Jump to content

'n Ware storie


Blossom

Recommended Posts

Ons bly in Alberton en dis omtrent so 7 jaar gelede. Oudste seun het sopas 21 geword en sy vriende en vriendinne vier so een na die ander ook hulle 21 ste verjaardae. Die een wil beter wees as die ander, die een gee 'n restaurant aandete vir 60 jonges en jeukeriges en hulle neem die plek op horings. Die ander weer reel vir 'n safari vir die hele naweek en die kinders kom bleek en tam terug huis toe die Sondag aand.

Heidie gee 'n fancy dress ding. Die uitnodings is al hand afgelewer 'n maand voor die tyd. En in ons huis word daar beplan en beskou deur oudste en middelste seun. Hulle loop en frons en beplan hulle uitrusting en Ma se raad word gevra en verwerp. Oudste werk al en het sy eie geld en hy besluit om te gaan huur. Middelste het nie geld nie en die kreatiwiteit moet ingespan word. Louis, beste vriend van oudste is ook genooi. Hy het nooit geld nie en ek wonder wat gaan daar uitkom.

Intussen gaan die daaglikse lewe voort. Ons het 'n hond gaan haal by die dierebeskermings vereniging, so 'n Basset met lang ore en rooi hartseer oe. te pragtig is die dingetjie en lekker laf. Hy hardloop alles onderstebo met sy groot lomp pote. Die kosbak en waterbak le omgekeer, die wasgoed word van die draad af geruk en stukkend gespeel. Cricket, ons ander hond is glad nie beindruk met die lawwe hond nie, hy trap hom so vas met die een poot terwyl hy vreet. Of hy byt vir George ( sy naam) aan die ore met sulke geniepsige happies.

George leer om vir my bang te wees want ek raas altyd. As dit nie die wasgoed is nie dan is dit die modderpote teen die agterdeur. Ek raas en as hy my sien aan kom dan gaan le hy so op sy voorpote, sy stert in die lug en hy blaf sy ore skoon oor sy oe.

Een ding van George, as die hek oop is en hy sien dit, dan hardloop hy. Hy word net nie gekeer nie, hy is straat af en ons agterna. as jy gelukkig is kry hom doer onder by die kafee. Dit gebeur daagliks en die seuns is al moedeloos oor die gehardlopery agter die hond aan. Ek ontdek toe dat as jy maak of jy kos uitkrap in sy bak in, draai George in sy spore om en hardloop terug. Hy dink mos hy gaan kos kry. Maar jy moet dat die lepel so klingeling in die staal bak. hy moet dit kan hoor, dan kom hy terug. So as hy hardloop dan gaan staan ek by die hek en klingeling en die hond kom terug. Moes seker aardig gelyk het...

Dis toe nou tyd vir die vreeslike 21ste verjaardag partytjie van Heidie. Louis kom daar aan met 'n groot sak en hulle verdwyn in oudste se kamer in. Ek gaan aan my dinge en heelwat later word ek geroep om te kom kyk.

Oudste is 'n non, kompleet met hoofbedekking, lang swart rok, wit kragie en al. Sy gesig is spierwit gepoeier. Nee se hy, hy het sy jocks onder aan!

Louis is 'n straatdame, hy het sy jonger sussie se klere aan. Tot selfs haar grimering ook. Hy het blykbaar in die week geoefen hoe om make up aan te sit. Te pragtig, maar hoe hy gaan loop met daai bootse weet ek nie.

Middelseun, sonder geld, het my volksie se kar se sitplekke se oortreksel aan. Moenie my vra hoe nie...hy het dit net aan. Hy lyk......hy lyk net. Ek weet nie eers wat het hy onder aan nie. Los dit maar.

Nou is hulle reg vir die groot aand en ek moet hulle vat, dis sommer naby.

Jongste moet die hekke oopmaak...en ons vergeet van George en daar gaan hy, straat af.

Ons het nie 'n keuse nie, hy moet gevang word anders is hy in die verkeer in en ons klim almal uit om te jaag.

Daardie dag het ons Alberton se verkeer gestop en die mense by hulle voordeure laat uitstorm.

Daar hardloop die uitbundige hond met die ore wat flap om sy kop en so entjie agter hom kom die non aangesnol met haar rok opgetrek sodat jy net rooi jocks sien. Agter die non kom die fyne straatdame aangetrippel met boots tot by haar kniee. Sy gee sulke kort treetjies en kort kort slaat sy neer dat jy net blinkerties sien waai. Agter hulle kom die een met die karsitplek oortreksels aan. hy is lank met laaang bene

wat tot verby sy ore kom soos hy hardloop.

En agter die hele petalje staan ek met 'n kastrol in my hande en slaan verwoed met 'n yster lepel en skree kom George kom!

Karsitplek seun het die hond gevang en gedra tot by die huis...die heel pad geloop en mompel en gekners tussen sy tande deur.

Die partytjie was 'n sukses, George was by die huis en ek het by die kombuis tafel gesit en onbeheersd gelag dat die trane loop. Almal het ons gegroet van toe af as ons buite was.

Groete, Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Baie baie snaaks Betsy!! Sien .. dis hoekom Adelaide een van my gunsteling plekke is ( al was ek nog nooit daar nie).. dis oor mense soos jy en jan Stoof en Bob en al die ander.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Wat 'n lekker storie, het so lekker gelag!!

Man jy kan 'n storie mooi vertel! Wonner waars ons ander vrinne met die stories. Jan Stoof werk jy jou oor 'n mik aan die nuwe besigheid?

Mis nogal vir ou Bob, wonder hoe gaan dit met die trippie.

lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Wonderlik! Ek lĂȘ nou soos ek lag die kant. Kan my net die prentjie indink. Moes almal op die pad se dag gemaak het!!

Hoop dit gaan nog goed daar by julle en die spookhuis!

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Wonderlik! Ek lĂȘ nou soos ek lag die kant. Kan my net die prentjie indink. Moes almal op die pad se dag gemaak het!!

Hoop dit gaan nog goed daar by julle en die spookhuis!

Groetnis

Rocky

Rocky Hi!!,

Lekker om van jou te hoor, ek het die fotos toe gesien. Die mooiste dogters, kan ek my seuns se waar julle bly? :whome:

Vanoggend is die spookhuis toe onder die mis met net die een liggie wat brand daar doer op die derde vloer. Moet seker vreeslik eensaam wees so alleen in die groot huis....geld is ook nie alles nie, ne?

BMW voor in die oprit, fonteine wat hoog spuit, pragtige tuine maar alleen......

Hoop jou griep is beter, myne is gelukkig ook iets van die verlede, volgende jaar gaan ek vir die griep inspuiting. Al is ek vrekbang vir naalde, ek gaan. :(

Wens jy kan weer kom kuier, daar soveel wat ek jou nog wil wys.(En ek kort vroue geselskap) :lol:

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Dis nou 'n lekker storie, lekker gelag dankie Betsy. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Ja, ek wens ook ons was al daar. Dit was heerlik en ek sal enige tyd in Adelaide gaan bly. Mens besef nie wat vryheid werklik beteken nie.

My griep sukkel nog maar ek is darem weer terug by die werk. Moet maar aangaan.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...