Jump to content

'n Mens wonder hoekom....


bienkie

Recommended Posts

Hi almal :ilikeit:

Vandag was weer een van daardie dae wat ek gewens het ek het 'n ander werk gedoen. Ek is 'n Maatskaplike Werker en moes vandag 'n 13jarige jong meisie sien wat swanger is. Sy vertel dat sy saam haar niggie by die se kêrel gaan kuier het en toe hulle'n "draai" gaan loop het, het sy vriend haar vasgedruk en hom op haar afgedwing. Ai mense. Jul moet die arme kind sien. Sy is self in pleegsorg omdat sy uit haglike omstandighede kom, sy het self nie die liefde van 'n ma geken nie, en nou..... Wag dit nou ook vir haar ongebore baba ?

Sy is alreeds vyf maande swanger en het dit vir die pleegma weggesteek omdat sy bang was niemand gaan haar weergawe van die storie glo nie. Haar grootste wens is om weer terug te gaan skooltoe. :thumbdown:

Sowat twee weke gelede kry ek 'n oproep van 'n dame wat al 39 jaar oud is, en sy en haar man het besluit dat hul graag wil probeer om 'n baba aan te neem. Hul kan glad nie self kinders kry nie. Hul gee nie om watter ras of geslag nie. Blote toeval ? Nadat ek vandag die jong meisie gesien het, het ek gaan stilsit en dink oor die lewe, en hoe wonderlik dinge soms uitwerk.

Natuurlik sal die voornemende aanneemouers eers die hele keuringsproses moet deurloop en miskien werk dit nie so uit dat hul hierdie meisie se baba kan aanneem nie. Maar, wie weet...... dalk is dit net die antwoord op hierdie mense se begeerte om 'n kleine ou babatjie wat nie gevra het om daar te wees nie, se ouers te wees!

Ja, soms sluk mens maar so skelm aan jou trane, en pink 'n traan weg as die persoon uit jou kantoor is. Ten spyte van alles, het ek al wonderwerke gesien. En iewers in my hoop ek dat hierdie deel is van 'n wonderwerk wat besig is om te gebeur!!!

Die van julle wat 'n persoonlike verhouding met die Here het, kan gerus vir hierdie arme kind bid. Daar wag nog hartverskeurende oomblikke vir haar.

Jammer vir die effense sombere "journal". Soms soek mens ook maar net 'n uitlaatklep om ontslae te raak van jou eie emosies....

Link to comment
Share on other sites

Sjoe Bienkie

Ek voel so hartseer. Die arme kind! Haar ligaam is nie eers gereed vir die baba nie. Wat van haar emosies ens ens. Sy sal haar hele lewe lank van die baba onthou. Hoe sorteer julle sulke goed uit?

Ek hoop van harte dat dinge uit sal werk en ek haal my hoed af, ag ek vreet hom sommer op vir julle wat daar is om hierdie gevalle te hanteer en die mense te help.

Ek bid vir haar en die kinderlose paar, maar ek bid ook vir jou.

Liefde en drukkies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Bienkie....

Ek is nou nie in dieselfde werk as jy nie, maar ek weet presies waar jy vandaan kom. ek het n baie goeie vriendin wat nie kan kiddies he nie... hulle sukkel om aan te neem, wel is al hoe lank op n waglys. Nou het iemand wat ons ken se dogter in Junie n baba gehad. Sy is maar 16 en sy is so nog kind, dat ek nie weet wat sy gaan doen nie. Die ma en pa is geskei en sy bly by die pa.... hulle het dit glad nie breed nie, pa werk nie, so eet hulle baie dae net brood. Ek was buite myself toe ek daarvan uitvind. Sou dit nie beter gewees het as sy die baba laat aanneem het nie??? Ek weet ek klink regtig seker harteloos, maar ek dink vir haar en die baba sou dit dalk beter gewees het in die longrun??? Watse lewe gaan die arme kleinding he??? Hy kon in n situasie gewees het waar iemand hom n beter lewe kon gee...

Ek kan my ook nie indink hoe n dogtertjie van 16 (sy is regtig nog soveel kind en eintlik baie naief), nou moet ma speel nie. Sy het egter geweet waarvoor sy haar inlaat, want die kerel dink ek was ouer as sy. Maar die het haar ook in die steek gelaat... so nou ja. Ek kan seker nie praat nie, my eersteling was ook gebore sonder dat ek getroud was, maar ek het n goeie werk en medies en alles gehad en is in die meantime met pappa getroud...

Skuus as ek sommer so inchip, maar dis net iets wat al lankal swaar op my hart le. Die lewe is soms baie onregverdig!!!

Caro

Link to comment
Share on other sites

Hello Buurvrou,

Mens weet nie hoekom daar soveel hartseer moet wees nie?

Dankie dat jy jou gedagtes en ondervinding met ons gedeel het, sjoe ek het nie eers woorde nie.

Toe ek swanger was het ek baie gedink - hoe hanteer 'n jong tiener meisietjie so iets? Dit is net 'n geweldige ding vir jou ligaam en lewe?

Ek sal haar in my gebede hou...

Groete

A

Link to comment
Share on other sites

Ai siestog Bienkie, mens dink partymaal jy kry swaar, dan lees jy weer iets soos hierdie. :ilikeit: Soos Nilo gese het, ek haal my hoed af vir julle mense wat met sulke situasies werk dag in en dag uit.... B)

Link to comment
Share on other sites

Is daar in Suid-Afrika nie iets soos open adoption nie? Ek weet dit moet moeilik wees vir 'n ma om daardie besluit te neem om vir haar kind 'n lewe te he wat sy nie self vir die kleintjie kan gee nie en dan die stap te neem om haar/hom te laat aanneem. Maar soos ek lees is dit gewoonlik vir hulle erg, want hulle is bang hulle kind sal hulle verwyt. Open adoption help die ma om self die ouers te kies nadat die ouers natuurlik deur die keuringsproses gegaan het. Dan kan die ma en die voornemende ouers ook besluit op die hoeveelheid kontak wat agterna aanvaarbaar sal wees. Baie keer wil die biologiese ma net vir die eerste jaar redelik kontak he en daarna is met verjaarsdae of so genoeg. Die kind weet dan ook wie sy biologiese ma is en daar is nie 'n gesoek wanneer die kind groot is nie. Soms soek die kinders nie na hulle biologiese ma nie, maar soms soek hulle wel.

Iets soos hierdie mag dalk vir die meisies wat te jonk is om na hulle eie kinders te kyk, baie meer sielerus gee. Ek was eendag in 'n seminaar waar 'n ouerpaar was wat aangeneem het en waar 'n biologiese ma wat haar kind laat aanneem het deur open adoption. Daar was geen probleem rondom wie die kind se ma was nie, natuurlik die ma wat aangeneem het. Kinders kan die onderskeid maak tussen hulle ma en hulle tummy-mommy en gewoonlik is die biologiese ma nie opdringerig nie en weet sy dat sy nie die kind se ma is nie en sy verkies dit ook so. Die grootste probleem met geslote anneming is die feit dat die ma nie weet of haar kind na gekyk word nie en sy bang is vir verwyte agterna.

Groetnis

Retha

Link to comment
Share on other sites

Hi Bienkie.

Shoe....dit is baie hartseer....

Ek is nou sestien en ek is sooooooooo bly ek is nie daardie arme meisie nie!

Ek het altyd "voluntary" werk gedoen by unitas hospitaal toe ek nog in Suid-Afrika was. Daar het ek (kan nie regtig se werk nie...want ek word nie betaal nie plus dit was nie regtig werk nie....) gaan kuier vir die kinders in die kanker eenheid. Kinders so jonk soos twee maande oud wat kanker weg...... dit is 'n prentjie wat jou baie laat dink. Daar het ek baie kinders ontmoet en so ook die lewe leer ken. Ek onthou vir Karla, sy was agt jaar oud, ek en sy het altyd geteken, su het altyd 'n meisie met lang hare geteken, partykeer was haar hare tot op die grond.... (sy het natuurlik niks gehad nie) maar tog het sy gelag en gesels, sy was so ongelooflik vriendelik. Karla se ma was 'n paar maande voor Karla opgeneem is dood aan bors kanker.... :whome: nou dink daai gevoel van jy as pa as jy in sulke omstandighede moet groet, jou vrou en jou kind, of dalk ouma? en oupa? Dit moet erg wees....Soos wat ek meer gegaan het, het ek Karla se ouma beter leer ken en toe donderdag toe ek daar kom was Karla nie meer daar nie.... Weg....Die meisie wat WOU lewe...weg.

Net kort daar na het ek 'n boodskap gekry van die antie "wat in charge" was van ons almal...dat daar was 'n twee maande jonge baba wat maar sukel om sy kanker te weg en ek kan kom vas hou. As daardie ou dingetjie in you arms le <_< ....wonder 'n mens hoekom???????? :(

Maar sulke goed laat 'n mens onthou jy moet die beste maak van wat jy het.

So doen dit!!! :o

Ciao!!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie almal wat aan die meisie dink en ook vir my bid. Soms soek mens maar na antwoorde. Dit help ongelooflik baie om te weet daar is Iemand wat al die antwoorde het... Daar is darem ook ligter oomblikke in die beroep.

EK het elke oggend verby gery by 'n ou man wat langs die pad gesit het. Die Strandpad vir die ouens wat Stellenbosch ken. Eendag stop ek toe by hom en vra hoekom sit hy dan daar ? Hy vertel toe dat hy eintlik onwettig in die aande by familie op 'n plaas slaap, daarom moet hy vroegoggend uit die huis uit sodat niemand kan agterkom hy slaap daar nie. Na verdere navrae hoor ek dat hy al oor die 65j oud is, hy kan al lankal aansoek doen vir 'n ouderdomspensioen. Net een probleem... hy het geen ID dokument nie. Hy vertel dat sy geboorte destyds by die ou veldkornette aangegee was - vir alle praktiese doeleindes bestaan hy dus nie.

Om 'n lang storie kort te maak, ek het hom eendag gaan oplaai en met hom na Binnelandse Sake in die Paarl geneem. Daar moes ek 'n Maatskaplike verslag gee oor sy omstandighede en ons moes verklarings aflê dat hy wel die persoon is wat hy sê hy is. Sy geboorte is toe geregistreer en ons kon aansoek doen vir sy ID. Die dag toe die ID gekom het, sal ek nie vergeet nie. Ek het dit na ons kantoor laat kom omdat hy geen posadres gehad het nie. Toe ek by hom stop waar hy maar steeds langs die pad gesit het, en ek wys vir hom die groen boekie was hy so bly gewees!!! Vir die eerste keer het hy gevoel hy bestaan, hy beteken "iets". Ek het hom gehelp om aansoek te doen vir sy pensioen en toe die eerste betaling deurkom wou hy so ewe vir my iets koop om dankie te sê!

Natuurlik het ek geweier want dit was vir my wonderlik om darem vir die een geval 'n goeie einde te kon hê. Vandag woon hy by familie - weet nie of die ou geldjie wat hy nou kry die trekpleister is nie, maar ten minste sit hy nie meer elke dag langs die pad nie.

Ja, mens het baie om voor dankbaar te wees. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...