Jump to content

box vs boks of doos ?


cristel
 Share

Recommended Posts

HIERDIE IS 'N MOET LEES!!!

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid,

die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal vergader.

Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste rugbyspan

geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang

gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die

doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie.

Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise

teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar

Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle

ens. plaas) aan die skool geskenk is.

Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.

Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die

Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee

sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.

Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die

kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee

Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die

onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite

werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens

uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon

inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se

kantoor verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!

Ons het die woord al te veel verniel in Afrikaans.

Link to comment
Share on other sites

Great Cristel!!!

Laat 'n doos 'n doos wees en 'n boks 'n boks!!

En daar's baie bokse in hierdie ou wereld van ons!!??

Lekker gelag!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Ek het as 'n jong onervare onnie die woord "doos" EENKEER voor 'n Afrikaanse Gr 11 klas gebruik, en daarna NOOIT weer nie... :(:D;)

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...