Jump to content

Goeie nuus


bienkie

Recommended Posts

Hallo almal :blink:

Ek het vandag met my Ouboet gesels en raai wat ? Hy is ook hard aan die navorsing doen oor Australië! :) Hy is in 'n tegniese beroep en het begin navraag doen en die ouens in van die maatskappy in Australië het hom al twee keer geskakel en versoek om nog inligting aan te stuur!

Ewe skielik lyk dit dan nou soveel makliker om tog die stap te neem! Net die idee dat daar darem ook iemand van my bloed daar gaan wees, maak die besluit soveel makliker. En hy sal moontlik in die posisie wees om ons ma ook te kan "sponsor" sodat sy nie hier hoef agter te bly nie!

So, wie weet, miskien werk alles tog so uit dat ons wel sal kan gaan....

Is daar nog ander forumiete wat ook gevind het die besluit is soveel makliker as daar darem iemand soos familie aan die ander kant is om dinge te vergemaklik ?

Link to comment
Share on other sites

Sjoe Bienkie dit is nou great nuus!!!

Persoonlik dink ek die kommery was maklikker omdat al 3 ons kinders ook besluit het Australie is die regte plek! Ek wou nie 'n internet ouma wees nie maar dink ons sou tog die besluit geneem het al wou hulle nie kom nie.

Kry daardie application in!!!! Onthou ons gaan nog een van die dae die saamtrek inniemirrel van Australie he!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Nilo

Ek dink ons sal seker eers so oor twee of drie jaar daar aankom! Daar is nog heelwat wat ons moet uitsorteer...studies, besigheid verkoop ens. Intussen kuier ek op die forum en droom oor daardie eendag en kry ook maar die papiere bymekaar. :blink:

Maar, tyd vlieg deesdae so gou verby, so ek is heel positief oor die wagtydperk. Voel nogal dit is dalk wat vir ons nodig is om eers alles uit te sorteer. Ek was nog altyd 'n persoon wat van beplanning en besinning gehou het terwyl my "hubby" meer op die ingewing van die oomblik dinge doen! Versoorsaak nogal interessante "gesprekke" somtyds! :)

Link to comment
Share on other sites

Wonderlik om te hoor Bienkie! Dinge gebeur maar somtyds op so 'n vreemde manier en alles werk tog uit op die ou einde.

Dit help baie as mens close familie naby het.

Sterkte met die planne

a

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...