Jump to content

7 maande hier


Blossom

Recommended Posts

Dis al 7 maande dat ons hier in Adelaide is...waar is die tyd heen? Daar het soveel dinge gebeur in so 'n kort tydjie. Danksy die forum was die eensaamheid draaglik en ek is happy as ek een vriend gemaak het. Ek is daagliks verwonderd en dankbaar oor al die seeninge wat ons kant toe gekom het, al die rus en vrede wat ek nou ervaar.

Ons sit gisteraand en gesels, ek en my man, toe hy vir my vra of ek nou die nuutste gehoor het van die skelms en hulle streke daar anderkant? Nee, se ek, wat?

Wel ter tale en goed geklede mense volg die Ma van die skool af waar sy haar kind af gelaai het in die oggende. Hulle klop aan die deur en se aan die Ma dat haar kind by die skool seergekry het en dat hy/sy by die ongevalle afdeling van die hospitaal is. Die arme Ma skrik so groot dat sy of in haar kar klim en die mense volg of sy ry saam met een van hulle terwyl die ander een dan kwansuis met haar kar volg. So ry hulle dan draaie met haar, verkrag haar, of steel haar geld en steel haar kar. Hulle gooi haar dan langs die pad af. Erg ne?

Of wat van die een? As jy en jou gesin op 'n Vrydag aand rondry of vir een of ander rede in julle motor op pad erens heen is, en jy sien 'n kar sonder sy ligte aan ry, moet onder GEEN omstandighede vir hom met jou kar se ligte flikker nie. Moenie vir hom wys sy ligte is af nie. Die rede? Daar is 'n reeling onder die mense(?) dat die eerste kar wat vir hulle wys hulle ligte is af is dan die aand se slagoffers. Hulle agtervolg jou tot waar ookal en dan word jy summier geskiet. Dit is 'n soort van inlywing vir nuwe bende lede. So die eerste kar wat vir hulle ligte wys, is die slagoffer.

En buurman wat laat die aand buite op die sypaadjie rondloop en blikkies en papiere optel. "En nou buurman?"

"Nee, ek maak maar die sypaadjie skoon want ek hoor as daar 'n Sprite bottel le beteken dit dis ou mense en dus maklike teikens wat daar woon. As dit 'n ander tipe blikkie of merker is dan beteken dit weer dat daar mense tuis is en dat daar nie vanaand ingebreek moet word nie. So ek tel maar op"

" OK, buurman, laat ek jou help"

Daar het nie 'n ding rondgele nie, nooit nie.

Bangmaak stories? Ek weet nie, dis maar wat ek beleef het en gehoor het.

Ek gaan nou bietjie stap..alleen.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

"Nee, ek maak maar die sypaadjie skoon want ek hoor as daar 'n Sprite bottel le beteken dit dis ou mense en dus maklike teikens wat daar woon. As dit 'n ander tipe blikkie of merker is dan beteken dit weer dat daar mense tuis is en dat daar nie vanaand ingebreek moet word nie. So ek tel maar op"

Betsy, dis nie bangmaakstories nie. Dit het met ons gebeur oor 'n tydperk van 'n paar maande toe ons nog in ons huis gebly het. Ons moes gereeld, partykeer 7 dae in 'n ry, die merkers optel. Dit het gewarieer tussen platgedrukte coke blikke, bottels, gekleurde papiertjies en selfs wol. Het geen idee gehad wat dit beteken nie, maar jy tel op. Snaaks, ek het al lankal daarvan vergeet totdat jy dit noem.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe, dis nogal nuus vir my - die merkers wat hul gebruik! Nog nooit daarvan gehoor in Stellenbosch nie. Miskien net oningelig.... Geniet die vryheid julle gelukkiges daar anderkant! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

ja, een makker het die ander dag sommer 'n hele plastiek sak opgehang in die boom voor die hek!

Die skelms het twee weke terug 'n bediende in die huis oorval en die HELE huis leeggedra. IN ONS BUURT!

Tel op tel op ALLES!

Link to comment
Share on other sites

More forum,

Die rakkers wat so op die hoeke in die woonbuurte sit met hulle vinger in die lug...vir hulle moet jy oppas. Dis hulle wat so die heeldag daar sit en jou kom en gaan dophou. Later weet hulle presies hoe laat jy ry en terug kom. Dis hulle wat met 'n blou stuk bord kryt merke op die sypaadjie gemaak het vir hulle makkers om te sien dat daar net 'n bediende was die dag. Die arme ousie is aan geval en vir dood gelos, die honde vergiftig en die huis leeg gedra terwyl die mense by die werk was.

Ja nee, hulle sit rustig agteroor en bestudeer jou huis die heel dag lank.

Die snaakste ding wat ek nog ooit gesien het was die jong mans wat op die hoeke staan met ' n bordjie wat se "Ons sny die boom". Dan staan daar mooi uitgestal 'n elektriese saag op die hoek. Ek weet ook nie of dit elektries is nie want ek het geen drade gesien nie. Kry mens 'n boomsaag wat met petrol werk?

Nou vra ek met trane in my oe, wie op aarde gaan een van hulle en dit met 'n boomsaag in jou kar laai en na jou huis toe vat? Wie sal braaf genoeg wees om dit te doen? Nie ek nie!

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...