Jump to content

AANSOEK OM 'N BLOUBUL ONDERSTEUNER TE WORD

Biltongboer

Recommended Posts

AANSOEK OM 'N BLOUBUL ONDERSTEUNER TE WORD

IK _____________________ (indien nie, moet asseblief nie jou tyd verder mors om hier in te vul nie). 'n Ou wat nie 'n IK het nie is klaar 'n boubul!!!

Naam & Van ______________________________ (verkieslik jou laaste pa s'n)

Watter provinsie het u eers ondersteun (merk asseblief duidelik):

Westelike Provinsie / Leeus / Cheetahs / Sharks

Kies enige van die volgende redes hoekom u nou 'n Bloubul ondersteuner wil word:

1. Jy en jou eks se honeymoon was op warmbad.

2. Jou swaer se karravaan staan in jou yard.

3. Jou favourite karaoke song is die blou bul eet nie van die grond af nie. Of "liefling".

4. Jy en jou familie hou daarvan om julle bloubultruie aan te trek en vir ure foto's in Silverton munisipaliteit se tuin te neem.

5. Jy voel partykeer net kommin.

6. Jy het besluit om 'n mullet en of 'n snor te groei.

7. Julle het 'n double – cab gekoop. Eerste ding is 'n moerse bloubul sticker opgeplak, spot lights is van die bull bar na die roll bar verskuif en 'n Amerikaanse vlag-bandannna het jy om jou tru-spieël gehang (jou vrou ry nou die v6 opgeboude kombi)

8. Jy like om elmboog by die venster uit te ry – dag/nag, winter/somer.

9. Jy is jaloers op die ander provisies se supporters se klas.

10. Jy kon nooit vir Habana verdra nie – nou is hy jou bra.

11. Jou dogtertjies speel bulletjie-rugby.

12. Jy en jou pêlle kyk wie die meeste die ref se ma kan slegse.

13. Jy like om langs die veld te sê: "Die bal, die bal!" of "Stuur, stuur" – wat de hel dit ookal beteken.

14. Jy praat voor familie en vriende van die blou-bulle se CEO, Barend van Graan, as "Graaintjies" en Heineke Meyer , as "Heinies", al weet hulle nie wie de hel jy is nie.

15. Jy verwys ook in elke gesprek, met vriende en familie, na jou kastige onlangse telefoniese gesprek "Graaintjies, Heinies en Bakkas (bakkies Botha)".

16. Jou baas het Robert du Preez se 1983 rugbykouse geraamd in die ontvangsarea van sy pannel beating besigheid.

17. Jou rekeninge by 2 slaghuise en 4 drankwinkels is oortrokke.

18. Jy's met jou niggie/ nefie getroud.

(indien u nog papier nodig het om u redes neer te skryf, gebruik asseblief 'n A4 hardeband boek)

Hiermee beloof ek om my soos 'n ware Bloubul Ondersteuner te gedra:

* Ek belowe om dronk te raak en die tweede helfde van elke game te mis omdat ek te gesuip is (veral as ons verloor).

* Ek belowe om enige funksie se onthaal met Loftus op die agtergrond te hou.

* Ek belowe om elke girl op Loftus se gat te gryp en dan hard saam met my tjommies en my vrou te lag.

* Ek belowe ook om enige ander span se supporters se ma's te vloek.

* Ek lê 'n plegtige belofte af om 'n Bloubul hemp, hoed, vlag te koop (jy kry die sticker vir jou kar verniet saam met die hoed).

* Ek belowe om by elke party my kar se gat innie rigting vannie party te park en my bloubul - CD uit my boot uit te laat jol.

* Ek belowe ook dat as dit met ons sleg begin gaan, summier 'n Griekwa ondersteuner te word.

HANDTEKENING :

______________________ (of vingerafdruk, OK as dit moet sal net 'n kruis ook doen)

______________________ (Naam, moenie worry oor die spelling nie)

VIR BLOUBUL KLUB GEBRUIK ALLEENLIK

Link to comment
Share on other sites

Vir my as BLOUBUL ondersteuners is dit wragtag nie snaaks nie

Link to comment
Share on other sites

Wendy, lag maar net. :P Jy ken mos van jealousy makes you nasty. Die Sharks behaal 'top of the log' in die super 14, dan het hulle nie eers genoeg supporters vir die halfeindstryf om die stadion vol te maak. Die Cheetahs se afrigter verlaat hulle met eerbare woorde van SA help om die wereldbeker te wen, net om nog voor die wereldbeker by die Stormers aan te sluit. As Blou Bul ondersteuner kry ek sommer nou dadelik vir my nog 'n stuk biltong, het darem nog my eie voortande , nie baie Stormer ondersteuners het dit :whome:

Jammer julle ouens,

Ek het nie besef ek gaan julle sagte hartjies so maklik seermaak nie! :P

Nou weet julle hoe voel 'n WP man as iemand daai stupid Hofmeyer-song so kliphard aansit. :whome:

DIS WRAGTAG NIE VIR MY MOOI NIE! :holy:

Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, ek het geweet ek gaan jou laaik!

Nou weet ek hoekom... 'nPROVINCE man!

Ek hou van Steve, maar nie wanneer hy die vieslike Blou Bul ding song sing nie... sies...ga...!

WiePie groete,

D :whome:

Link to comment
Share on other sites

Die verskil tussen 'n Province supporter :ilikeit: en 'n blou bul :) is :

Ons support ons span as hy verloor ook, nie net wanneer hy per ongeluk met God se genade die super14 steel by die Sharks nie!!

GO Rassie!!! HAHA <_<

Link to comment
Share on other sites

Was jare se jare terug 'n Noord transvaal/ Blou Bul ondersteuner. Nou ondersteun ek 'n dier van 'n ander kleur... Brumbies!!!

Julle sal daai aansoek se vrae vinnig moet verander na AANSOEK OM PROTEA AMA BLOM BLOM ONDERSTEUNER TE WORD.

Vraag Nommer 1... Is enige van jou familie lede 'n lid van die Metro polisie?

2. Het jy al 'n rugby bal gesien?

3. Jy blameer nie meer die ref nie maar apartheid/ colonialism vir 'n swak beslissing.

4 Jy is jaloers op die ander tri-nations(ZIM & Nam) se haka.

ens ens ens.

<_<

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

Ek wou nog by sê:

Komaan ouens GET WITH THE PROGRAM!! Los die Bokke, Bulle, Haaie en al die ander diere en begin die regte span nl DIE WALLABIES ondersteun!!

Nou moet ek amper soos die BB ( Biltongboer) agterna las. Nie vir sensitiewe kykers/lesers bedoel nie.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Ja nee,

Met so baie van ons wat waai, se ek in elk geval:

If you can't beat them, join them.

Dis die Wallabies waarvan ek nou praat.

Link to comment
Share on other sites

Die verskil tussen 'n Province supporter en 'n blou bul is : Ons support ons span as hy verloor ook, nie net wanneer hy per ongeluk met God se genade die super14 steel by die Sharks nie!!
Ja nee,

Met so baie van ons wat waai, se ek in elk geval:

If you can't beat them, join them.

Dis die Wallabies waarvan ek nou praat.

Kyk nou net so draadsitter!!!!!

Link to comment
Share on other sites

In die woorde van 'ou grote', die eindfluitjie het geblaas en die score is op die bord....

:P:P:P:P:P:P:P:P:P

<_<:):ilikeit::ilikeit:

..........die BLOU BUL weet nie van verloor af nie :ilikeit::blink:

LOL!!

Link to comment
Share on other sites

3. Jou favourite karaoke song is die blou bul eet nie van die grond af nie. Of "liefling".

12. Jy en jou pêlle kyk wie die meeste die ref se ma kan slegse.

13. Jy like om langs die veld te sê: "Die bal, die bal!" of "Stuur, stuur" – wat de hel dit ookal beteken.

17. Jou rekeninge by 2 slaghuise en 4 drankwinkels is oortrokke.

Hiermee beloof ek om my soos 'n ware Bloubul Ondersteuner te gedra:

* Ek belowe om dronk te raak en die tweede helfde van elke game te mis omdat ek te gesuip is (veral as ons verloor).

* Ek belowe om enige funksie se onthaal met Loftus op die agtergrond te hou.

* Ek belowe om elke girl op Loftus se gat te gryp en dan hard saam met my tjommies en my vrou te lag.

* Ek belowe ook om enige ander span se supporters se ma's te vloek.

* Ek lê 'n plegtige belofte af om 'n Bloubul hemp, hoed, vlag te koop (jy kry die sticker vir jou kar verniet saam met die hoed).

* Ek belowe om by elke party my kar se gat innie rigting vannie party te park en my bloubul - CD uit my boot uit te laat jol.

* Ek belowe ook dat as dit met ons sleg begin gaan, summier 'n Griekwa ondersteuner te word.

<_<:):ilikeit::ilikeit:

I'm already a supporter but LOVE it!!! The account at the butcher and bottle store is close to the truth!!!

Jacqui

Link to comment
Share on other sites

In die woorde van 'ou grote', die eindfluitjie het geblaas en die score is op die bord....

:P:P:P:P:P:P:P:P:P

:):ilikeit::ilikeit::ilikeit:

..........die BLOU BUL weet nie van verloor af nie :P:P

LOL!!

:P

Dankie tog ek gaan eendag in Australia bly. :blink: Hopelik ry daar nie ouens rond met blou bul vlae en hierdie stupid song wat by hulle karre se ruite uitbulder nie. Maar daar het so baie van julle nou al gevlug uit daai hel-hole uit, daar sal ongelukkig seker baie van julle daar wees. Ek dink Suid Afrika gaan dalk regkom as al die Bul supporters eers getrek het!!

Miskien moet ek maar agterbly? :P

Ek is een van daai ouens wat vir die oorsese spanne skreeu as hulle teen die Bulle speel. Ek is nou nog kwaad vir die Crusaders! <_<:P

Link to comment
Share on other sites

Hallo ou klomp suurknolle :whome:

As julle wil sien hoe lyk die beker, kom kyk hom hier in Bloemmies, of kyk hom oppie tee-vee. :ph34r:

Dit is al hoe julle hom sal kan sien, want in Tswane (of so iets) sal hy nie maklik weer staan nie. :angry:

Innie kaap sal hy ook nie staan nie, want al wat hulle kan vang, is vis en nie 'n bal nie. :whome:

In Durbs versuip die Sharks as dit begin reen. :huh:

Die Golden lions is nog altyd die sirkus leeus. :ph34r:

Op wie se tone kan ek nou nog trap. :D

Ek hoop nie ek moet my hoed opeet na more se game teen die bulle nie.So ek gaan maar sonder die hoed die game kyk. :blush:

Link to comment
Share on other sites

:blush:

Dankie tog ek gaan eendag in Australia bly. :lol: Hopelik ry daar nie ouens rond met blou bul vlae en hierdie stupid song wat by hulle karre se ruite uitbulder nie. Maar daar het so baie van julle nou al gevlug uit daai hel-hole uit, daar sal ongelukkig seker baie van julle daar wees. Ek dink Suid Afrika gaan dalk regkom as al die Bul supporters eers getrek het!!

Miskien moet ek maar agterbly? :unsure:

Ek is een van daai ouens wat vir die oorsese spanne skreeu as hulle teen die Bulle speel. Ek is nou nog kwaad vir die Crusaders! :oops::angry:

Biltongboer, hier noem mens daai ouens wat sulke goed doen Bananabenders.... ;):blink:

Link to comment
Share on other sites

Jy hoef nie aansoek te doen om 'n cheetah ondersteuner te word nie. Jy moet net bereid wees om 'n wenspan te ondersteun. Dis al?

Link to comment
Share on other sites

Ek hoop nie ek moet my hoed opeet na more se game teen die bulle nie.So ek gaan maar sonder die hoed die game kyk. :D

Die Blou Bulle sal vandeesweek kliniese selfondersoek moet doen ná hul rekord-nederlaag teen die Cheetahs eergister in Bloemfontein. Die Vrystaters se sege met 44-18 was die grootste nóg oor die Bulle en sal dus as een van die swartste Curriebeker-dae in die geskiedenis van Ligblou-rugby opgeteken word.

Go Cheetahs! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle.

Ek is 'n getroue Blou bul ondersteuner, en ja my vlae en hoedens en klere gaan alles saam Aus toe. :ilikeit:

Biltongboer vir wie support jy nou eintlik ? Almal wat teen die Bulls speel :lol: Vir iemand wat in Windhoek bly weet jy nogal baie wat hier in die Rugby aangaan. Het julle nie rugby daar by julle nie? :o O ja julle het gesien dat jou span ook werêld beker toe gaan.

Ek wil net sê ek skreeu vir geen ander span as die Bulle nie. :D En al julle bliksems hier gaan nog lekker vir die Springbokke skreeu en weet julle wat, ja die helfte van die span sal uit die Bulls spelsers bestaan want ten minste weet hulle hoe dit voel om 'n titel te wen wat teen oorsee se spanne was. En ons het koning gekraai :king:

Wat is Currie Cup rugby nou as daar Werêldbeker rugby gaan wees. Niemand gaan eers weet wie die beker gewen het nie. :huh: Want internasionale rugby is net soveel beter. ;) En ek hoop ook die Aussies doen goed. Maar ek reken die Bokke kan die ding doen.

So ons bulls ondersteuners is bereid om die Currie Cup prys te gee, hierdie jaar en die grote te kry met die hulp van ons manne in die bok span. O yea B)

Lekker rugby kyk en support wie jy wil dis OK :ilikeit: Ons almal kan tog nie dieselfde spanne support nie dink net dan kon ons nie nou hier lekker tjol gepraat het met mekaar nie.

Blou Bul Groete

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Terwyl ek nog op die kontinent bly, sal ek maar altyd 'n WP en Stormer man bly.

En die bokke support. Die dag as Namibia dalk teen SA speel in 'n semifinal/final, dan sal ek in 'n penarie wees, maar tot dan is dit maklik genoeg om beide te support. Ek moet erken, ek kan nie eers noem wat ons heelagter, losskakel of kaptein se naam is nie! Maar ek ken die bokke.

Dit klink seker pateties, maar nou ja, ons is seker maar bietjie pateties, en dit pla ons nie eintlik nie. Ten minste is ek nie 'n Bul nie!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

...die 'pateties' verduidelik darem die rede vir die Province support :ilikeit: !!

Doen jouself 'n guns, moenie Collingwood (Magpies) in Aussie Rules support as jy hier kom nie. Jy sal vind die meeste van hulle SA supporters het 'n blou trui aan onder die swart en wit van die klub. Selfde reëls, daar is nie 'n 2de span nie dit is net Collingwood hier en net die BULLE in SA!!

Vir al die "Cheatahs", kry maar die beker hierdie jaar. Die regte rede omdat Rassie geloop het was hy is gedwing om sy span te laat sleg speel in die Super 14 sodat so min moontlik, indien enige, die Bok span kan haal, sodat hulle die Currie Cup kan terug kry. Is heel bereid om die Kerrie Koppie vir die Web Ellis trofee te ruil, maar net hierdie jaar, volgende jaar kom haal ons hom weer.

:P

WoO

Link to comment
Share on other sites

...die 'pateties' verduidelik darem die rede vir die Province support :( !!

Doen jouself 'n guns, moenie Collingwood (Magpies) in Aussie Rules support as jy hier kom nie. Jy sal vind die meeste van hulle SA supporters het 'n blou trui aan onder die swart en wit van die klub. Selfde reëls, daar is nie 'n 2de span nie dit is net Collingwood hier en net die BULLE in SA!!

Vir al die "Cheatahs", kry maar die beker hierdie jaar. Die regte rede omdat Rassie geloop het was hy is gedwing om sy span te laat sleg speel in die Super 14 sodat so min moontlik, indien enige, die Bok span kan haal, sodat hulle die Currie Cup kan terug kry. Is heel bereid om die Kerrie Koppie vir die Web Ellis trofee te ruil, maar net hierdie jaar, volgende jaar kom haal ons hom weer.

:(

WoO

Ek ruik nou iets suur.

"n klomp ossies het laasjaar die koppie probeer vat, nadat die Cheetahs die koppie in die gay klub(30 000 mans wat vir een man liefling sing!!) die vorige jaar gaan haal het. :P

En hy staan nog in Bloemmies. :ilikeit:

Die manne moet maar kom probeer om hom te vat.Of is daar te min van hulle??? :P

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...