Jump to content

Namibia


Biltongboer

Recommended Posts

Hi,

Ek het sopas aangesluit by die forum, hoewel ek julle topics al deurlees vir twee weke lank.

Is daar enige Namibiers op hiedie forum? enige van julle wat ingenieurs is?

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer!

Jip, hier is so paar oud Suidwesters op die forum. My man is 'n oud Walvisbaaier, Wdh HTS skool gegaan en Pretoria Tech geswot. Ek weet van nog omtrent 3/4 ander ouens op die forum wat van Suidwes is.

Ek is 'n gebore en grootgeword Wes-Transvaler maar het 4 amper 5 jaar lank in Nam gewoon. Van Katima, Rundu, Oshikati, Wdh tot in Luderitz en later Maun, Botswana. ( hubby was in konstruksie bedryf). Maar Namibia is my gunsteling plek op aarde. Beskou dit eerder as huis as Suid-Afrika.

My man se ouers woon nog in Walvis en sy een suster en haar familie woon in Wdh.

Maar in elke geval.. welkom op die forum en vertel ons tog bietjie meer van jouself.

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

Ek is ook 'n oud Namibier. Het groot geword in Kamanjab, Otjiwarongo en Windhoek. My man is 'n gebore Windhoeker. Ons bly tans vir die laaste 5 1/2 jaar in Kanada. As dit vir ons uitwerk vorentoe, dan skuif ons Australie toe.

Geen ingenieurs, net IT.

Groetnis

Retha

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle.

Ek is gebore in windhoek, was in WHS, het op Stellenbosch gestudeer. WP supporter, maar praat nie tehard daaroor nie.

Ek werk in windhoek op die oomblik. ek stem saam, Namibia is die beste opsie in suider Afrika, maar dit bly nog steeds 'n swak opsie in vergelyking met Australia.

Hoe vind julle die aanpassing daar?

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer,

Goed aangepas. Die vrou kry gewoonlik swaarder... my man is een van daai mense wat net noord kyk. Mens sou kon sweer hy is hier (Aus ) gebore. Ons het op die Konstruksie ervaring ons PR destyds in 2000 gekry maar werk sedert in 2004 hier aangeland het in die tafeldruiwe bedryf.

Het jy al begin aansoek doen vir jou visa? Is jy getroud met kinders? As jy met agent wil werk.. hier is die nommer van ons agent. Hy reis baie SA en Namibia toe om sy kliente te sien. Afrikaanse ou wat sedert 1996 in Sydney woon. MARA geregistreer. André Burger Tel: + 61 (0)2 8345 5600 email: aba@ozimmigration.com

Ken jy dalk Skolnics in Wdh?

Groete

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

My ouers het die Skolnicks geken, mevrou Skolnick het by Van rhyn laerskool skoolgegee destyds toe my ma daar skoolgegee het. Vandag bly jy maar weg van daai skool af...

Baie dankie vir die kontak inligting. ek het nog nie baie moeite gedoen met die PR nie, het begin kostes uitvind, het met ACN consultants kontak gemaak maar hulle is vrek duur. Ek sal herdie ou kontak, baie dankie. ek probeer eintlik eers die 457 opsie maar sal so stadig die ander papierwerk begin doen.

ek het laas week ons paspoorte almal laat hernu, dis maar my stap 1 op die stadium. Het uitgevind mens kan nie meer IELTS in windhoek doen nie, jy moet Kaap, Jhb of Durban toe gaan daarvoor, en dit kos R1600. Ek moet eers die 1600 betaal voor ek confirmation kry van die toest datum. dit maak dit vrek ingewikkeld vitr my.

By ons is dit ook so, my vrou wil nie graag gaan nie, en ek is ten volle gefokus op Down under, en heel uitverkoop aan die idee.

Vandat ek begin kyk het na wat in Oz aangaan, sit en "drool" ek letterlik voor my PC elke aand. En dan ryu ek werk toe die volgende oggend, en wonder at soek ek nog hier! Dit gaan nie vir my oor dit wat hier sleg is of agteruit gaan nie, dis toe ek begin agterkom hoe aanloklik Oz is wat die ratte in my brein begin draai het.

Watter areas sal jy aanbeveel vir ons woestynwolwe? EK is nie vreeslik opgewonde om in 'n groot stad te bly nie, en het klaar sydney en Melbourne uithesluit uit my opsies. ek oorweeg Perth of Adelaide. Sal 'n biltongvretertjie daar kan aanpas?

My favourite Ozzie se-ding is "no worries mate". Ek dink dis briljant.

Groete

Link to comment
Share on other sites

My man, Marius, is in Grootfontein gebore en getoë :)

Link to comment
Share on other sites

My man, Marius, is in Grootfontein gebore en getoë :)

Hallo Julle!

Ons is ook nuut. So pas aangesluit, hoewel ons die forum al geruime tyd dophou.

Ek is ook 'n ou Suidwester. Het Grootfontein in 1976 verlaat.

Op Stellenbosch geswot. Wag nou net vir my mediese resultate dan sal ons weet of ons visums goedgekeur is al dan nie. My x-traal fotos het weggeraak in Sydney, ja dinge gebeur maar orals. Weet ook nog nie waar ons gaan beland nie. Skoonsus is in Adelaide en dus word ons sommer "gesponser" op 'n "skilled Australian Sponser :subclass 138". Weet nie so mooi wat alles beteken nie!

Vriende in in Narrogin WA het egter gratis losies aangebied totdat ons op ons voete is. Dit maak dit rooskleurig vir WA, maar die huispryse is maar hoog. Melbourne ly vir my het weer baie werksgeleenthede.

Ons wag nou net vir ons finale goedkeuring en dan sal ons moet besluit. Sal graag Jan 2008 die kinders iewers in 'n skool wil he op daardie tyd.

'n Baie goeie forum hierdie en ek geniet dit vreeslik om al die stories te lees.

Beste

Banie

Link to comment
Share on other sites

Watter areas sal jy aanbeveel vir ons woestynwolwe? EK is nie vreeslik opgewonde om in 'n groot stad te bly nie, en het klaar sydney en Melbourne uithesluit uit my opsies. ek oorweeg Perth of Adelaide. Sal 'n biltongvretertjie daar kan aanpas?

Biltongboer,

Jong, ek was nog nie in Adelaide nie, was al in Perth laaank terug as student 1995 ( vakansie werk). Maar Adelaide is my gunsteling plek ;):ilikeit: Al was ek nog nooit daar nie!! Fotos gesien, forum topics gelees, lekker weer, Barossa vallei nie te vêr nie, Duitse invloede ens ens ens. En dan is daar mense soos Bob, Annette, Betsy, Fred, & Jan Stoof!

Binneland van Adelaide en Melbourne is meer die woestyn areas soos Mildura, Alice Springs. Die Kimberleys in WA lyk op die fotos baie soos Kaokoveld asook dele van Northern Territory. So jy kan altyd jou woestyn kick met 4x4 trip in vakansie tye kry.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Ouens, dis moeilik om moed te hou met al hierdie ingewikkelde visas. Die feit dat dit twee jaar kan vat vir 'n Skilled blabla bla om permanent resdidence te kry maak my sommer moedeloos. Ek probeer hard om 457 sponsorship te kry, maar dit lyk my dis nie so maklik soos wat party ouens se dit is nie. ek ken mense vir wie dit gewerk het, maar die maatskappye en agente in Aus lyk nie asof hulle byt daaraan nie.

Enige raad?

My kanse om in NZ in te kom lyk op die oomblik baie goed, maar dis nie my eerste keuse nie. ek wil ook nie trelk, die kinders laat aanpas net om dan weer iewers anders heen te trek nie. Maar miskien is dit nou maar wat 'n ou moet doen?

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Nou wel nie in Suid wes geboere nie, maar n' paar jare daar gebly. Tsumbe en Windhoek. My man het by die Myn gewerk. My Pa hulle was ook daar in Windhoek. Ons kinders was maar nog klein toe. Lekker vis gevang by Henties........... so n' stukkie gejournal oor vis vang. Lekker lees en moet nie te veel verlang nie :ilikeit:

Hi Suidwes :)

Link to comment
Share on other sites

My vrou is op die oomblik baie positief oor Adelaide, nie oor Perth of NZ nie. Maar alles gaan maar op gevoel, dis nie eintlik op feite gebasseer nie.

Wens dit was makliker en goedkoper om net vinnig daar te gaan kuier...

Link to comment
Share on other sites

Hi daar !!

Ek hoop dit gaan goed .

Ek is nie n ingeneur nie maar werk in ingeneurswese ....kan ek dalk van hulp wees vir jou ?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...