Jump to content

duppies: Just getting started


duppies

Recommended Posts

Hello almal.

Ons het gisteraand besluit om te kyk na die moontlikheid van 'n skuif na Australie, maar is nog baie onseker oor waar om te begin. Ons is oorspronklik van Richardsbaai in Kwazulu Natal, en het onlangs 'n 2 jaar werkskontrak in die Cayman Islands aanvaar. Alhoewel daar nog baie tyd is voor my kontrak afloop, het ons dit goed gedink om nou al inligting by mekaar te maak om die proses aan die gang te sit.

Ons het nou al op 'n hele paar websites gaan kyk vir inligting, maar ons moet eerlik wees met julle, dis GRIEKS. :) Daar is baie goed wat gese word, maar sodra jy op 'n link click, vat dit jou na 'n ander site wat jou net meer deurmekaar maak. As daar enige iemand is, wat wel goeie raad het vir wat die eerste stap in die proses sal wees, sal ons dit baie waardeer.

Op hierdie oomblik kyk ons na Brisbane, maar ons sal seker maar moet gaan waar die werk is.

Hoop om gou van julle te hoor

Mooi bly

Johan en Marelize

Link to comment
Share on other sites

Welkom Duppies!!!

Ons het die 1ste Jan 2006 hier in Brisbane aangekom en omdat ons op 'n 457 Visa is, het dinge baie vinnig gegaan. Brisbane was ook eerste op ons lys en toe ek werk kry het ons nie eers verder gesoek nie.

Ek persoonlik dink mens moet ook maar begin waar mens geholpe kan raak met werk, so ek sal voorstel jy moet probeer uitvind wat die moontlikhede werksgewys vir jou in Brisbane sal wees. Wat behels jou beroep?

En dan - hierdie forum is goud werd ten einde inligting te bekom - dit sal jy net eenvoudig vinnig agterkom.

Ons het die afgelope 2 weke 'n vriend uit Kaapstad as kuiergas gehad op sy LSD trip en hy is sold op Brisbane. Hy het voor sy koms 'n lys van dinge opgestel wat vir hom belangrik is en dit afgetik soos hy dit hier beleef en ontdek het - sal ook goed wees om met so iemand kontak te maak. As jy belangstel kan ek sy mail adres aan jou deurgee. Hy het onder andere ook heelwat onderhoude bygewoon en daaruit vasgestel dat hier 'n definitiewe aanvraag na sy skills en experience is - so om werk in sy rigting te kry gaan uiteraard nie vir hom 'n missie wees nie.

Laat weet maar en pos soveel vrae as moontlik - jy sal verbaas wees oor al die reaksie en inligting wat jy sal ontvang.

Groete en sterkte

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...