Jump to content

'n Engel in Perth


Blossom

Recommended Posts

Ons stap deur Hay street Mall in Perth op 'n louwarm wintersdag in 2002. Dis die eerste keer dat ons die wereld 'n bietjie gaan verken vandat ons in Australie geland het. Was sover nog te besig met settle en ander dinge.

Die heel eerste ding wat vir my so treffend is, is die "loop' Bus. Dis 'n bus wat verniet ry regdeur die hele stad, jy kan op of klim net waar jy wil wees en hy kantel skeef om dit makliker te maak vir bejaardes om in en uit te klim. Hoe bedagsaam, dink ek nog.

Hay street Mall! Wat 'n plek, soveel om te sien en te doen. Verwonderd loop ons van winkel na winkel en verdwaal vreeslik. Hier sit iemand en kitaar speel, daar sit 'n chinese man en doen die mooiste sketse van mense. Hy het sketse van Elvis, James Dean.....ek laat hom 'n skets maak van my seun. In 10 minute doen hy dit perfek. Soveel talent.

'n Ent verder doen iemand anders toertjies met die publiek, almal neem deel en lag saam. Die atmosfeer is vrolik en feestelik. Die mense lag wye mond, geniet die dag.

Om nog 'n draai sien ek die kindertjies saam drom om iets. Stap nader om te sien.....

en daar staan sy, 'n Engel in die mall. :unsure:

Sy staan op 'n ronde, klein verhogie, seker so voet hoog, silwer geverf.

Aan haar voete het sy silwer toeryg skoene met veters.

Haar lang rok hang in voue om haar bene, alles silwer.

'n Tjalie om haar skouers, silwer.

Hande en arms, silwer.

Nek, gesig en hare ook silwer.

Vlerke op die rug in silwer.

Sy staan met haar hande uitgestrek, reik na die dogtertjie toe uit wat voor haar staan.

Met stadige bewegings maak sy haar een hand oop en met die ander hand vat sy silwer fairydust en strooi dit in die lug, alles in stadige aksie.

Sy knik vir die dogtertjie en wink haar nader met die een hand. Asof in 'n droom tree die kind nader en die engel gee vir die kind van die fairydust in haar handjie. Die pragtige dogtertjie kan maar net opkyk en staar na die engel voor haar wat so mooi is.

Stadig draai die engel om en wink nog kindertjies nader. Sy strooi nog blinkertjies in die lug, alles glinster in die sonlig.

Ek staan asof in 'n beswyming en staar, kan nie genoeg kyk na die storieboek prentjie voor my nie.

Hoe moes die kleine ou meisietjie net nie gevoel het nie? Seker gedink sy droom, want ek het daardie prentjie uitgesny en hier diep in my kop en hart geplak.

Ons het weer en weer gaan kyk maar ek het nog nie weer die engel gesien nie.

Dit was een van my heel eerste indrukke van OZ en ek het dit ook in briewe probeer beskryf aan my mense daardie kant. :blush:

Link to comment
Share on other sites

So mooi beskryf, kan amper aan har raak :lol::)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...