Jump to content

Waterpokkies!!!!


bienkie

Recommended Posts

Hallo al die ander ma's op die forum

Gisteraand toe ek vir Leandri (14mnde) bad sien ek die klein rooi kolletjie en iewers in my agterkop is 'n stemmetjie wat sê: dis waterpokkies! :( Ag nee, dink ek. Ek het die volgende dag 'n besige dag, ek kan regtig nie met haar by die huis bly nie en die creche gaan definetief nie gelukkig wees as al die ander babas ook siek raak nie!!! Gaan slaap toe met die innige hoop dat dit sommer net 'n ou kolletjie is wat 'n ou kolletjie gaan bly. Maar helaas.... vanoggend is dit toe "full blown" waterpokkies!!!! :unsure: Ek is seker al die ander ma's wat al deur die proses was, weet waarvan ek praat as ek sê dis soos 'n koue emmer water op 'n koue Julie oggend!!!!

Wat nou gemaak ? Ek het 'n dringende afspraak om 8h00 wat ek nie kan afstel of skuif nie. Albei oumas is vêr, so enigste plan was maar om haar saam met pa te stuur na sy kantoor! Gelukkig werk hy vir homself so hy kon dit darem doen.

Die hele episode het my net laat wonder wat ek sou doen as ek nou in Australië moes wees? :holy:

Laat mens nogal dink aan al die ondersteuningstelsels wat mens in jou eie omgewing het!

Link to comment
Share on other sites

My Afrikaans is a bit rusty, but I am assuming waterpokkies is chicken pox?

If so, calamine lotion helps some kids, but it made my girls itch more.

The only thing that really helped them was lots of warm baths with a tablespoon of bicarbonate of soda in the water. Let them just lie in it for as long as it makes them feel comfortable.

I've also heard that hanging a stocking full of raw oatmeal (jungle oats for eg) over the tap as the bathwater runs in is supposed to be very helpful. I had no oats at the time, so I have no idea if this worked, but I've heard good things.

Panadol would work for the fever.

And a glass of wine for mom.

ITs a real pain, because they start to feel better in about 3 days, but can't go and socialise with other kids until the blisters form scabs - which takes about 10 days. I.e. you and the kids are stuck at home...

And if your one child doesn't yet have it, it wont be long - the incubation period is about 2-3 weeks, and your daughter was infectious before the spots appeared... in other words, chances are that she has already passed it on...

Link to comment
Share on other sites

Hi Bienkie

Sorry for posting in english, but my afrikaans is te swak!

I know how you feel! I'm so glad my daughter is over all that stuff! She's had the chicken pox, measels, tosils removed, 2 sets of gromets, adenoids removed! Now days the only thing we have to deal with is the odd bout of flu!

My mom works and my hubys parents are both deceased so I too had no one to help me through the early years. you have my full sypathy!

I see you're in Stellenbosch, I don't know if you are interested, but Starfish is arranging a Cape Town coffee club meeting. If you are keen, check out his post in the coffee club cape town thread.

Just remember, it's better when our children have these things when they are young, they cope better with it.

Aramat

Link to comment
Share on other sites

Oh dear!

You think you have it bad.... I have three under 6yrs.... and a neighbour (2yrs old) that plays at our house, hugs all my kids and drewls over everything that is almost finished her chickenpox.

So..... I figure... I have less than a week for my 3 to start showing signs.... and I have a husband flying out to Australia on a LSD on Saturday and my tickets are paid for to take myself and my 3, potentially infected, unimmunised, children to Durban for a week.

If they show spots before Saturday I won't be allowed on the flight.... which means staying at home for 2 weeks on my own with three irritable kids (the youngest is already showing signs of something not being right.... mother's know....)

And to make things worse.... I'VE NEVER HAD CHICKENPOX MYSELF!!!!!

So don't panic... whether you are in a foreign country with no family support or in Cape Town with little family support... you'll get through it!!!

Best of luck... I'll keep you posted... *scratch scratch* :unsure:

Vee

Link to comment
Share on other sites

Vee

Yes, I think your mother's instinct is spot on! (thinking one has it already) I hope and pray for your sake the spots wait till you have arrived in Durban! Ah well, I suppose it is all part of being a parent!

It is just the timing that is so inconvenient sometimes! :o

Link to comment
Share on other sites

Bienkie

Been there and done that 3x over. Dis ok, ek dink my kinders was sieker toe hulle griep gehad het.

1. Maziena help die beste vir die jeuk (ek het gevind as mens hulle is 'n lekker warm vertrek op 'n handoek op die bed sit, sommer met die kaal lyfie en jy vryf die maziena oral waar dit jeuk, kalmeer dit hulle en die gejeuk.)

2. Anti-histamien (vra jou apteker)

3. Sommer Stopaine stroop, Panado is te vlou vir die ene!

4. Baie liefde, en hulle word gou gesond!

Die arme goedjies lyk terrible vir 'n rukkie en hulle dink ook so!

Wel vriendin sterkte. EK weet jou werk is baie belangrik en dit is moeilik in jou beroep om net af te vat, gelukkig is dit nou naweek en maandag is dinge al baie beter.

Lovies

Nilo

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Dankie Nilo

Ja, ons sal seker dit ook oorleef! Ek sal maar die tyd gebruik om so dan en wan (sonder om skuldig te voel oor dit by die werk is) op die forum rond te lees!

Dankie almal vir al die raad.... :o

Link to comment
Share on other sites

Hi Bienkie,

Hoop dinge is nou al bietjie beter...........

Groete,

Betsy :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ai Betsy

Weet nie hoe lank terug jy klein babas gehad het nie.... Ons het net verlede week die ou geliefkoosde "dummy" ook laat verdwyn, so dis 'n dubbele krisis wat ons nou moet hanteer! Het gisteraand amper die "dummy" gaan uitkrap waar ek hom weggesteek het, maar kon toe darem vasbyt en dit nie doen nie!

Dis darem nou al dag 4 so dit sal sekerlik nou begin beter raak. Wou mos op die "rype" ouderdom van 38 nog vir laatlam hê! Maar ag wat, dis op die ou einde alles die moeite werd!

Hoop jy byt nog vas sonder die rookgoedjies! :)

Link to comment
Share on other sites

Hi Bienkie,

Hoe wonderlik en teer is die memories oor die kinders se kleintyd net nie! Die eerste piepie in die potjie, die dummy inni asblik, die bottie nou weg... al daai mylpale wat so een vir een bereik word. Ek wil vir jou amper se..geniet die waterpokkies saam met jou kind. dis een van die dae verby, dinge wat nooit weer gaan kom nie.

Almal weet nou al dat my laaste nou al amper 20 is...waar is die tyd heen? Ek dank die Heer vir my seuns, almal gesond en wel aangepaste jongmense. Dis net soms dat ek so verlang na daai plomp ou handjies hier om my nek en die ou seuns asempie wat heserig vra nog poering 'seblief Moekie.

Nee man! Dis Maandag, my griep is beter, ek het nog nie weer aan 'n sigaret geraak nie. Ek voel goed!

Selfs my man rook nou baie minder, lyk of hy nie alleen wil buite staan en rook nie ook asof hy half skaam kry....... Hou duim vas.

Heerlike week vir almal,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Sorry to hear about your child. I found that baby powder works well (it stops the itching) after a hot bath in nettle tea. Vitamin E oil is great at removing the scars the scabs leave if you use it just after they fallen off.

Link to comment
Share on other sites

Betsy

Dit is soos jy sê - mens moet elke oomblik saam met jou kinders geniet. Voel in elk geval vir my deesdae of die tyd te vinnig verbygaan. Seker maar soos die jare aankruip. Bly om te hoor jy hou so goed uit met die rookgoed - dis die moeite werd. Jy praat nou so van handjies om die nek - weet nie hoe groot jou twee seuns is nie, maar my ma het altyd gesê sy geniet haar kleinkinders amper meer as wat sy haar eie kinders geniet het! Weet nie hoe werk daardie ouma-sielkunde nie, maar wie weet, een van die mooi jare is daar dalk weer armpies wat om ouma se nek gaan en vra vir 'n ou lekkertjie! En dan kan jy ook gerus wees met die wete dat hul ten minste 'n gelyke en veilige kans in die lewe het om 'n sukses te word!

Groete vanuit 'n nogal koue Stellenbosch. Nou nie in die minus grade nie, maar darem so dat mens lus voel vir "Hot Chocolate" en 'n kaggelvuurtjie. :whome:

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

Antionette

Weet jy ek was van plan om haar daarteen te laat inent - dit is mos 'n aparte inenting - nie ingesluit by die "normale" skedule inentings nie, maar sy was heeltyd siekerig en ek het dit ongelukkig te lank uitgestel! :ilikeit: Ek het my middelste een laat inent en toe daar nou die dag by haar Kleuterskool waterpokkies uitbreek, was sy een van die min kinders wat dit nie gekry het nie. Maar nou ja, dis nou te laat. Gelukkig lyk dit of dit besig is om op te klaar. Dit is darem net so 'n aaklige ou siekte met die seertjies en rofies oral op die lyf!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...