Jump to content

nog 'n paar lekker dinge in OZ


Blossom

Recommended Posts

As ek nou back home was sou ek seker deur die huis geloop het en seker gemaak het alles is gesluit. Ek sou die garage deur gesluit het en elke keer as ek van die draad af gekom het om wasgoed op te hang sou ek die deur agter my my moes sluit. Ek sou om en om die winkel gery het tot die verdagte mense wat so rondsit pad gegee het. Of ek sou 'n ander winkel gaan soek het.

Ek sit met die tipiese scenario in my kop terwyl ek terugdink aan so 6,7 maande gelede. Dit was nou maar net hoe die lewe was.....

Ek is vanoggend so dankbaar vir die lewe, ek voel of ek kan jubel, alles is so mooi, oop en helder. Ek sit hier in 'n pophuisie in OZ, ek is stoksiel alleen en ek is nie bang nie, inteendeel, ek gaan nou 'n hoekie soek en sit en lees. Harry Potter nogal!

Weet julle wat? Daar was nou nie eers sprake van die sogenaamde culture shock by my nie, ek geniet Oz te veel om geshock te wees oor enige iets! Kan ek maar weer se....die lewe is 'n lied!!!!!!!! :ilikeit:

groete,

Betsy.

Edited by Betsy
Link to comment
Share on other sites

Betsy

Geniet die rustigheid en hopenlik die sonnetjie. Is ook vandag met jongste by die huis (steeds waterpokkies) :ilikeit: en al die deure is gesluit. Sy wil kort kort buite gaan en dan moet ek maar keer. Ek voel eintlik heel veilig hier want ons woon op 'n klein plasie waar daar 'n hoofhuis is, ons huisie, nog 'n ander huisie en 'n woonstel is. So, ek is nie heeltemal alleen nie, maar mens voel tog dat mens versigtig moet wees.

Kan nie wag om eendag die vryheid te kan geniet nie en sommer net te kan gaan stap wanneer en waar mens wil! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy, weer ek...

Somtyds wonder ek of ek ooit gaan ophou oor my skouer loer? Maar dit is great om te hoor hoe jy dinge ervaar. Dit gee my hoop!

As 'n jhb girl is dit so in my geprint om parraat te wees, toe te sluit en versigtig te wees.

Ek sien uit daarna om vir 'n stappie te gaan, alleen, sonder om bang te voel. Of huistoe te ry in die aand as ons iewers wat en nie heeltyd te worry nie - kriminele? Dronk bestuurders? ens ens ens

Geniet daardie vryheid, en dankie dat jy dit met ons deel. Dit gee my weer iets om aan vas te klou vir die laaste paar weke hier in SA.

Groete

a

Link to comment
Share on other sites

Hallo Betsy,

Raai net wat vang ek en my man vanoggend aan? Ons ry na ons plaaslike Woolworths toe en koop so paar goedjies vir die week wat voolê! Terug by die huis na meer as 'n uur, kom ons agter dat ons nooit die knoppie gedruk het sodat ons garage deur toegaan nie! So kom ons by die huis aan en alles staan wawyd oop!!! Was ons nou in Afrika was ons rot en kaal besteel!

Ja, mens vergeet van oor jou skouer loer die hele tyd as jy 'n ruk weg is uit SA en dan vang party van ons sulke simpel goed aan soos dit! Ek is elke dag dankbaar dat ons hier kan wees en in so 'n fantastiese plek kan bly! Moed hou aan almal wat nog oppad is!

Groete

Amanda

Link to comment
Share on other sites

Hi Amanda

Kan jy glo? Selde met ons nou die dag..ons garage het 'n deur wat in die eetkamer inloop. Jy klim uit die kar uit dan is jy so te se in die huis. Mens moet die garage deur toemaak met die remote control. En toe vergeet ek, die hele nag met 'n oop garage deur geslaap en met 'n oop deur in die eetkamer in. Ons kon maar net verstom na mekaar kyk die volgende dag.

Dis asof duisende oe jou die heeltyd dophou daardie kant, jy voel die heeltyd bedreig en onveilig. Die donkerte is jou vyand. So anders hier, so gerus en soveel meer tyd vir mekaar. Die lewensgehalte is 100% beter.

Almal wat hier lees, moenie dat ek julle mislei nie.....hier is probleme, hier is misdaad en die verlange na jou land le soms fel in die hartkamers. Maar dinge het kwaai hand uit geruk in Suid Afrika, te erg, mens kan nie meer daar leef nie. Dit het 'n oorlewings stryd geword daar sonder tyd vir die mooi en die kwaliteit dinge in die lewe.

Ek se vir my man vanoggend dat ek so half koersloos, sonder rigting voel. So gelukkig hier in my nuwe land maar tog ook so sonder enige agtergrond, sonder geskiedenis. Wat is die woord, is dit basis, grondbeginsel, back stop? Ek weet nie, miskien kan iemand my uithelp, wat is die regte woord wat ek soek vir hierdie gevoel van eensaamheid te midde van die gewoel hier in my hart? Help.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hallo vriendin

At last sit en nou hier voor die laptop en lees bietjie die Forum, het julle nogal gemis die afgelope paar dae.

Julle praat van hoe anders dit hier is, hoeveel veiliger!

Ons het mos getrek, sou Vrydag maar het toe eers Saterdag. Vrydag oggend vat ek en my man toe die treiler en gaan laai my nuwe sitkamerstel op, kom by die huis en laai af in die oop garage (die huisie was 'n high set Queenslander met hout onder 3/4 om maar geen deur) nou moet ek ook mention dat daar toe nou al die hele week geskarrel is en die gras snyer weedeater ens ens le toe nou al 'n paar dae oop en bloot so onner ons. Wel niks, niks, niks is eers aan geraak nie. Se toe vir my liefie, in SA was die goed lankal gevat so met die treiler available vir haak en laai!!!

Aussie is goed vir ons!

Bokka, jy sal maar 'n part time joppie moet kry, of volunteer sommer by die RSPCA of ouetehuis of iets, dit hou mens goed besig en gee jou 'n mission. Ons het almal 'n mission nodig.

Lovies

Nilo

Lekker BB final kyk vanaand!! Ek dink Zac gaan wen, sal laaik as Alesha wen maar dink dit gaan Zac wees.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Weet jy, ek het vanaand dieselfde gevoel gehad - daardie een van waardering. Ek en my man het bietjie gaan rondry in die Hills vanaand (ons harte bloei vir 'n huis), en ek het sommer bang geraak!!! Kan jy glo!!! Ons ry langs 'n pik donker veld, en ek se vir my man, dis bietjie onveilig!! Meantime, loop die tieners en die couples in die straat af, en bure loop na mekaar toe om met mekaar te gesels!!! Ja nee, voel ek toe nou, is dit nie wonderlik nie!!!! This is what freedom is :D

Link to comment
Share on other sites

More almal,

Ek kan nie wag in die oggende om my laptop aan te sit nie. Beddens is op gemaak, manne is weg werk toe en ek het die dag vir myself!

Ek hoor gisteraand dat Joost en Amore ge hijack is, blykbaar het hulle langs die pad gestaan in die kar sonder petrol. Die robbers/skurke/diewe/skelms het net sy geld gevat en blykbaar so onder mekaar gemompel " Ama bokke, bokke" en toe die veld in gehardloop. Hulle was baie gelukkig om skotvry daarvan af te kom...net R400 gesteel. Seker is die skurke rugby fans.

Gister in die tydskrif 'n artikel gelees oor Weight Watchers, ek sien die vrou het 50kg verloor! Noudat die rook probleem iets van die verlede is, moet daar iets gedoen word aan daai skaal in die badkamer. So Nilo, moenie meer resepte van maklike melkterte en fudge gee nie asb. Gee liewer bietjie cyber moed en ondersteuning vir die stryd wat voorle. Ek wil 15 kg verloor in 2 maande. Is dit moontlik?

Ja, ek was 'n BB fan en toe wen Aleisha! Arme Zach, maar die meisiekind is oulik. Hoop sy geniet die geld en doen iets verantwoordeliks daarmee. Ek het nog nooit so 'n opregte mens gesien soos Travis nie, kyk wat se hy op nasionale televisie oor sy drome en sy vrou!!! Wat gaan ek nou kyk elke aand en veral Sondag aande?

Gister het oudste seun verjaar doer ver en ek was bietjie afferig van verlange. Gelukkig het ek 'n Say G'day foon kaart gekoop en ek kon laaank gesels. Sommer middelseun ook gebel. Hy se hulle gooi klippe van die brug af daar op die sement highway en die mense moet maar daai pad vermy. Sy werk het nou blykbaar rotweilers daar wat los rondloop. Ek wil nie weet nie, ek is vrekbang vir daai honde.

Ek is nou reg om die winterklere weg te pak, hierdie swaar, donker klere moet nou weg. Is julle nie ook lus vir die lekker warm somer en ligte klere nie? Ek voel behoorlik muf van al die lae en lae klere wat mens dra om warm te bly. Dis hoekom Weight Watchers nou prioriteit gaan kry, net hier voor die somer. Dis soos springclean, lekker skoon en vars.

Gesels weer,

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe vriendin jy vat okkiekakie ne!!! Hou op rook en nou 15kg in 2 maande. Maggies man wats in daai water in Adelaide???

Weet jy die gewig verloor ding, hulle se mens moet 'n kleiner bord koop wat dan nou jou dieet bord word. Skep hom dan so vol en jy dink jy eet baie maar actually eet jy minder en so verdwyn die rolletjies. Ek glo dit sal bietjie stadiger gaan as 'n volle dieet maar dit gaan makliker wees om die gewig af te hou.

Oefen oefen en oefen dis nou maar wors. Ons is gelukkig in Aussie waar dit veilig is om te stap en dit word darem nou al warmer in die dag.

Nog goed om uit te sort in die huis. Sal weer tik.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...