Jump to content

helga: Hallo uit Centurion, SA


Miss Piggy

Recommended Posts

Hi julle!

Jitte, maar ons gaan lekker gesels op die forum! Ons sit nog in SA,

maar hoop om teen Mei in Sydney te wees - kan REGTIG nie meer wag!

Hou duim vas vir die "medicals" en visum.

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom, hoop jy voel gou tuis hier by ons.

Ons wag ook vir visas en gaan vrydag vir medicals, so hou maar duime vas. Ons gaan op 457 visa en julle?

Link to comment
Share on other sites

Hi Helga! Welkom by die forum!

Ek is ook oorspronklik van Centurion. Hoop om jou sommer nog baie hier te sien kuier. Sterkte met die Visa en skree as ons kan help!!

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...
Hi Helga! Welkom by die forum!

Ek is ook oorspronklik van Centurion. Hoop om jou sommer nog baie hier te sien kuier. Sterkte met die Visa en skree as ons kan help!!

Hi Riekie en Dedrei

Het nou eers bietjie tyd gekry om die forum mooi te lees en so terloops op julle "reply" af gekom.

Dedrei: Ons kom ook oor op 457 visum. Het dit begin Feb na die agentskap gestuur. Hulle is so bietjie stadig en klink vir my hulle het eers Vrydag die aansoek "online" gedoen :ilikeit: Ons is al besig om al ons meubels verkoop en gereel om by skoonma te bly tot ons oorvlieg (hopelik middel April). Ek is 'n verpleegkundige en gaan in 'n psig hospitaal in Sydney werk. Hou duim vas dat die visum teen einde Maart goedgekeur is!

Riekie: Ek sien vreeslik uit om julle almal te ontmoet. Het al baie met Madelein gesels - ons gaan tien teen een 'n week of wat by hulle bly wanneer ons arriveer in Sydney (is bietjie moeilik om 'n plek te soek om te huur vanuit SA). Ons moet BESLIS 'n kuier reel - dan kan ek sommer die "ins and outs" hoor van die Sydney lewe! :ilikeit:

Moet se ek het bietjie 'n af dag vandag, voel asof ek net heeltyd wil huil (en ek sit by die werk - so 'n goeie huil sessie is nie nou moonlik). Ek dink dis maar die spanning van wag vir die visum, die meubels wat verkoop word en skoonma wat haar heeltemal onttrek van ons (dink nie sy weet hoe om dit te hanteer dat haar seun en kleinseun so ver weg gaan wees). 'n GROOT troos is dat ek in my hart weet ons maak die regte besluit en dit laat my sommer alklaar beter voel! :ilikeit:

Toedeloo.

Helga

Link to comment
Share on other sites

Helga, ja-nee, ons moet beslis 'n kuier inpas! Ek sien uit daarna!

Toemaar, dit is normaal om tranerig te voel voor mens finaal jou tassies pak en op die vliegtuig klim (en ook daarna!). Mens se emosies ry maar baie wipplank en ons vrouens het nog klomp hormone ook wat nie altyd lekker saamwerk nie. :ilikeit: Mens het soveel vrae wat deur jou kop gaan en soveel dinge om te rëel en bymekaar te hou (en gewoonlik is dit ook ons vroue se verantwoordelikheid) dat mens net party dae die groot tranedal kry om van al die opgehoopte emosie ontslae te raak - wat eintlik 'n goeie uitlaatklep is.

Het julle kinders? (Want dit kan ook baie tot die trane bydra - mens is maar bekommerd dat jy as ouer nie jou kinders faal in jou keuse om hierheen te kom nie, en ook of hulle sal aanpas en gelukkig wees). :ilikeit:

As die mense by jou werk weet van jou planne is ek seker sal hulle verstaan as jy so nou en dan 'n traan moet pik........ :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek het net 'n klein seuntjie van so jaar en 'n half - te oulik, if I say so myself! :ilikeit: Hy iseintlik die hoof rede hoekom ons Sydney toe kom, hy sal soveer meer geleenthede he in Oz as SA.

Soos jy se, dis maar die onsekerheid en familie hierdie kant is nie baie ondersteunend. En ja, die hormone is maar hoelderste bolders! :ilikeit:

Kan nie wag om julle oulike mense te ontmoet nie! See ya on the other side! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...