Jump to content

Hoe ek Australie beleed en ondervind...


Blossom

Recommended Posts

Sorry die titel moet lees: Hoe ek Australie BELEEF en ondervind...nie beleed nie, vingers druk verkeerde goed so vroeg in die more.

Die meeste vrae en kwellinge wat mens het oor immigrasie en wat daarmee gepaard gaan word hier op die forum geantwoord. Gewoonlik deur mense wat self deur die proses is. Ek het nou al gevra en ek is geantwoord. Ek het gehuil hier op die forum en ek is getroos, ek het gelag...meeste het saam gelag. Dankie.

Gister besluit om bietjie te gaan rondry terwyl die weer saamspeel, pad gevat Suide toe. Ons wou sommer by 'n restaurant erens 'n steak eet, die lus vir 'n behoorlike 200gram fillet of sirloin hang nou al op die grond.

Verby O'Sullivans Beach, Christies Beach (wat 'n mooi naam).....

Die res van die plekke se name moet ek neerskryf om te onthou, dis Moana, Port Willunga en Aldinga Beach.Hoe gaan ek ooit die name onder die knie kry?

Maar van 'n restaurant of steakhouse was daar geen teken nie. En die honger pyne knaag. Moet se die padkaart stop by Sellicks Beach, niks verder nie, maar dis wonderlik mooi daar. Mens voel behoorlik of jy by die einde van die aarde is, dis net groen heuwels in die verte met die blou see en wit golfies op die voorgrond en niks anders nie. Vreemde gevoel.

En geen eetplek nie, behalwe nou vir Hungry Jacks, Mackers of KFC. Die steak met die mushroom sous word toe maar 'n Twister en 'n snackbox van Ken in 'n vreemde plek waar ons nie weet watter kant toe nie.

O ja, dan kry mens die fish and chips winkeltjies waar alles vol krummels is, tot selfs die vloer. Die vis is crumbed, die prawns, die scallops en die calamari ringe ook. En dis ge "deep fried"...gif vir iemand wat op Weight Watchers se punte telling is en more aand geweeg moet word voor 20 ander nuuskierige dames. Wonder hoekom crumb hulle so naarstigtelik?

All in all it was a wonderful day and I love Australia.......

maar ek kon weer nie help om so bietjie oor die see uit te staar en te wonder hoe gaan dit daar ander kant nie.

Wanneer o, wanneer gaan ek ophou verlang? Hulle se 2 jaar.....

Sondae was altyd so 'n besige dag by ons huis. Dis wanneer die kinders kom kuier het en wanneer die middagete die middelpunt was van die samesyn. Die seuns het al vroeg in die week gebel om te vra wat op die spyskaart is en wat is vir poeding Ma? Dit was die hele dag se kuier met almal vir wie mens lief is.

Ag ja..

Nou bak ek een aartappel en 'n halwe koppie rys, 3 tjoppies en dis dit. Hoe mis ek Sondae!

En tog, hoe geniet ek OZ!

Groete,

Betsy.

Edited by Betsy
Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Nooi ander Saffers vir Sondae... kan jou belowe hulle sal dit waardeer!

Ivm die crumbed everything... ons vra altyd vir grilled fish. Dis nou te sê as daar vars vis verkoop word. Blue grenadier, trevally is lekker vis.

Ek BELOWE as ons eendag Adelaide se kant toe gaan (darem nie te vêr nie seker so 450km) sal ek sorg dat ons op 'n Sondag middag by julle is -selfs miskien daar slaap!!- dan sal ek ook vroeg in die week al bel en my bestelling insit.. Roly Poly poeding!

Sterkte & liefde

Sw

Link to comment
Share on other sites

Roly Poly!!!!!!!!!!! Nou maak jy my hart week. Dit was my Ma se gunsteling en myne en my kinders se gunsteling. Te hel met WW, gaan dit maak vir vanaand.

Jy's genooi,

Liefde,

Betsy

Link to comment
Share on other sites

Hallo vriendin

Moet se ek verlang nie teeeeeeee verskriklik terug SA toe nie, maar dan het ons darem maar vir amper 4 jaar in die Seychelle gebly! Seker maar gehelp met die 2 jaar ding.

Wel net so bietjie brag....... ons sondag was soos van te vore. Lekker lams boud met knoffel en rosemary gebraai in die oond dat die sous so tap. Lekker aartappels, soet pampoen en boontjies!!! En raai wat, ek het dit nie eers self gemaak nie. Die Liewe skoon seun is so oulik HY het die hele lunch gemaak, en opgeskep en ek het net geeet!! Na ete het hy en liewe dogter die kombuis getekkel en die plek was een twee drie aan die kant! How nice is that! Wil enige iemand hulle leen?? Soooorrriiee julle maggie!

Die kinders het veilig hier aangekom vrydag oggend en ons het nog die hele tyd 'n ball!!

Skeep julle lotte so bietjie af, ek weet maar julle verstaan ne!

Vrot van die flippen verkoue, dokter maar met alles wat voorkom! Weet waneer om siek te word, noudat die kinners hier is om ma te bederf!

Tot weer siens

Lovies

Nilo

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Hi Julle Almal

Ag Betsy dit moet seker nie lekker wees so ver van jou kinders af nie. :ilikeit: Ek dink aan jou ;) en ek is seker jou kinders mis jou sondag lunch baie meer as wat jy dink.

Nou moet mens nog so sny en check wat jy eet met die WW, maak dit nou nie makliker nie. Gaan maak daai Roly Poly en geniet dit. :D Mens lewe net 1 maal.

Nilo geniet jou dogter en ons sal jou verskoon as jy stiller hier op die forum is, maar moet net nie wegraak nie hoor.

Julle twee moet lekker daar in Aus skaap vleis eet want wragtig hier in SA is dit bleddie duur hoor.

Dit is deesdae 'n luxury hier kan nie wag om in Aus te wees nie, gaan elke sondag tot ek gat vol is daarvoor skaapboud eet. B)

Lekker bly en stekte met die WW Betsy.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dit is deesdae 'n luxury hier kan nie wag om in Aus te wees nie, gaan elke sondag tot ek gat vol is daarvoor skaapboud eet. :P

:ilikeit::P en skaapskenkels, daai wat so van die beentjie afval, murgsag.....of 'n tjoppie met die vetrandjie so crispy gebak.... :(:( Betsy

Link to comment
Share on other sites

Nee kom ,dis nou glad nie mooi van julle om 'n mens so lus te maak nie. Hier in Canada is die skaapvleis so duur en die mense hier eet nie bene in hulle vleis nie. My lus hang op die grond vir lekker stoompot beentjie vleis (skaap nek of rug tjoppies ) met aartappels en rys. Al wat ek die meeste van die tyd eet is bees goulash, bees maalvleis, vark en hoender - alles sonder bene. Ek slyp darem self my tande vir elke dag skaapvleis eet tot ek siek is daarvan en na 'n stukkie beesvleis verlang.

En nog 'n ding waarvoor ek baie lus het deesdae is kajjings soos my ma dit gemaak het toe ek 'n kind was. Ons het handevol daarvan geloop en eet. O ja en 'n broodjie met botter en fyn gemaalde biltong op.

Suidwes, roly-poly is ook my man se geliefde bak poeding. Ek bak dit vir hom so af en toe, ek kan net nie vla maak nie, dit moet hy maar self doen. Gelukkig is hy 'n expert daarin.

Groetnis

Retha

Link to comment
Share on other sites

:unsure::angry: en skaapskenkels, daai wat so van die beentjie afval, murgsag.....of 'n tjoppie met die vetrandjie so crispy gebak.... :holy::o Betsy
Betsy, Betsy, my mouth is watering!!!! I've been trying to lose weight for ages, but reading about all these niceties, all is lost. Lamb with potato prepared any way is just the bestest!! :ilikeit:

SAS

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Jinne, ek voel net soos jy! Sondae was altyd dieselfde vir ons ook. En ek juis vandag my Tannie ge email en gese hoe ek verlang na ons Sondae lunches, waar almal lekke kuier. Al die vrouens staan in die kombuis, maak kos, drink lekke wyn, vang 'n paar rokies :ilikeit: en almal praat gelyk en lag gelyk.

Die mans staan buite om die vuur, en gesels. Middagete is later die middag, so lekke dat jy jouself ongemaklik dik geeet het.

Ja nee Betsy, ek mis dit vreeslik!!! Wanneer jy eendag in Sydney is, kom maak 'n draai by my :lol: Ek is nog jonk, maar ek kan lekke boerekos maak - altyd gekyk hoe maak my Ouma en my Ma dit.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...