Jump to content

Kinders se aanpasbaarheid??


Annemi

Recommended Posts

Hello almal,

Ek is ook 'n nuweling tot die forum maar is alklaar 'n "verslaafde". Dankie vir al jul wysheid en raad wat julle al onwetend aan ons gegee het. Ons is in die erg wik en weeg stadium oor die hele emigrasie ding, maar dinge val net so inplek dat ek glo ons eerder gaan wik as weeg. In Mei vanjaar, is daar by twee huise in ons straat ingebreek en die gesinne aangehou. Albei gesinne het kindertjies onder 5 jaar oud. Ons bure is ook in dieselfde tyd hier naby ons in 'n vriend se huis in 'n "sekuriteitskompleks" aangehou en beroof. My een vriendin word gehijack...so binne twee weke se tyd het ek ernstig begin wonder maar wat maak ons nog hier, want ons kinders is 5 en 3 jaar oud. So bepreek ons toe die 25ste Julie ons kaartjies vir ons LSD trip na Perth en die aand van die 5ste Aug, hijack hulle ons buurvrou (selfde een wat ook aangehou is) se pa en suster hier in ons eie pansteel, reg voor ons huis (ons is 6 huise wat 'n dubbele pansteel deel). Die woede en die vrees was onbeskryflik en dit kom net alhoe nader aan 'n mens. Ter wille van ons kinders oorweeg ons dit nou baie sterk...maar my groot vraag is: Hoe aanpasbaar is sulke klein kindertjies en as daar van julle is wat dalk jul eerlike opinies en raad ( m.a.w. hoe om hulle mee te deel jy los oupa en ouma agter en die hele taalkwessie, nuwe maatjies maak, nuwe skool en vreemde nuwe land) kan gee sal dit baie waardeer word. Ons kom nou in Okt Perth toe maar glo my, as ons dit net kon regkry, sou ons al gister daar gewees het want ek wil nou weet...

Link to comment
Share on other sites

From my experience, the children adjust far quicker and easier than any parents do! Children accept change far easier than grown ups!

Link to comment
Share on other sites

Mara is reg. Al amper 6 jaar hier en het seker al n honderd "nuwe" gesinne sien settle.

Kinders onder 12 pas ONGELOOFLIK vinnig aan. Onthou-hulle het nog nie so diep wortel geskiet soos jy nie. Die enigste moontlike probleem gaan wees dat hulle gaan Ozzies wees in hart en siel-lank voor julle. Julle moet daarop voorbereid wees.

Tieners sukkel maar n bietjie aanvangklik.

Die vrees is joune. Nie die kinders s'n nie.

Link to comment
Share on other sites

I taught kindergarten and while most children just do settle a whole lot easier than their parents some children grieve for what they have left behind. So be aware that sometimes children feel pretty deeply about leaving the grandparents and their friends and other family as well. However, it only takes a little while and they are absorbed by themselves, the newness of their surroundings and the biggest thing in helping them to settle is that fact that once you as parents are sorted and settled, then the whole atmosphere in the home is lighter and easier and they dont live with the vibes of fear and anxiety.

It is a whole lot harder for the children when they are older and have more established friendships - young children generally just adapt. And you know what - you are doing this for them, so that they have a better future in store for them. Remember that always in the days that come because you will feel miserable and homesick and long for your family - but remember Skype and MSN and all the things that make the miles less and you can always go there or they can visit you.

Do it and know that you will be able to make a wonderful life for yourselves here. Just move forward into the adventure!

Pat

Link to comment
Share on other sites

Ek het met 'n 6 maande oue baba en 'n 2.5 jaar oue meisiekind immigreer. My groter meisiekind het bai gesukkel omdat ek haar nie in 'n skooltjie gehad het soos ek 3 keer 'n week in SA gehad het nie. Sy het een middag gehuil (en ek sommer saam met haar) oor sy moet skool toe gaan want sy moet maatjies hê. Dit het my hart gebreek.

Ek dink dis baie belangrik om jou kinders aan dieselfde tipe roetine bloot te stel hier as in SA. Dus as hulle in 'n kleuterskool was, stuur hulle, al is dit duur. Dan net vir minder dae.

Ek het ook opgelet as kinders binne die eerste 3 jaar van hulle skoolloopbane oorgebring word hulle geweldig sukkel in skool vir 'n tyd en ook sukkel met aanpassing. Die werksdruk van Prep af is baie hard en word eers deur SA kinders hier by Graad 3 ingehaal. Ek sou dus voorstel dat julle kom sodat jou oudste kind in Prep kan wees, dus die jaar wat hy 5 word. Die afsny datum is op 30 April. As jou kind dus na die 30ste April 5 word, gaan hy prep toe, indien hy voor die 30ste April 5 word, kan jy hom/haar 'n jaar terug hou. (Ek moet erken ek word geweldig deurmekaar hiermee so asseblief, enigiemand, as ek verkeerd is, sê asseblief, ek lei so bietjie aan porridge brein) Of as dit nie moontlik is nie dat julle kom wanneer die jongste graad 3 gedoen het. Ek weet dis baie lank.

Bogenoemde is oorbrugbaar, maar nogal moeilik vir kinders, veral as dit Afrikaanse kinders is.

Baie sterkte met julle besluit. Kinders pas maar maklik aan maar dit hang maar van kinders se persoonlikhede ook af. My oudste maak maklik maatjies, maar ek het al gehoor van kinders wat sukkel om maatjies te maak omdat hulle Afrikaans praat en die Engelse (Aussie) kinders hulle nie verstaan nie.

Hoop jy verstaan wat ek bedoel. PM maar as jy nog wil chat.

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Dankie vir jul positiewe terugvoering. Dit is seker soos julle sê, dit is ons wat ons ouers en jarelange vriendskappe agterlaat en oorbegin en hulle is nog aan die begin van hul lewentjies en pas seker maar baie makliker aan. Dit is egter maar soms net moeilik om my Afrikaanse kindertjies, as "Ozzies" te picture en dat hulle ook nie ons "suiwer" Engels gaan praat nie maar met die aksent.

Lekker dag vir julle almal

Annemi

Link to comment
Share on other sites

Annemi

Ons seuntjie is amper 5 en ons het hom van 'n Afr kleuterskool geskuif na 'n Eng skool vanaf Maart 2007. hy het so vinnig en maklik engels opgetel, dis ongelooflik!

Hy is heel goed aangepas in die engelse skool en ek glo nie hy sal probleme daaronder he nie.

Hy is ongelukkig die enigste kind, wat dit miskien makliker vir hom gaan maak om maatjies te maak want hy hou van kinders en baba's.

Moenie bekommerd wees nie, as julle kan verskuif jou kinders na 'n engelse skool en dan maak dit dinge vir hulle makliker sodra hulle ook dan engels kan praat.

Maar nou kan ons nie meer skinder in engels nie, want hy verstaan alles.

Groete

carelene

Link to comment
Share on other sites

Ons dogtertjie word 5 volgende week. Ons het Januarie gehoor ons kom en haar vir Engelse klasse een maal 'n week ingeskryf by haar kleuterskool. Ons het Mei gearriveer en sy het ingepas sonder enige pyne. Daar was so 2 of 3 keer wat sy gevra het oor maatjies of 'n ou juffrou, maar nou sien sy uit na haar partytjie met haar nuwe Aussie en ex-SA maatjies.

Die Engels tel sy vinnig op, en sy klink al meer na 'n Aussie as party Aussies. Dit het so rukkie gevat om uit te vind dat 'croom' :holy: (cream + room) room is, maar verder is daar nie klagtes nie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi toe ons 10maande terug hierna toe getrek het,was my dogtertjie 2 jaar en 10 maande. Dit was ook vir ons n groot kopseer veral omdat sy baie gelukkig in Gordensbaai[Kaapstad] was veral met al haar maatjies en perdrylesse. Ek het gevoel hoe kan ons al's wat sy nou het net so van haar af wegvat en haar saam na n vreemde land toe bring. :( Was ook bang ons sou n fout maak om dit te doen en haar n onreg aan doen. Hier gekom en ja dit was vir haar moeilik en het in die begin gehuil en gese sy wil terug gaan na haar maatjies en haar perdry lesse.Was ook baie erg op haar as so klein mensie met die tydsverskil :ilikeit: [maar ons het dit darm gemaak.] Ons het baie met haar gepraat en baie baie liefde gegee en ek moet se dit was so vinnig gewees dat sy besef het dit is nou haar nuwe huis en haar lewe is nou in Perth. Sy is baie gelukkig hier en wil niks weet van terug gaan nie. In die 10maande het sy n ozzie aksend en praat net eng. Sy is so happy. Ek moet se as ek geweet het sy gaan so gou hier inpas sou ek nie eers n bietjie geworry het oor dit nie .Dit was die minste kopseer om oor te worry glo my. Ons pas baie moeiliker aan nie sy nie.

Sterkte ek weet wat jy voel, onthou ons is baie daardeur en het dit gemaak met ons kiddies so jul kan ook.

Groete Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Hi toe ons 10maande terug hierna toe getrek het,was my dogtertjie 2 jaar en 10 maande. Dit was ook vir ons n groot kopseer veral omdat sy baie gelukkig in Gordensbaai[Kaapstad] was veral met al haar maatjies en perdrylesse. Ek het gevoel hoe kan ons al's wat sy nou het net so van haar af wegvat en haar saam na n vreemde land toe bring. :ilikeit: Was ook bang ons sou n fout maak om dit te doen en haar n onreg aan doen. Hier gekom en ja dit was vir haar moeilik en het in die begin gehuil en gese sy wil terug gaan na haar maatjies en haar perdry lesse.Was ook baie erg op haar as so klein mensie met die tydsverskil :ilikeit: [maar ons het dit darm gemaak.] Ons het baie met haar gepraat en baie baie liefde gegee en ek moet se dit was so vinnig gewees dat sy besef het dit is nou haar nuwe huis en haar lewe is nou in Perth. Sy is baie gelukkig hier en wil niks weet van terug gaan nie. In die 10maande het sy n ozzie aksend en praat net eng. Sy is so happy. Ek moet se as ek geweet het sy gaan so gou hier inpas sou ek nie eers n bietjie geworry het oor dit nie .Dit was die minste kopseer om oor te worry glo my. Ons pas baie moeiliker aan nie sy nie.

Sterkte ek weet wat jy voel, onthou ons is baie daardeur en het dit gemaak met ons kiddies so jul kan ook.

Groete Ursula.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...