Chris Posted July 20, 2007 Report Share Posted July 20, 2007 Setpil na KaapstadNiks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë vis-en-hoenderdieet as 'nlangnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend, middag en aandvleisvure brandhoog en die vet drup uit die vakansie baarde, dis 'n geil besigheid man,geil man, geil. Jou beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies ....smiddae skaaptjops .... saans iets kleins soos 'n ou biefstukkie of 'nvarkboutjie. In die Vrystaat beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elkehand. Tussendeur word daar aan 'n biltonkie gekou om die kieste oefening tegee, maar soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.Die t'rugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel enweggepraat, maar vader Tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees. Na'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud toebroodjies virpadkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewegesigte word die Vrystaatse familie gegroet. Die stilte in die motor isoorverdowend wanneer ons die N1 vat Kaap toe.Edenburg .... Trompsburg .... Spietkop .... Spietkop .... Spietkop ....Colesberg .... Spietkop .... Hanover .... Spietkop .... Richmond .... flitsdie plekke een vir een verby. Drie Susters .... amper halfpad en dieSondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Aaaai, as ons maar aldie skapies kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat mishulle nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoenie is mos nie verniet dienasionale voël van die Wes-Kaap nie. Na Drie Susters kom die fout. Grooootfout! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet'n beroerte wees. Ek sweer dis 'n hartaanval .... my hart sit juis in myskoene. Kry mens miskien 'n voetaanval? Bosluisvoet of Slangvoet?Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of paKrismis gaan haal. Liefste wil weet of ek koors het. "Bel die dokter!" isal wat ek kan uitkry terwyl ek stotterend probeer asem kry. Ek trap diepetrol dieper met die anner voet en die trane biggel oor my wange. O Kaap, oKaap .... as ek tog maar net by die huis kan kom.Vroutjie bel vir Dok uit sy Sondagmiddagslapie. Dit is NOOD broer. Sy vertelin kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor enwaar die pyn is en of daar ou rugby beserings is in daai voet. Dan die langstilte. Ons albei verwag die ergste."Nee," se dok "maar as dit so pyn, die pyn daar is en julle die en daaige-eet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie .... dan lyk ditmy na ghout". "Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir die kinders virkarsiek?"Dankie tog, dink ek nou is ons darem al by die merriekasie. "O, setpille"hoor ek vroutjie antwoord van die kant af."Maar as jy dit het, kan jy dit vir hom gee" se Dok. "Hy sal 'n 100mg moetinkry"."Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vir vroutjie terwyl sy harddink hoe sy hierdie pilletjies in haar man se watse dinges gaan inkry. Syndedie dokter op die 'loudspeaker' is, kan ek darem self in my toestand uitwerkhoeveel keer gaan ek .... nou ja .... die ding moet doen. Toe hy aflui staanek dadelik vas. Ek het ook mos 'n binneste."Sal wag tot op Beaufort. Daar sal 'n noodapteek wees" en daarmee handel ekdie gesprek af. Ter wille van die kinders in die kar. Maar ai boeta, opBeaufort is 'n oop noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op 'n Sondagaandnie."Dan druk ons maar deur Kaap toe" kners ek op my tanne. Ek sit nou alkaalvoet met die lugreeling vol oop op my voet - dalk vries die ding dooddan kan ek hom afbreek en in die kar se 'boot' gooi. 'n Man het sy trots enek's g'n hoender wat klein pilletjies agterstevoor om pik nie.Op Leeu Gamka is al my manlikheid daarmee heen .... alles is wit van diepyn. " Vrou gee maar - dit is nou of nooit en ek 'nou' liewer as 'nooit' ".Vroulief fynkam haar 'toolbox' en kom met die goeie nuus. "Daar's nog een100mg setpilletjie". Daar het jy dit. Vir elke pyn is daar 'n gewig.Pil in die hand bestorm (of was dit nou bekruip of huppel) ek na die plekvan verligting by die vulstasie. "Hierdie besigheid MOET net werk" dink ekby myself en probeer moed skep vir wat voorlê. Ek worstel en sweet, maar inmoet hy in. Het jy al ooit probeer om 'n 'dartboard' se 'bullseye' van dieagterkant af op een been te kry sonder om die ander ouens in die kleedkamermet sagte kreungeluidjies te vermaak? Na die nagmerrie sukkel ek t'rug kartoe en ons val in die pad. Die kinders wil weet hoekom pa se oë dan nou sogroot is. Dink seker ek probeer Wolf en Rooikappie vir hulle opvoer om diepad om te kry.Niemand sê iets nie.Ma bly liewer stil. Sy weet wanneer vraetyd verby is. Later slaap diekinders snoesig in hul stoeltjies. Ek sit met die pyn en trap die petrol datons in die Kaap kan kom. Pyn, alles net pyn en die gedagte van dievreeslikheid daar in die toilet op Leeu Gamka is vir ewig ingeprent in mygeheue.By Laingsburg traai vroutjie weer 'n geselsie. " Voel dit al beter, skat?""Nog nie juis nie liefling, maar dis darem 'n skerp pil daai" gooi ek 'n houna die witjasse."Hoe bedoel jy?""Ek bedoel die alluminium om die pil. Ek moes die besigheid omtrent'panelbeat' om die skerp kante te probeer platkry. As ek dit sommer net sosou gebruik kon ek my binneste lelik beskadig" verduidelik ek sonder om teveel 'detail' te gee.Dit smaak my vroutjie het as selfmoordbomplanter by 'Elkaida' gekwalifiseer.Sy ontplof so dat die kinners se lyfies ruk en hulle so met hulle handjiesbo-kant hulle koppe gryp in hulle slaap. Dis die ergste lagbui wat ek uithaar lyf hoor sedert die nuus van haar eerste swangerskap."Jy moes die alluminium afgehaal het poeee...ol!" rek sy dit uit en sy trekhaar foontjie nader."Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oopnie. Netnou vergiftig jy jouself met 'n oordosis. Die besigheid moet mosstadig 'n mens se sisteem bekruip!"My manlikheid en intellek is daarmee heen. Die hele wêreld weet. Symishandel die selfoontjie so om die nuus oor die aardbol te laat versprei.Dok is die eerste om van my 'mishap' te hoor. Hy kan sommer my lyding op dieinternet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese 'joke' van diemaand. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreldin die oë kyk en dit na die vreeslike lyding op Leeu Gamka? Ek verlang nadie tere liefde en simpatie van my moeder.Volgende môre is ek 'n 'celeb' op kantoor. Almal wil tog net bemoedigend aanmy vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil kwansuis weet of ek nou 'n 'stainlesssteel silencer' het.Ha .... ha .... ha .... Wens julle kry dieselle pyn wat ek in my voet het injulle se 'silencers'. Da sal ons sien! Klomp ape!Het die ding gewerk? Dat weet ek nog nie .... wag nog dat die aluminiumbegin 'corode'. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.