vir die tyd wat ons te bang was om uit te gaan en geniet die vryhied. :lol:

until next time..........

Link to comment
Share on other sites

Hi Chester

jammer om die draer van slegte nuus te wees maar Dalene Matthee is verlede jaar (?) aan 'n hartaanval oorlede. Sy het 'n paar boeke na Kringe in 'n bos uitgereik... Toorbos, Brug van Esels, Pietronella van die Kaap ens.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Hi Chester,

Ek dink weer dis wonderlik om so in jou tweede taal te skryf, maak nie saak hoe die woorde uitkom nie, ek verstaan wat jy se. Hou aan post, ek geniet dit. :)

Sorry om te se maar Dalene Mathee is al omtrent 2 jaar gelede dood. Ek het haar manier van skryf geniet.

Moet nou gaan, kry iemand vir tee vanoggend. Ek is so bly vir die geselskap. :lol:

Groete.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...