Jump to content

Die storie van Alex


Blossom

Recommended Posts

Alex word deel van ons lewens toe ons sopas getroud is. Skoonma is een van die mense wat altyd besig is om die nasie te red, sy vrywillig die en vrywillig daai, sy dokter die hele straat se kinders wat uit die bome uitval of van die swaai af voeter. Dan werk sy nog as verpleegsuster vir die Cottesloe tehuis vir gestremdes in Randburg.

Dis 'n pragtige plek so tussen die bome en bosse met 'n swembad en groot tuine vir die kwadruplee en paraplee wat permanent daar woon. Skoonma het ook 'n huisie daar op die woonerf, sy is suster, oppasser, bakster en sommer Ma vir die sowat 15 mense wat daar is.

Dis waar ons vir haar gaan kuier naweke met ons twee jong seuns. Oudste so 7 en jongste 5 jaar oud.

Ons het die ernstige jongman met die hartseer oe gesien sit in 'n hoekie in die tuin en met hom begin gesels. veral manlief en Alex het dadelik gekliek. Kinders het om hulle voete gespeel terwyl ek by SM kuier en sommer help in die kombuis.

Die twee, man en Alex, word boesem vriende en tussen die twee lag en gesels hulle dat die ander lot sommer gou met hulle rystoele nader ry om saam te gesels. Ons leer dat Alex op 20 in 'n motorongeluk was en sy rug gebreek het. Hy het geen gevoel in sy lyf van sy skouers af nie. Nog so bietjie gevoel in die een arm en hand en dis ook al.

Sommer gou word Alex naweke opgelaai en na ons huis toe gebring, dan spandeer hy die hele naweek by ons want sy ouers het hom afgeskryf. Wou niks met hom te doen he nie. LM het niks daarvan gedink om Alex volkome te versorg nie. Hy het hom gehelp in die badkamer en ook met die kateter wat hulle moes dra. Hy het hom in die kar gelaai en saam gevat winkel toe en as Alex nog dink hy gaan in die kar bly sit en orders gee, het Lm lankal vir hom gese Toe, toe klim uit, wie dink jy gaan jou vuil werk vir jou doen? Kom koop jou eie goed. Dan het Alex so glimlag op sy gesig gekry en gesukkel, sukkel tot in sy rystoel en saam met Lm in die winkel sy goed gaan koop. Hy was dan so trots op homself, net wat Lm wou gehad het. Alex het gevoel hy beteken iets in die lewe.

Die een dag verdwyn die twee, ek sit tuis en wonder waar is hulle, nie veel bekommerd nie. Dit was 'n Saterdag...heelwat later daag hulle op, Alex vol stof en 'n vuil streep op die gesig. Lm met die stoutste uitdrukking nog op syne. Ek hoor toe die volgende storie.

Hulle was op pad bottelstoor toe. Alex was lus vir daardie goed wat soos appelkose lyk in 'n bottel wat soos 'n skoen gevorm is. Hy het dit een keer gesien en hy wou weet hoe proe dit. dit lyk dan so lekker. Lm se toe ok, laat ons gaan kyk.

Alex was 'n groot lang man, as hy in die kar gesit het, met sy arm wat so bo op die deur rus, het hy massief gelyk. Dan het ook nog 'n regte besembeksnor gehad wat hom skoon sexy laat lyk het. Jy sou nooit se daar is iets fout met hom as hy so gesit het nie.

Nou lyk die hele storie so...LM sit agter die wiel van sy wintie kar (nog jonk man), Alex aan die passasiers kant met die arm op die deur en met die skewe sexy glimlag op die gesig en langs hulle staan daar bloedrooi lang, slap kar met voor 2 jong outjies in en agter sit hulle pragtige opgedoende meisies. Alex loer so onder deur sy kuif vir hulle en hy knipoog spoggerig. Hulle sit en giggel en waai vir hom, Lm sit en hmm, hmm die kar en die 2 mannetjies word rooi onder die kraag. Alex hou nie op filkkers gooi nie, die meisies hang nou al amper by die agter vensters uit soos wat hulle met Alex aangaan. Die twee karre trek weg met 'n spoed tot by die volgende robot en daar doen Alex wraggies dieselfde! Nou is daai mannetjies kwaad en hulle stop sommer hulle kar. Hulle spring uit en storm op Alex en my man af. Hulle ruk die passasiers deur oop en........spring verbouereerd agteruit, skok op hulle gesigte. Alex tuimel stadig en amper lieflik uit die kar uit.

Hy het mos geen beheer oor sy spiere nie en sy arms en bene val sommer so snaaks gevou onder hom. Hy le en lag dat die trane loop, maar LM...hy spring uit die kar uit, hardloop kamtig geskok om die kar na Alex toe en vra gemaak benoud wat is fout en kyk wat het julle aan my vriend gedoen en wat nou? Daai arme 2 kinners...hulle draai so stokkerig in hulle spore om en loop stadig terug na hulle kar toe, klim saggies in en ry stadig weg. So 50 meter verder trap die een die petrol en jy sien net stof spat soos hy vet gee.

Dis toe waar die stof en vuilmerke vandaan kom. Ook die boerjongens waarvoor Alex so lus was en wat hy die heeltyd by hom gehou het. Net so nou en dan het jy dalk enetjie gekry...as hy so gevoel het.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Ai, Betsy

Wonder sommer net wie kuier nog by Alex ? Hoop jou skoonma is nog daar om 'n ogie te hou? Dis so "sad" as mense hul eie mense "weggooi" of vergeet! :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Alex het 'n sukses verhaal geword daar by die tehuis. Hy en Lm het altyd lang en diep gesprekke gehad en na een so geselsie het Alex eendag besluit hy is nie verstandelik gestrem nie, hy kan net nie loop nie. Hy het vir hom werk gekry as 'n aankoper by een van die groothandelaars in die stad en vorentoe gegaan in die lewe.

Een aand het ons hom weer gaan haal vir die naweek...Alex het besluit hy is lus vir dans en ek moes dans musiek opsit. Hy vra my toe om te dans en daar staan ek toe..dom en verbouereerd. Wat nou?

Nee, se hy jy sit net op my skoot en ek draai die stoel met my hande. Ek wou nie, se nou ek maak hom seer, ek is nie 'n liggewig nie. Moenie stupid wees nie man, se Alex, ek kan mos niks voel nie.

Nou ja so tussen deur The lion sleeps tonight en He ain't heavy, he is my brother het ons gedans en memories gemaak daai aand.

Alex het vir Sylvia ontmoet, n meisie met 'n groot hart, groot gees, groot liggaam. Sy het hom sommer opgetel uit die rystoel uit in die kar in..maklik. Sy het my laat dink aan die blomme met dieselfde naam. Sylvias, sulke lang,sterk, rooi en regop blomme. Sy en Alex is getroud, het 'n ruk gelukkig saam geleef en ons het nog lekker gekuier.

Dit was sterk skemer een aand toe die foon lui met SM aan die ander kant. Alex was nie meer met ons nie.

Hierdie twee briefies was ter ere aan Alex se nagedagtenis. R.I.P.

( Bienkie, hierdie was al 'n rukkie terug.)

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Mooi geskryf Betsy ek het lekker gelees ..... Alex dans daar waar hy is.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...