Jump to content

Opgewonde oor Aus - met God se blessing!!


Legalbuff

Recommended Posts

Hallo almal!

Ek moet net vanoggend my opgewondenheid en "storietjie" tot hier met almal deel want ek wil bars van opgewondenheid, :lol: maar ek het niemand om my wat ek kan vertel nie!!!

Vandat ek en man begin dink het aan emigreer aus toe was dit maar 'n vleeslike gedagte. Nog nooit werklik daaroor begin bid nie, en maar uit ons vleeslikheid gedink dat ons vaderland nie die ideal plek is om kinders groot te maak nie. My grootste probleem was my ouers. Dit was bloed en trane en drama toe sus Aus toe is, en ek het op daardie stadium as 17jarige nog in die huis gebly, en gesien hoe erg dit vir my ma en pa was. Hulle het voor my oe ouer geword en ek het gesweer ek wil dit nooit aan enigeen, minste van almal aan hulle doen. :whome:

Die eerste paar weke wat ek toe met God in gebed tree oor die saak, begin bid ek en vra God moet lei - waarheen van hier af? Ons is tans onder kontrak buite SA, en as ons hier klaar is, God, wat dan? Waarheen dan? Terug SA toe vir ons mpy werk? Buite SA 'n heenkome soek en die stof van ons voete afskud? Hoe weet mens? :unsure:

Die eerste antwoord kom toe in die vorm van 'n telefoonoproep vanaf my ouers. Gewoonlik bel ek hulle - dis makliker vir my om hulle te bel as vir twee pensionarisse om 'n langafstand oorsese oproep te maak. En daar bel hulle my toe die oggend en nie oor chitchat nie - nee, hulle wil my dit toe "op die hart druk om eerder te oorweeg om Aus toe te gaan, liefiekind, moenie terugkom nie, die land het mal geword". En ek huil snot en trane in die raadsaal waar niemand my kan sien nie... :huh:

Nou ja - trek toe soos 'n vlakhaas weg en besluit saam met man dis dan nou dit en begin aansoek doen vir papiere ens ens ens. En laasweek vat die twyfel ons. Want ons het geen skrif nie. Wat as dit nie God se wil is nie? Wat as ons nou sommer net in voortvarende vleeslikheid 'n besluit neem. En ons begin bid. En ons bid. En terwyl niks van ons papierwerk in orde is nie, kry ons 'n telefoniese onderhoud. En die opgewondenheid en die twyfel neem marginaal toe.....

Ons bekyk toe in laasweek sommer ons huidige kontrak - en daar verdamp alle opgewondenheid toe ons besef finansieel is daar geen manier wat ons kan emigreer EN onsself uit ons huidige kontrak koop, sou dié firma die een wees wat ons 'n werk aanbied nie. En ek voel soos 'n plat souffle wat nooit weer gaan rys nie. Ons besluit toe, orraait, God sê nie nee nie, hy sê net NIE NOU NIE. :( En ek bel die man by die agentskap en sê "Jammer vriend, dit gaan ons X bedrag kos om uit die spulletjie diekant uit te koop, en ons kan nie alles dra, emigrasie en die geld nie." Die man verstaan toe en sê maar luister, as julle nou klaar is daar, bel weer dan begin ons van voor af soek. En ons kanselleer die onderhoud. :blush:

En vanoggend voor werk (Midde Ooste, ons werk Sondae) doen ek Bybelstudie en ek sê vir God, ek kan gaan soek wat ek wil hoor in dié Bybel - mens kan mos als regverdig as jy regtig wil. En ek sê: Ek gaan oopmaak, praat met my. En God gee my ons EERSTE SKRIF BEVESTIGING: Jeremia - dit handel oa oor Babilon, 'n regering wat nie God se wil doen, mense wat voor die voet uitgeroei word en 'n regering wat nie God se hand en leiding wil sien nie, en dan die "clincher" - "julle wat aan die swaard ontkom het, GAAN, MOENIE STAAN NIE...!" :D

En ek juig, want nou weet ek ek kan in geloof voortgaan met wat ookal gebeur - ek het skrif om op te staan! Ek weet ek kan glo doks sal goedgekeur word en huise gevind word en geld sal genoeg wees. Maar ek vra, God, hoe nou? :unsure: Ons kan eers oor 'n jaar uitkom hier. "gaan, MOENIE STAAN NIE". Ons onderhoud is gekanselleer en ons kan in alle geval mos nie bekostig om uit te koop nie.

En ek kom by my inbox by die werk en daar is 'n email van die agent af: Regardless of what I've told the company regarding your situation, they would like to offer their help should they decide your husband is the correct candidate and will assist you - just send the contract and we'll see what we can do for you! Here? Hoe nou? En my hart is opgewonde - want ek weet God is aan die werk!!! :angry:

Sal julle seblief saam met my bid? Man soek eintlik 'n ander tipe pos in sy veld as die een waarvoor dié onderhoud is, maar dalk is die firma ons voet in die deur. Mens kan mos altyd weer van werk verander as jy daar is! Help my bid mense - vir die regte besluite!! Dat ons almal in dié boot se besluite God se besluite vir ons sal wees.

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Hallo Legalbuff

Hoe wonderlik is die God wat ons dien!!!!! Net waneer ons begin twyfel se hy nee nee hierdie is die regte ding en maak Hy die deure oop!

Ek glo dit is die regte ding om toe te laat dat God dinge doen en dat ons moet ophou om te se "ag nee wat dit vat te lank laar ek maar oor neem". Dit is waneer ons wil oor neem en organise dat dinge skeef loop!

Hou vas aan die skrif wat jy gekry het, indien dit die regte ding is sal alles uitwerk! Dit lyk in elkgeval vir my of julle eintlik nou maar net moet "sit back and relax" en laat God Sy werk doen.

Ouers is baie baie kosbaar en ek glo dat daar ook 'n uitweg vir hulle sal wees.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hallo Legalbuff

Hoe wonderlik is die God wat ons dien!!!!! Net waneer ons begin twyfel se hy nee nee hierdie is die regte ding en maak Hy die deure oop!

Ek glo dit is die regte ding om toe te laat dat God dinge doen en dat ons moet ophou om te se "ag nee wat dit vat te lank laar ek maar oor neem". Dit is waneer ons wil oor neem en organise dat dinge skeef loop!

Hou vas aan die skrif wat jy gekry het, indien dit die regte ding is sal alles uitwerk! Dit lyk in elkgeval vir my of julle eintlik nou maar net moet "sit back and relax" en laat God Sy werk doen.

Ouers is baie baie kosbaar en ek glo dat daar ook 'n uitweg vir hulle sal wees.

Lovies

Nilo

Haai Nilo

Ja, ek hoop net man verstaan die ding ook soos ek - moet nog vanaand gesels daaroor - oor dié spesifieke firma en die woord wat ek gekry het.

Geniet jy die kuier?? Ek hoop so - het vanoggend gedink dis seker vir jou die lekkerste naweek in 'n BAIE BAIE LANG TYD!! :whome:

Link to comment
Share on other sites

Legalbuff

Ek sit met trane in my oe en hoendervel op my lyf! Wonderlik dat ons God so goed vir julle sorg. Ek is bly saam met julle en glo dinge sal wees soos God dit beplan.

Ja nee, as ons God verloor in ons lewe - wat bly vir ons oor? Gebede is darem 'n vinnige lyn wat nooit beset is by Hom nie!

DOEN SO VOORT!

Carelene

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Ag jinne Katryn - ek is so bly!! Dis wonderlik dat God mense se ervarings gebruik om mekaar te dra, hé?

'n Update:

Ons kan toe NIE uit manlief se kontrak loskom sonder om die pophuis vol geld te moet betaal nie - en die moontlike employer in Melbourne het toe besluit dis 'n TE groot belegging vir nou - wat ek heeltemal verstaan! :(

Die goeie deel: Hulle wil sodra ons kontrak verstryk hê ons moet hulle kontak - hulle wil dan dadelik 'n onderhoud hê!

So: Ons het 'n onderhoud, EN 'n jaar om voor te berei daarvoor!! :)

Ons gebruik nou die tyd om solank 'n Offshore 136 te doen en solank al die papierwerk, TRA ens ens ens... Dis mos 'n papieroorlog die!!

Op dié stadium is manlief baie moedeloos - hy sê hy het homself nou eindelik sover om te besluit het ONS GAAN en nou moet hy wag! Ek bid tans dat God hom sal geduldig maak en dat ons dié wagtydperk positief sal kan benut!! :)

Aan al die ander wat op dieselfde stadium as ons is - of ENIGE stadium in hierdie proses - ek bid elke dag vir ons almal!! Mag God ons so genadig wees dat ons ook hierdie vreedsame lewe sal kan smaak!! :blink:

Link to comment
Share on other sites

Hi Legalbuf

Het net nou die dag aan julle gedink.

Weet jy wat ek uit hierdie hele immigrasie ding geleer het? God se tyd is nie ons tyd nie, en dat ons moet los en dat God alles vir ons beplan. Sy timing is after all PERFECT!!!!

Ook moet ons leer geduldig wees, ek het hierdie ene seker die moeilikste aangeleer want ek wil alles beplan!

Sien julle oor 'n jaar of wat in Aussie!!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hallo Legalbuff,

Ek wil aansluit by wat Nilo vir jou gese het.

Jou geval het my laat dink aan 'n liedjie van Juanita du Plessis: sy sing van die opwekking van Lasarus uit die dood.. onder andere. "Is it not great, when he's four days late, He's still on time! His way is God's way, not yours or mine.."

Hoop dit gee jou moed

My gebed vir jou sal wees, dat God met julle sal laat gebeur wat Hy vir julle beplan het! Sterkte!

Link to comment
Share on other sites

Ag thanks julle!! Dis nou moeilikrig waar ons is "geestelik" met die hele kwessie - ons het besluit wat ons wil doen, ons is reg om dit te doen, en nou moet ons wag!! ;)

Maar wat jul sê is reg - ek besef God se timing is altyd perfek en daar is wel 'n rede vir ons om te moet wag, al is dit dan nou net om die geldsake in 'n stewiger posisie in te spaar in die jaar wat kom!! B)

Die ergste is - dis nie vermorste tyd nie - ons kan solank ons 136 inhandig en ons is fluks aan die werk daarmee - ons skryf 6 Okt IELTS - so nou of later - met God se seening - ons kom. :wacko:

Sal laat weet wanneer julle die ketel moet aansit... (Hoe's daai vir positief...) :lol:

Link to comment
Share on other sites

Sal laat weet wanneer julle die ketel moet aansit... (Hoe's daai vir positief...) :P

Sterkte met jull visa aansoek. Onthou net om bietjie boerebeskuit van SA saam te bring. ;)

Link to comment
Share on other sites

Mooi so Bokka

Die ketel sal kook!!! Kry sommer daai 136 or what ever hy nou is voor die tyd!!

Lovies

Nilo

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Sal ook my koppie gereed hou :P Sterkte en hou ons op hoogte!

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hallo Jy

Toe ek jou boodskap lees toe voel dis ek wat dit moet skryf.

Ons het 'n sponsor gekry vir my man op 457 visa en wag net om te hoor of visa geaanvaar is.

Ons dink al die laste 2jaar om te immigreeg. My boetjie en my pa is oorlede ek die enigste kind, en my ma.

Om eerlik te wees ek het alles vleeslik gedoen nie gebid oor dit nie alhoevel in die agterste gedagte geweet hoekom sal God ons die Opportunity gee vir sponsor as dit nie bedoel was nie.

Ek gaan van vandag af begin om met God te prat en vra vir lyding. Veral hoekom my ma weet ek doen dit vir my kind hy is 6jaar oud, wil sy nie haar blessing vir my gee nie - sy se sy sal my ook nie afsien by lughawe nie? Hoe moet ek in die aand my kom in rus gaan neerle as ek weet dis hoe sy voel en sy verander nie haar gedagtes nie, elke keer as ek har sien en vra het moekie al gedink - dan se sy ons praat later - later ons het +- 2maande oor voor ons weet of visa reg is?

Kan jy my asb rad gee, en ek weet nie waqr om te begin om vir God te vra om my in sy hand te wat en te ly ek vra vir tekens en raak moedeloos.

Asb bid vir ons gesin

Mandy

Link to comment
Share on other sites

Hi Mandy!

Sjoe, dis nogal 'n moeilike sakie wat jul mee moet deel. Ek kan net vir jou sê dat jou man jou hoof en outoriteit in die gesin is, en as hy luister na die Here, moet hy gehoorsaam wees wat die antwoord of opdrag ookal is. En dan, moet jy as sy vrou HOM ondersteun ongeag of jou ouers dit wil Bless of nie. Die Woord is baie duidelik oor die verlaat van ons ouers...

So, dis my raad aan jou en ek hoop tog jul vind vrede. Jy moet ook as jul die besluit geneem het (en dit lyk my jul het reeds) vir jou Ma sê dat ongeag of jy haar seen het of nie, julle gaan in elk geval definitief. Dit sal haar laat dink en sy sal die realiteit moet face. Moet ook nie vir haar aanduiding gee dat jul besluit van haar afhang nie, ek is ook 'n enigste kind uit 'n 2de huwelik en glo my, dan doen Ma's alles om jou naby te hou...

Hoop dit help jou, en confuse jou nie net meer nie :ilikeit: .

Groete

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hallo Mandy

Jy moet maar jou mamma probeer verstaan. Sy is eintlik bang om jou te verloor en nou probeer sy die enigste wapen wat sy het en dit is "emotional blackmail". Ons doen dit maar almal tot 'n sekere mate.

Ek voel dat jy haar moet reasure so veel as wat jy kan en ook vir haar 'n uitweg gee waaraan sy kan vashou, soos dat julle vir haar een maal 'n jaar 'n vliegkaartjie sal kry of dat julle haar sal help om ook na Aus toe te kom (omdat jy die enigste kind is kan dit gedoen word). Vertel haar dat jy haar nooit ooit sal vergeet nie al sal jy verder van haar af weg wees.

Baie sterkte ons bid vir jou.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...