Johnny Posted August 5, 2007 Report Share Posted August 5, 2007 Hi almal! Wil ons net bekend stel en dankie sê vir al die wonderlike inligting op forum. Dan voel 'n ou ook darem nie so alleen in die "stryd" nie. Ek en my man het ook die plan soos vele ander om maar oor te gaan na Australië en vir onsself te gaan kyk. Die belangrikste natuurlik om werk te probeer kry!! Ons is glad nie uitsoekerig waar ons gaan beland nie, as ons net eers tog 'n werksaanbod kan kry!! Ons kyk ook na NZ. Ons ondervind ook dat die agente nie vreeslik opgewonde oor ons is nie, alhoewel daar tog so 3 agente is wat aangedui het ons kan hul maar kom besoek. Verder het een firma laat weet dat hulle graag met hom sal wil praat as hy in die omgewing is. Klink dit vir jul belowend? Ons het besluit dat ons eers die Australie expo wil bywoon in Jhb om moontlik nog kontakte te kry. Daar is ook so 'n soortgelyke "event" van NZ binnekort. My man se beroep is 'n Quality Management System Consultant en ek bedryf 'n naaldwerk en craft skool vanaf my huis.GroeteD&J Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
slingshot Posted August 5, 2007 Report Share Posted August 5, 2007 Welkom by die forumWat visa aansoeke aanbetref hang dit af waarvoor julle kwalifiseer(werksvisa of permanent visa(PR) en ander). Ons het gevind dat ons dit self wou doen. Vir die PR visa het ons net net die punte totaal gemaak, en ons het dit gekry. Ander sal dalk weer voel om 'n agent te gebruik. Hierdie is 'n vraag wat min jou sal kan antwoord dit hang van jou omstandighede af. Indien julle 'n werksaanbod kan kry is dit natuurlik die beste.Anyway, dit is waarvoor die forum daar is om al die gewonder vrae uit die weg te ruim. Sterkte met die besluitneming!Tot later Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Johnny Posted August 5, 2007 Author Report Share Posted August 5, 2007 Hi SlingshotDankie vir jou verwelkoming!! Sovêr my kennis strek kort ons 'n paar punte vir PR. Nou bly die werkvisa oor... Maar ek verstaan iemand moet jou eers 'n werk aanbied voor jy 'n werksvisa kan kry? Ek sal weer September( na die verandering waarvan almal praat) gaan kyk na my punte en miskien kan die mense by Australië se expo in JHB my ook dan help. Tot dusvêr probeer ons ook nog self regkom sonder 'n agent. Intussen doen ons al vir lank vir alles aansoek wat in my man se lyn is!! maar tevergeefs... Gelukkige julle met jul PR!!! Ons probeer ook positief bly, en sal aanhou probeer.D&J Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Guest wilna Posted August 6, 2007 Report Share Posted August 6, 2007 Hi DEk is bly jy is ook nou hier! Soos jy seker gelees het, het ons ook nou nie meer genoeg punte vir PR nie so na 1 Sep gaan ek en jy lekker saam koffie drink en dan bespreek ons al daai nuwe visas. Ons gaan ook na die expo toe in Jhb.Groete Wilna Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
WidgetofOzz Posted August 6, 2007 Report Share Posted August 6, 2007 Hi Johnny and Wilna,Ons het in Secunda groot geword en is darem nou al so 4 maande in Ozz. Sterkte met die aansoeke, glo dit sal goed gaan. Skreeu maar as julle hulp nodig het ons sal probeer help waar ons kan.Groete,WoO Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Johnny Posted August 6, 2007 Author Report Share Posted August 6, 2007 WitgetofOzzBaie dankie vir jul hulp aangebied!!! As ek in S.A moet bly, sal dit maar hier wees. Hier is dit nog redelik veilig (Touch wood). D&J Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Heymanse Posted August 7, 2007 Report Share Posted August 7, 2007 Hi daar! Van watter "expo" oor Oz praat jy van? Wanneer en waar is dit? Sal dit graag wil bywoon. Kan jy dalk vir ons die detail deurstuur? Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Guest wilna Posted August 8, 2007 Report Share Posted August 8, 2007 Hi daar! Van watter "expo" oor Oz praat jy van? Wanneer en waar is dit? Sal dit graag wil bywoon. Kan jy dalk vir ons die detail deurstuur?Hi heyjlplGaan kyk hier http://www.expo-australia.com/ Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Heymanse Posted August 8, 2007 Report Share Posted August 8, 2007 Sjoe, baie dankie vir die inligting Wilna. Ek het nou-net op die site ingegaan en glo my, ek en my man is beslis daar September!! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Biltongboer Posted August 8, 2007 Report Share Posted August 8, 2007 (edited) Hopelik met die immigrasie aansoeke wat nou online gaan wees, gaan dit selfs nog makliker wees om sonder 'n agent in te kom. Daar bly natuurlik altyd die opsie van New Zealand, wat ook ingewikkelde proses is, maar dalk 'n uitkoms bied vir iemand wat nie Oz toe kan gaan nie. Steeds beter as om te bly in SA? En as jy eers daar is met Pr, is dit makliker om in Australia te kom. (Hoor ek) Edited August 8, 2007 by Biltongboer Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Johnny Posted August 8, 2007 Author Report Share Posted August 8, 2007 heyjlpl en biltongboerDaar is ook so expo van NZ, ma dan sal jul moet vinnig spring om plek te bespreek dis volgende week. Gaan loer by www.newzealandnz.co.nz Ek dink maar net miskien bly jy so lekker in NZ dat jy nie meer in Australië wil gaan bly nie... D&J Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.