Jump to content

Sarie Marais doing Waltsing Matilda


Elbaan

Recommended Posts

Hallo almal

Moeder (my wederhelf) wys my daarop dat ons onself formeel moet voorstel op die forum. Ek vra onverskoning want ek het alreeds deelgeneem. Kom ons skryf dit maar toe aan die opgewondenheid en inspirerende gesprekke!

Ek het reeds iewers genoem dat ons ( dit is nou ek, ma en dan ons twee dogters, 17 en 15) tans besig is met ons aansoek (Skilled Auastralian Sponsored, subclass 138). Dit behoort binnekort, hopelik nog in volgende week, afgehandel te wees. Ons agent (Andre Burger, kan hom baie sterk aanbeveel) het reeds laat weet dat ons medies klaar goedgekeur is en dat skoosnus in Adelaide reeds die "sponshership" betaal het. Ons kan nie meer wag nie en is elke 10 minute op ons mail om te sien of die uitslag nog nie daar is nie.

Ons gaan egter "blind" oor sonder dat ons enigsins weet waar ons gaan beland. Skoonsus in Adelaide maak dit makliker. Vriende in Narrogin WA stel egter 'n hele huis gratis tot ons beskikking totdat ons ons voete gevind het. Ons is dus nog maar in die donker want die pennies is maar min en wil dus so min as moontlik spandeer on 'n getrekkery. Ons het ook maar onlangs begin om van hier af (Rustenburg) op die internet na werk te soek. Ek is ook maar een van die vele slagoffers van regstellende aksie wat nie kan werk kry is Suid Afrika nie. Sit met 'n MBA, maar is 'n faktotem by 'n laerskool!!!!

Ma is in die onderwys, het 'n Hon en baie goed gewkalifiseerd.

Die dogters is in graad 9 en 11 onderskeidelik. Die oudste sal wel 'n jaar moet herhaal in Aus, maar sy is heeltemal bereid.

Dit is maar kortweg ons voorstelling.

Ons wag maar in spanning. Moet nog die huis en motors verkoop en met die nuwe kredietwet lyk dit maar na 'n tydsame gedoente.

Beste wense aan julle almal. Hou aan met die goeie raad. Hierdie forum het ontsaglike waarde.

Banie + Eloise

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle

Baie welkom by die forum, julle kan baie wys word hier. Ons is ook oppad, ons gaan Perth toe, my man is 'n elektrisien en ek werk vir 'n prokureur. Hubby gaan oor Perth toe vir 'n onderhoud, hopelik binne die volgende 2 weke, en dan doen ons aansoek vir die 457. Is ook besig met die 136.

Sterkte vir julle en hoop alles kom gou tot 'n punt. :ilikeit:

Telanie

Link to comment
Share on other sites

Indien jou wederhelf belangstel in onderwys in South Australia kan sy gerus kyk na onderwys inligting onder die Employment: Queries, Tips subforums; TEACHING IN SOUTH AUSTRALIA.

Teaching in South Australia

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...