Jump to content

Sentrum vir alkohol en dwelm rehabilitasie


Blossom

Recommended Posts

Ek lees in die koerant hier dat die polisie nou mense aftrek en toets vir bestuur onder die invloed van dwelms. Dit laat my dink aan die tyd toe ek by 'n inrigting vir alkohol en dwelm verslaafde mense gewerk het. Dit was nie 'n mooi tyd in my lewe nie, ek het menigte aand in 'n swart bui by die huis gekom en my oe uit gehuil.

En al wat ek was was die catering manager by die plek. My kantoor was in die eetkamer van die inrigting, so 'n glas afskorting sodat ek die pasiente ( dis wat hulle genoem was) kon dophou. hulle moes konstant dop gehou word.

Ek het 'n assistent bestuurderes gehad en ook sowat 14 staf. Dit was 'n 24/7 werk want die mense moes 3 etes per dag kry asook tussenin snacks. Dus het ons 2 skofte gewerk...dag en nag.

Ontbyt was van 8 tot 9. middagete van 12 tot 1 en aandete was van 5 tot 6. Dan het ons ook die skoonmaak van die plek behartig en my staf was gedeel in 2 spanne. Die skoonmaak groep en die kombuis staf.

Die kombuis het ek so homely as moontlik probeer maak sodat die pasiente kon tuis en gemaklik voel. Ek het 'n toelaag gekry en gaan gordyntjies koop en mooi houertjies vir die tafels. blompotte ook. Elke dag gesorg dat daar vars blomme op die eettafels was met middag ete. Woensdae en Sondae poeding gegee ook.

Ek moes myself eenkant hou en nie vriende maak met die pasiente nie, die plek se direkteur se bevele, anders sou die pasiente net oorneem. Maar ek kon nie anders as om soms met iemand te connect nie. My moeders instink was soms net te groot. Want sien, soms het daar kinders van so 17, 18 ingekom wat totaal verdwaal het van die paadjie af. Soms was daar arrogante mans en vrouens wat rerig die plek afgebreek het, maar ai, partykere weer......

Daar was Brenda, 'n mooie meisiekind met lang bruin hare en bokkie oe. Sy was maar 16 en toe sy opgeneem word die dag is ek voor by ontvangs besig om toesig te hou oor een van die skoonmakers wat weer erens op haar besem gestaan en slaap het. Brenda is ingebring deur haar familie en sy was wild daai dag. Haar oe was groot in haar kop en sy was vuil, kaalvoet en bang. Sy het ook net een been gehad, die regterkantse been is hoog teen die lies afgesit.

Sy was besig om deur die ontrekkings fase te gaan. Sy word toe opgeneem deur die verpleegsuster aan diens in die kliniek gedeelte van die sentrum. Daar word al hulle bagasie weg gevat van hulle af en deursoek deur een van die susters. Dit moet gedoen word want die mense steek dwelms weg tussen die klere, in boeke se blaaie en in die tandepasta buisies.

Ek het altyd gewonder hoekom le daar soveel tandepasta buisies buite die gronde rond tot suster Lettie my vertel dat hulle die tandepasta uitdruk en dan die dwelms binne in die lee buisie wegsteek!

Brenda word toe gebad, gevoer en in die bed gesit, daar word sy aan die slaap gehou vir drie dae, dis om dit makliker te maak met die ontrekkings simptome. Die pasiente word net wakker gemaak in die drie dae om te eet en om badkamer toe te gaan.

Na die drie dae is die ergste simptome verby en die pasient kan opstaan, gewoonlik is hulle so gedisorienteerd dat hulle nie weet waar hulle is nie en dan net erens gaan sit en huil. Groot mans ook. Brenda was deurmekaar en so klein en so verward dat my moederhart uitgegaan het na haar.

Ek het in my kantoor gesit en die boeke gedoen toe sy in die eetkamer inkom. So verlore en so eensaam op haar krukke. Ek het alles net so gelos en vergeet van Kate, die direkteur en ongeskikte baas van die inrigting, se opdrag om nie te meng met die pasiente nie....na Brenda toe gegaan en haar vas gedruk teen my. Sy het snot en trane gesnik teen my skouer en gebewe soos 'n riet. Ek het vir haar 'n warm koppie tee gemaak en by haar gesit in die eetkamer.

Sy het my haar verhaal vertel, rukkerig en skaam was sy, maar sy het gepraat. Van hoe sy al vandat sy 11 is weggeloop het van die huis af omdat sy aangerand en gemolesteer was deur familie lede. Hoe sy in die kloue beland het van dwelm smouse en van haar lewe in die strate van Hillbrow. Ek kon maar net ongelowig luister na alles. Sy het sopas 'n baba gehad, 'n dogterjie wat gebore is met alkohol sindroom en ontrekkings simptome. Die kind is weg gevat van haar af en gegee vir aanneming. Dit was blykbaar so 'n groot skok vir haar dat sy enige iets gebruik het om te vergeet van alles. In haar naarstigtelike soek na dwelms kon sy net huishoudelike spiritus in die hande kry. Sy het haarself hoog bo in die been ingespuit daarmee....die weefsel van die been het verrot en gangreen het ingetree...die been moes af. !6 jaar oud en soveel smart!!!

Wat 'n riller van 'n lewe! Sy was deur en deur verslaaf aan dwelms.

Na die geselsie het ek maar 'n ogie gehou oor haar as sy in die kombuis of eetkamer was, meer kon ek nie doen nie, Kate sou die lewe vir my moeilik maak.

Na 2 weke in die inrigting kon die pasiente wat verbeter het vir 'n naweek huis toe gaan en moes weer Sondag aand terug wees. Brenda kon toe huis toe die naweek. Wat 'n ramp, ek se tot vandag toe hulle moes nooit dat sy huis toe gaan nie. Sy het terug gekom die Sondag aand vol dwelms en heeltemal terug na waar sy as op dag een. Die behandeling moes van voor af begin. Later het sy my vertel dat hulle in die kar al vir haar dwelms gegee het, om dit te vier dat sy kon uitkom vir 'n naweek.

Brenda het toe haar 3 maande daar voltooi en sy was pragtig en vol glimlaggies toe sy my kom groet. Ek het haar vasgedruk en gevra dat sy moet laat weet hoe dit gaan. Sy het belowe.

Ongeveer 2 maande later het suster Lettie een oggend na my kantoor toe gekom en gevra vir 'n koppie koffie. Lizbet het vir ons gemaak en toe vertel suster Lettie my van Brenda.

Brenda was skaars by die huis toe die "vriende" weer hulle opwagting maak. Sy was weer terug op die ou pad. Sy het vir haarself 'n "lethal cocktail" gemaak van alles wat sy in die hande kon kry en dit gedrink. Die begrafnis is more se suster Lettie.

Ek het nie gegaan nie, sou dit nie kon hanteer nie. En ek het 'n rukkie later bedank, die hartseer van daai plek het my onder gekry.

Daar is nog vele sulke stories maar die een was vir my die ergste.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

What a sad sad story!!

Link to comment
Share on other sites

Betsy

Dit is hartseer en soms weet mens nie hoekom sulke goed gebeur nie. Baie dae voel ek ook maar dat ek nie hierdie werk meer kan doen nie. Wat dit uithoudbaar maak is die feit dat daar tog soms iemand op jou pad kom waarin mens kan sien mens het 'n verskil in sy lewe gemaak. Dit maak dit die moeite werd. En ook as mens 'n kind uit haglike omstandighede verwyder en jy besef later dat jy eintlik die kind 'n guns gedoen het.

Dis hoekom ek elke dag besef dat mens moet waardeer wat mens het. Mens moet lief wees vir mens se kinders en dit ook vir hulle wys. Dis so maklik vir kinders om die spoor byster te raak as daar niemand is wat vir hulle saak maak nie.

Sterkte daar anderkant met die Weight Watchers - hoop dit gaan goed!

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Hierdie saak le my baie na aan die hart. Dwelms is 'n TERRIBLE ding!!

My liewe boetie het in 'n monster ontaard en dit op 38!! Sy dwelm (crack) en drank misbruik (lees verslawing) was inderek die rede vir ons pappa se dood en hy het alles verloor wat hy ooit gehad het. Sy vrou sy pragtige seuntjie (wat vandag 3 is) en sy besigheid sy huis ens ens.

Dit was 'n 2 jaar stryd (verskye rehabs ens) dit het eers tot 'n punt gekom nadat hy vir 3 maande in die tronk was en toe eintlik baie lig daarvan afgekom het met 3 jaar huis arres en hy is Magallies oord toe vir 4 maande.

Hy is vandag uit net betyds en het vir sy seuntjie met my sussie se hulp 'n rooi fiets gekoop, sy pa het hom gevra wat wil hy he en hy het gese 'n rooi fiets. (Hulle speel nou buite in die tuin by my sussie se salon)

Het nou net met my sussie gepraat en sy se hy lyk wonderlik en is nou al amper 150 dae + skoon!! Haleluja!!!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Dank die Vader dat jou broer skoon is Nilo, dis nie maklik nie. Hy sal natuurlik die res van sy lewe 'n verslaafde bly, nou wel 'n gerahabiliteerde een, maar hy sal moet gaan vir rehab sessies by 'n terapeut op 'n gereelde basis. Jammer man.

Bienkie, ek het al vir jou gese dat ek jou bewonder oor die werk wat jy doen, nou sien jy hoekom...ek weet van die dinge.

Suidwes , dis 'n sad storie ja, maar dis nie altyd so sad nie. Daar is die ligte kant ook. Soos die dag toe Johan opgeneem is. Hy wou bekend staan as Johanna, en my staf kon nie verstaan hoekom moet hulle dan nou die man "by die vroumens naam roep " nie. Veral Abraham, die kelner. Hy het so onderlangs geloop en brom elke keer as vir Johanna moes bedien. Die verwyfde Johanna het erens by 'n besoeker 'n bottel wyn gekry (wat ingeslip is) en toe die wyn begin praat wou Johanna al wat 'n man is net soen. Hy het so getrippel met sy maer beentjies, ook agter Abraham aan. Abraham was geset en het groot ronde oe gehad wat nog groter geword het terwyl hy weg hardloop, uit by die deur. Almal het gekraai van die lag want Abraham het om die dood geweier om in die eetkamer in te kom. Iemand anders moes sy werk doen. Hy was vrek bang vir Johanna.

Toe besluit Johanna dat hy/sy nou hartseer (dronk verdriet) is en gaan klim poedel kaal in die bad en sluit die deur. Dit het ons gekos om met 'n leer deur die venster te klim om in die badkamer te kom terwyl Johanna soos 'n maervark geskree het. Abraham het gesweer dat die duiwel in die arme ou was en het 2 weke van die werk af gebly tot Johanna ontslaan was.

Soms lekker gelag so saam met die tjankery.

Toe ek daar begin werk het, het ek niks geweet van dwelms nie. Suster Lettie het my eendag geroep in haar kantoortjie in en toe wys sy my hoe lyk al die dwelms, die verskillende soorte pille, poeiers en twakkies. Ek het altyd gewonder hoekom moes ons die elektriese toestelle toesluit elke aand, tot sy my gewys het hoekom. Hulle gebruik die binnekantse koperdraadjies opgerol in 'n bottel of houer en rook/ snuif dan een of ander ding daardeur. Hoe hulle aan al die idees kom weet ek nie.....dis erg ne?

Moet se omdat ek daar gewerk het, het ek my kinders soos 'n valk begin dophou vir een of ander tekens van dwelm misbruik. Ek het goed geweet waarvoor om te kyk. Met die genade van God was en is hulle skoon en op die regte pad.

Groete, Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...